oos wes tuis bes!
Julie 24, 2012 in Sonder kategorie
Waar is dit vir my die lekkerste?
Dis nogal ‘n goor gevoel as ‘n mens na ‘n vlug van omtrent 10 ure uitsien na bene rek, en die kaptein kondig af dat ons vir ‘n rukkie op die aanloopblad sal moet wag want die parkeerruimte is nog nie gereed nie!
Maar het dit oorleef.
Die volgende is paspoort beheer:
Op Frankfurt lughawe was BAIE passasiers. Dis die Europese somer vakansie en die massas mense beweeg teen ‘n tempo, vliegtuie saan in rye en wag om die een na die ander te kan opstyg. Hoe lank wag ek om deur paspoort beheer te gaan? Die ry het so vinnig beweeg dat ek nie eers regtig kans gehad het om te kyk hoe lank dit geneem het nie. Binne ‘n oogwink is ons deur.
Kom by ORT se paspoort beheer. 2 oorsese vlugte het min of meer gelyktydig ingekom. Ek was naderhand benoud dat ek nie betyds sal deurgaan om my aansuitingsvlug na die Kaap te haal nie. Die toue mense het net nie beweeg nie!
Maar het dit oorleef
Die hek maak oop, passasiers word op die bus gelaai en vliegtuig toe geneem. Ons ry die hele lughawe plat – busbestuurder weet nie na watter vliegtuig om ons te neem nie – hy ry en ry en ry maar net in ‘n sirkel. Eindelik kom ‘n wit paneelwaentjie aangejaag, stop hom en begelei ons na die vliegtuig. Dit maak toe dat ons amper ‘n halfuur laat opstyg.
Het dit ook oorleef.
Bly om my kind te sien wat my kom haal het. Hy vertel so in die ry dat daar die afgelope 3 weke 2X gepoog was om by hulle in te breek. Ons is skaars by die huis toe ‘n huismaat van hom bel. Inbrekers het weereens toegeslaan en letterlik die houtraam van die venster uitgebreek!
Sal dit seker moet aanvaar as deel van ons bestaan en dit ook oorleef (hopelik).
Ek kan net dit sê, in vergelyking met Suid-Afrika is misdaad weglaatbaar gering in Europa! PUNT
Dis egter vir my steeds lekker om weer ‘n slag onder my eie dak te kan wees.
francoiswilliams het gesê op Julie 25, 2012
Uh, jy is skaars terug dan gorrel jy dik strome…daagliks lees mens van dei chaos op Heathrow in die VK, voorspelbaar is die Olimpiese spele ‘n nagmerrie…en dan misdaad, wat die nasionale sport is van die lande van die EU…meeste lande in die EU het meer misdaad as in SA, wats die wed????
Wanneer skoert jy weer…
francoiswilliams het gesê op Julie 25, 2012
ek daag jou nou, waar in die EU is daar minder misdaad as in SA waar???
francoiswilliams het gesê op Julie 25, 2012
Organised crime is a threat to European citizens, businesses, state institutions as well as the economy as a whole. Criminals easily operate across borders, Trafficking in human beings for whatever purpose – sexual or labour exploitation – and the sexual exploitation of children, including child pornography, are despicable crimes affecting the most vulnerable citizens. Counterfeiting and infringements of intellectual property rights are becoming increasingly widespread. They now include commodity goods and pharmaceuticals, which not only hurt legitimate commercial interests, but also put the health and safety of European consumers at risk.The EU’s action to fight drugs is closely connected to the fight against organised crime and to the high level protection of health. Organised crime groups make considerable profits from trafficking illegal drugs (up to EUR 230 billion a year).Mafia groups are making billions from environmental crime, new research has found. Dumping toxic waste, illegal logging and trafficking of endangered species are just some of the many crimes according to a report called ‘Eco-Mafia 2012’ by Legambiente.
Other environmental groups also claim the EU is currently failing to tackle the issue seriously.
francoiswilliams het gesê op Julie 25, 2012
Fears over the finances of its eurozone partners are threatening Germany with the possible future loss of its AAA credit rating. The country’s outlook has been changed
francoiswilliams het gesê op Julie 25, 2012
The United Kingdom is the violent crime capital of Europe and has one of the highest rates of violence in the world, worse even than America, according to new research.
francoiswilliams het gesê op Julie 25, 2012
Dangerous Decade
Across all of the EU, domestic burglary and car theft are falling, while robbery, violent crime like physical assault and rape, and drug trafficking have increased by about 4% in the last decade. Drug trafficking has increased the most, by about 4.2%.
Human trafficking, or the smuggling of people for the purposes of forced labor in a destination country, is also a growing problem, although it’s difficult to measure. The main countries of origin are Ukraine and Bulgaria, with Czech Republic often acting as a transit country to Germany, the Netherlands or the U.K.
Then there’s terrorism. Last year, nine EU member states reported a total of 583 failed, foiled or successfully executed attacks, a 24% increase from what had been reported in 2006, according to the European Law Enforcement Cooperation (Europol). Most of these were attributed to separatists groups in France and Spain, such as ETA, which is the Basque national separatist organization.
loudavisi het gesê op Julie 25, 2012
Sjoe, wat ‘n ervaring, Rosie!
Saam met jou dankbaar dat jy ongeskonde in jou eie bed kan slaap.
Geniet!
Neander het gesê op Julie 25, 2012
Voorspoed, ons weet jy is ingelig.
TS het gesê op Julie 25, 2012
Jammer oor al teëspoed maar ek hoop jy geniet elke oomblik
Perdebytjie het gesê op Julie 25, 2012
Welkom terug op eie bodem.Gewoonlik werk alles baie goed op OR Tambo.Dit was seker net jou ongelukkige dag!
Ongelukkig is misdaad die waarheid,maar ons het al so afgestomp geraak,dat ons maar net hoop dit gebeur nie met ons nie,en maar aangaan met die lewe.Hartseer!
avega het gesê op Julie 25, 2012
WELKOM TERUG! Moet sê, ons was al by baie lughawens wat ‘n nagmerrie was teen ORT. Die ergste natuurlik in Indië waar massas mense druk en stoot en nie in rye staan nie 🙂
avega het gesê op Julie 25, 2012
WELKOM TERUG! Moet sê, ons was al by baie lughawens wat ‘n nagmerrie was teen ORT. Die ergste natuurlik in Indië waar massas mense druk en stoot en nie in rye staan nie 🙂
inadk het gesê op Julie 25, 2012
Inderdaad – Oos Wes – Tuis Bes! Welkom tuis . .hulle kan alles van jou steel, maar hulle kan nie jou sonskyn steel nie, hulle kan ook nie jou gedagtes steel nie (tensy jy hulle toelaat). So op die draai van die seisoene het jy terug gekom!!
monicahaddad het gesê op Julie 25, 2012
Home sweet home, wekom terug, spesiaal ‘n sonnige dag vir jou bestel 🙂
I-like-silly het gesê op Julie 25, 2012
Welkom terug in SA, mens se huis is maar die lekkerste plek om te wees!!
CBL1979 het gesê op Julie 25, 2012
Welkom terug!
HeavyHenry het gesê op Julie 25, 2012
Lekker!
francoiswilliams het gesê op Julie 25, 2012
Analysis of figures from the European Commission showed a 77 per cent increase in murders, robberies, assaults and sexual offences in the UK since Labour came to power.
The total number of violent offences recorded compared to population is higher than any other country in Europe, as well as America, Canada, Australia and South Africa.
Opposition leaders said the disclosures were a “damning indictment” of the Government’s failure to tackle deep-rooted social problems.It also recorded the fifth highest robbery rate in the EU, and the highest absolute number of burglaries, with double the number of offences recorded in Germany and France.
Overall, 5.4 million crimes were recorded in the UK in 2007 – more than 10 a minute – second only to Sweden.
francoiswilliams het gesê op Julie 25, 2012
A breakdown of the statistics, which were compiled into league tables by the Conservatives, revealed that violent crime in the UK had increased from 652,974 offences in 1998 to more than 1.15 million crimes in 2007.
It means there are over 2,000 crimes recorded per 100,000 population in the UK, making it the most violent place in Europe.
Austria is second, with a rate of 1,677 per 100,000 people, followed by Sweden, Belgium, Finland and Holland.
By comparison, America has an estimated rate of 466 violent crimes per 100,000 population.
France recorded 324,765 violent crimes in 2007 – a 67 per cent increase in the past decade – at a rate of 504 per 100,000 population.
postatdo het gesê op Julie 25, 2012
I see Freddy Krueger rushed in to welcome you back, what would the blogs be without him????????????
Moving on, welcome back, I hope you settle in quickly, enjoy!
endlich het gesê op Julie 25, 2012
hallo Rosie!! ‘n pragtige sonnige dag hier in die weskaap. Geniet elke oomblik. Terug? of net kuier?
ons area het ‘n buurtwag begin – dit werk.
Steur jou niet aan die blerrie spammer nie. Onaangename vent. Hy laat my ril.
Boekemakranka het gesê op Julie 25, 2012
Welkom terug! Elke keer as ek van Europa, Engeland of die VSA terugkom, moet ek vir wekelank myself heroriënteer om nie woede te ervaar oor dit wat ons hier aanvaar as ons lewe nie. Dit was so lekker om nou weer in die VSA te sien hoe elke stelsel net werk. Hoe georden alles en almal is, hoe hoflik mense met mekaar is oral in die openbaar en op die pad en in werksplekke. Hier is ‘n groot skroef los met die ingesteldheid in ons land.
rosiemetdorings het gesê op Julie 25, 2012
F gaan bars.
ek het net van my eerstehandese eerste ervarings vertel!!!!
rosiemetdorings het gesê op Julie 25, 2012
Dankie Lou.
Dit voel alreeds of ek nooit weg was
rosiemetdorings het gesê op Julie 25, 2012
Dankie
rosiemetdorings het gesê op Julie 25, 2012
Ek wou jou al gebel het, maar kom net nog nie so ver
rosiemetdorings het gesê op Julie 25, 2012
Ja, ek was verbaas oor ORT, want ek het goeie verslae van baie ander mense ontvang.
Oor die misdaad is ek meer gekweld as wat ek in die verlede was
rosiemetdorings het gesê op Julie 25, 2012
Dankie.
ORT glo ek was maar net ‘n afdag, want ek het lanklaas iets negatiefs daar ervaar.
die clueless busbestuurder was net vir almal een te veel
rosiemetdorings het gesê op Julie 25, 2012
Dankie Ina.
Ek weet dat ek baie binnekort ook alweer gewoond sal wees daaraan om gedurig bedag te wees op moontlike geweld of diefstal
rosiemetdorings het gesê op Julie 25, 2012
O die groot geel bal skyn in al sy lieflike glorie.
Europa het hierdie somer nog minder sonskyndae as gewoonlik en die mense word aangeraai om Vit D aanvullers in te neem
rosiemetdorings het gesê op Julie 25, 2012
Dit was effe deurmekaar en nie so skoon waarvoor ek effe gril (baie fiemies) maar dit is stelselmatig besig om reg te kom
rosiemetdorings het gesê op Julie 25, 2012
Dankie
rosiemetdorings het gesê op Julie 25, 2012
🙂
sirpsa het gesê op Julie 25, 2012
Ag jy moet dis sommer baie geniet. Maar eers lekker lank en diep slaap.
rosiemetdorings het gesê op Julie 25, 2012
O, the negative remarks went unread past me.
Now I can’t think of you as Post Toasties any more. 🙂
rosiemetdorings het gesê op Julie 25, 2012
Die son skyn wonderlik.
Ongelukkig net tydelik terug, het nog nie besluit wanneer om weer om te draai maar kom dan finaal einde van die jaar terug.
Die spammer lees ek nie eers nie
rosiemetdorings het gesê op Julie 25, 2012
ek was nou in die kar en toe sommer nuus geluister.
Die tipe van nuus was omtrent net diefstal, aanrandings, moord en bedrog.
Daar oorkant die water gebeur ook sulke dinge maar net nie op die skaal wat dit hier gebeur nie.
Toonaangewende land wat ons het.
rosiemetdorings het gesê op Julie 25, 2012
Dankie!
die slaap doen ek volstoom. eienaardig dat jy vir hoe lank stil sit en niks doen en dan gedaan en doodmoeg anderkant af.
Bonus: diep veneuse trombose, omdat ek net te min beweeg het tydens die vlug.
postatdo het gesê op Julie 25, 2012
I liked being called Post toasties but Post is getting a bit much now, even for me 🙂
sirpsa het gesê op Julie 25, 2012
O maggies!
endlich het gesê op Julie 25, 2012
🙂
Carol460 het gesê op Julie 25, 2012
Welkom tuis ! Lekker kuier ! XXX
rosiemetdorings het gesê op Julie 25, 2012
o dankie ek doen !
francoiswilliams het gesê op Julie 26, 2012
Wel, aangesien SA so misdadig is, hoop ek van harte jy word rot en kaal besteel…sal goeie karma vir jou wees, en hopelik sal dit jou volgnede keer uit ons pragtige land uit hou…
francoiswilliams het gesê op Julie 26, 2012
In SA moet jy die suurknol Blankes vermy…is dit ook so in die VSA?
Jakkalsdraai het gesê op Julie 27, 2012
Dit is nie negatief nie.
I-like-silly het gesê op Julie 27, 2012
lekker naweek!!!
rosiemetdorings het gesê op Julie 27, 2012
🙂
rosiemetdorings het gesê op Julie 27, 2012
Dankie maatjie, jy ook.
pasella het gesê op Julie 27, 2012
Welokom terug in sonnige SA!
rosiemetdorings het gesê op Julie 27, 2012
Dankie, die 2e skof gaan nioe naastenby so lank wees nie.
🙂
Ropie het gesê op Julie 28, 2012
Eight Most Dangerous Countries in the World
http://www.ehotels.com/uncategorized/most-dangerous/
Suid-Afrika is die nommer 5 op hierdie lys… 🙁
rosiemetdorings het gesê op Julie 28, 2012
Ropie, ek wens ek kan die beste van die twee verblyf ervarings bymekaargooi en daarmee voort leef.
Ropie het gesê op Julie 28, 2012
Inderdaad, ‘n mooi wens en ‘n wys besluit!