vervoerprobleme

Julie 15, 2012 in Sonder kategorie

Hier het elke student ‘n fiets en bitter min besit enige ander voertuig.

Die afstande is kort en geografies maak  die omgewing dit redelik gunstig vir die fietsryer om te kom waar hy wil wees.

Vir langer afstande is die openbare vervoer, treine & busse baie gerieflik.

Die probleem kom egter die dag as daar ‘n groter item gekoop is en die aflewering daarvan redelik duur is.

Hierdie is dus ‘n redelik algemene verskynsel, veral as die akademiese jaar weer sal begin

Hierdie ouens het beurt gemaak.

Soms is dit net 2 wat dra dan sit hulle die bank langs die straat neer en rus eers ‘n bietjie

17 antwoorde op vervoerprobleme

  1. sirpsa het gesê op Julie 15, 2012

    Wel ten minste kan hulle elke keer in gemak rus.

  2. loudavisi het gesê op Julie 16, 2012

    Vele hande en bietjie pret kan ook die afstand verkort.

  3. TS het gesê op Julie 16, 2012

    Ons is oorgewoond aan baie hande

  4. HeavyHenry het gesê op Julie 16, 2012

    Ek het eenkeer oppie web op ‘n ding afgekom – ‘n ou het vir sy fiets ‘n treiler gemaak om sulke goed mee te vervoer.

    Was eintlik slim.

  5. Gewis ja.

  6. Hierdie klompie was redelik jolig en vol pret

  7. JA! nog nie so daaraan gedink nie

  8. nou die dag ‘n ou op bromponie by my verby met so klein treilertjie agteraan vasgehaak

  9. So het elke plek maar sy stories, voordele en nadele.

  10. sou wonderlik wees as “the best of both” so bymekaar gegooi kon word.

  11. HeavyHenry het gesê op Julie 16, 2012

    As jy ‘n enjin gebruik, dan verneuk jy!

  12. Carol460 het gesê op Julie 16, 2012

    Hulle leef seker ” groener” as ons hier !

  13. motorgewys ja dalk tog, egter baie meer busse en treine

  14. hang af hoe ver jy wil gaan. 🙂

  15. Waarskynlik ook fikser as ons……

  16. HeavyHenry het gesê op Julie 17, 2012

    *grin*

  17. Mon, jy weet nie hoe fiks is ek in vergelyking met 8 maande gelede nie!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.