ons eie land
Julie 29, 2012 in Sonder kategorie
Jongste wat nog hierdie jaar vir oulaas student is vra my vroeër die week of ek vandag saam met hom deur Stellenbosch sal stap. Hy wou my gaan wys wat vir hom besonders of mooi is in die dorp.
Ek weet Aspris het net nou die dag pragtige foto’s van Stellenbosch gewys en ek het sommer ook eerstehands gesien waar sy van haar foto’s geneem het.
Maar ja, daar doen ons die dorp toer ding en ek het net opnuut besef dit hang af met watter oë jy kyk wat bepaal wat raakgesien word.
Ons het afgeskop met ‘n wandeling deur die botaniese tuine,
die son het heerlik geskyn en die blou blou lug was treffend
So is daar ‘n paar pragtig bewaarde geboue…..
en interessanthede te siene in die dorp
Hierdie eselskop is nogal die skepping van Andries Botha, een van die kunstenaars van wie kind moes geleer het vir sy finale eksamen in matriek.
My voorneme – om met nuwe oë na alles in my omgewing te kyk.
My enigste kritiek is dat daar gans te veel motors is en ‘n goeie gedagte sal wees om net iewers ‘n straat af te sonder vir voetgangers. Die motoriste was egter baie hoflik.
Book_Ends het gesê op Julie 29, 2012
Dit bly darem maar ‘n mooi plek.Seker omdat dit sulke spesiale herinneringe vir my inhou
PS Ek hou nou nie juis van Andries se eselkop nie.
Ropie het gesê op Julie 29, 2012
Die foto’s is pragtig!
bloukaap het gesê op Julie 29, 2012
dis altyd so asof die eselkop iets missing het ….
Jakkalsdraai het gesê op Julie 30, 2012
Die esel lyk soos ‘n armadille.
postatdo het gesê op Julie 30, 2012
Very true, you choose the way you view life, great pictures.
loudavisi het gesê op Julie 30, 2012
Pragtig, Rosie!
TS het gesê op Julie 30, 2012
mooi foto’s
wonder wat doen die student volgende jaar?
Neander het gesê op Julie 30, 2012
Goeie waarnemings.
avega het gesê op Julie 30, 2012
Mooi foto’s, ek hou ook van die gevoel van Stellenbosch. Het wel agtergekom dis ‘n duur plek.
sirpsa het gesê op Julie 30, 2012
En steeds het ek nie naastenby alles gesien (en ervaar) nie.
rosiemetdorings het gesê op Julie 30, 2012
Nee eseltjie is nie wat mens mooi sal kan noem nie, wel indrukwekkend.
Ek’s seker hy het baie meer simboliek as wat die blote oog waarneem
rosiemetdorings het gesê op Julie 30, 2012
Danie Ropie
rosiemetdorings het gesê op Julie 30, 2012
Was ook my eerste indruk toe ek die ou sien
rosiemetdorings het gesê op Julie 30, 2012
‘n Lyf? 🙂
rosiemetdorings het gesê op Julie 30, 2012
Thx, Jade.
Our glass is more than half full.
rosiemetdorings het gesê op Julie 30, 2012
Thx Loutjie.
Een van die plekke wat ek beslis wil besoek sodra ons weer gevestig is, is jou dorp
rosiemetdorings het gesê op Julie 30, 2012
Ma wonder ook!!
🙂
rosiemetdorings het gesê op Julie 30, 2012
ons gaan deur die lewe sonder om rondom ons te kyk
rosiemetdorings het gesê op Julie 30, 2012
Ja, seker duur, dit gaan mos maar altyd oor vraag en aanbod
rosiemetdorings het gesê op Julie 30, 2012
Elke mens kyk uit vir ander dinge.
(Ek het ook ‘n foto van die gevalle engeltjie geneem – hoe dan anders?)
Book_Ends het gesê op Julie 30, 2012
dit lyk soos plastiek
😀
rosiemetdorings het gesê op Julie 30, 2012
dis van rubber soos in “tyres” en verwante produkte.
lora2me het gesê op Julie 30, 2012
Ek is verslaaf aan die wynlande, want dis so rustig en mooi daar. Ek dink nie Stellenbosch sal ooit genoeg parkering hê nie. My kind het ‘n motor, maar stap waar hy wil wees. Wat hulle wel kan afskaf, is daardie simpele kaartjieparkeerstelsel. Dit vra vir korrupte plannetjies. Ek hou van die vrouebeeldfoto.
loudavisi het gesê op Julie 30, 2012
Altyd welkom, Rosie!
rosiemetdorings het gesê op Julie 30, 2012
Gelukkig is alles naby genoeg dat die studente sommer kan stap na waar hulle wil wees.
rosiemetdorings het gesê op Julie 30, 2012
Ek weet
🙂
endlich het gesê op Julie 31, 2012
Dis pragtige foto’s, Rosie. Dit was so ‘n lieflike dag Sondag.
rosiemetdorings het gesê op Julie 31, 2012
Ja, klink my baie mense het die mooi sonskyn dag geniet en na behore waardeer.