ons eie land

Julie 29, 2012 in Sonder kategorie

Jongste wat nog hierdie jaar vir oulaas student is vra my vroeër die week of ek vandag saam met hom deur Stellenbosch sal stap.  Hy wou my gaan wys wat vir hom besonders of mooi is in die dorp.

Ek weet Aspris het net nou die dag pragtige foto’s van Stellenbosch gewys en ek het sommer ook eerstehands gesien waar sy van haar foto’s geneem het.

Maar ja, daar doen ons die dorp toer ding en ek het net opnuut besef dit hang af met watter oë jy kyk wat bepaal wat raakgesien word.

Ons het afgeskop met ‘n wandeling deur die botaniese tuine,



die son het heerlik geskyn en die blou blou lug was treffend

So is daar ‘n paar pragtig bewaarde geboue…..

en interessanthede te siene in die dorp

Hierdie eselskop is nogal die skepping van Andries Botha, een van die kunstenaars van wie kind moes geleer het vir sy finale eksamen in matriek.

My voorneme – om met nuwe oë na alles in my omgewing te kyk.

My enigste kritiek is dat daar gans te veel motors is en ‘n goeie gedagte sal wees om net iewers ‘n straat af te sonder vir voetgangers.  Die motoriste was egter baie hoflik.

28 antwoorde op ons eie land

  1. Book_Ends het gesê op Julie 29, 2012

    Dit bly darem maar ‘n mooi plek.Seker omdat dit sulke spesiale herinneringe vir my inhou

    PS Ek hou nou nie juis van Andries se eselkop nie.

  2. Ropie het gesê op Julie 29, 2012

    Die foto’s is pragtig!

  3. bloukaap het gesê op Julie 29, 2012

    dis altyd so asof die eselkop iets missing het ….

  4. Die esel lyk soos ‘n armadille.

  5. postatdo het gesê op Julie 30, 2012

    Very true, you choose the way you view life, great pictures.

  6. loudavisi het gesê op Julie 30, 2012

    Pragtig, Rosie!

  7. TS het gesê op Julie 30, 2012

    mooi foto’s

    wonder wat doen die student volgende jaar?

  8. Neander het gesê op Julie 30, 2012

    Goeie waarnemings.

  9. avega het gesê op Julie 30, 2012

    Mooi foto’s, ek hou ook van die gevoel van Stellenbosch. Het wel agtergekom dis ‘n duur plek.

  10. sirpsa het gesê op Julie 30, 2012

    En steeds het ek nie naastenby alles gesien (en ervaar) nie.

  11. Nee eseltjie is nie wat mens mooi sal kan noem nie, wel indrukwekkend.
    Ek’s seker hy het baie meer simboliek as wat die blote oog waarneem

  12. Danie Ropie

  13. Was ook my eerste indruk toe ek die ou sien

  14. ‘n Lyf? 🙂

  15. Thx, Jade.
    Our glass is more than half full.

  16. Thx Loutjie.
    Een van die plekke wat ek beslis wil besoek sodra ons weer gevestig is, is jou dorp

  17. Ma wonder ook!!
    🙂

  18. ons gaan deur die lewe sonder om rondom ons te kyk

  19. Ja, seker duur, dit gaan mos maar altyd oor vraag en aanbod

  20. Elke mens kyk uit vir ander dinge.

    (Ek het ook ‘n foto van die gevalle engeltjie geneem – hoe dan anders?)

  21. Book_Ends het gesê op Julie 30, 2012

    dit lyk soos plastiek
    😀

  22. dis van rubber soos in “tyres” en verwante produkte.

  23. lora2me het gesê op Julie 30, 2012

    Ek is verslaaf aan die wynlande, want dis so rustig en mooi daar. Ek dink nie Stellenbosch sal ooit genoeg parkering hê nie. My kind het ‘n motor, maar stap waar hy wil wees. Wat hulle wel kan afskaf, is daardie simpele kaartjieparkeerstelsel. Dit vra vir korrupte plannetjies. Ek hou van die vrouebeeldfoto.

  24. loudavisi het gesê op Julie 30, 2012

    Altyd welkom, Rosie!

  25. Gelukkig is alles naby genoeg dat die studente sommer kan stap na waar hulle wil wees.

  26. Ek weet
    🙂

  27. endlich het gesê op Julie 31, 2012

    Dis pragtige foto’s, Rosie. Dit was so ‘n lieflike dag Sondag.

  28. Ja, klink my baie mense het die mooi sonskyn dag geniet en na behore waardeer.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.