Jy blaai in die argief vir 2012 Julie.

wenners

Julie 30, 2012 in Sonder kategorie

wen of verloor dit kom nie daarop aan

ons is ‘n jollie span net waar ons gaan

Hierdie is net so fragment van een van die liedjies wat ons by sport byeenkomste gesing het.

meer daarvan kan ek nie onthou nie

Die gees van die dag was vir ons net so belangrik as die kompetisie op die veld.

Vandag lyk dit my geld dit nie meer nie.

Die deelnemers weet nie hoe om te verloor nie

die volle berig oor onder andere Michael Phelps, Mark Cavendish & Suzy Favor Hamilton kan hier gelees word 

ons eie land

Julie 29, 2012 in Sonder kategorie

Jongste wat nog hierdie jaar vir oulaas student is vra my vroeër die week of ek vandag saam met hom deur Stellenbosch sal stap.  Hy wou my gaan wys wat vir hom besonders of mooi is in die dorp.

Ek weet Aspris het net nou die dag pragtige foto’s van Stellenbosch gewys en ek het sommer ook eerstehands gesien waar sy van haar foto’s geneem het.

Maar ja, daar doen ons die dorp toer ding en ek het net opnuut besef dit hang af met watter oë jy kyk wat bepaal wat raakgesien word.

Ons het afgeskop met ‘n wandeling deur die botaniese tuine,



die son het heerlik geskyn en die blou blou lug was treffend

So is daar ‘n paar pragtig bewaarde geboue…..

en interessanthede te siene in die dorp

Hierdie eselskop is nogal die skepping van Andries Botha, een van die kunstenaars van wie kind moes geleer het vir sy finale eksamen in matriek.

My voorneme – om met nuwe oë na alles in my omgewing te kyk.

My enigste kritiek is dat daar gans te veel motors is en ‘n goeie gedagte sal wees om net iewers ‘n straat af te sonder vir voetgangers.  Die motoriste was egter baie hoflik.

Hoe verklaar u dit?

Julie 27, 2012 in Sonder kategorie

Word die radio program nog uitgesaai?

My opskrif het betrekking op die onderstaande vraagteken en nie op my eie opmerking nie.

Wat laat hom rilll?

oos wes tuis bes!

Julie 24, 2012 in Sonder kategorie

Waar is dit vir my die lekkerste?

Dis nogal ‘n goor gevoel as ‘n mens na ‘n vlug van omtrent 10 ure uitsien na bene rek,  en die kaptein kondig af dat ons vir ‘n rukkie op die aanloopblad sal moet wag want die parkeerruimte is nog nie gereed nie!

Maar het dit oorleef.

Die volgende is paspoort beheer:

Op Frankfurt lughawe was BAIE passasiers.  Dis die Europese somer vakansie en die massas mense beweeg teen ‘n tempo, vliegtuie saan in rye en wag om die een na die ander te kan opstyg.  Hoe lank wag ek om deur paspoort beheer te gaan?  Die ry het so vinnig beweeg dat ek nie eers regtig kans gehad het om te kyk hoe lank dit geneem het nie.  Binne ‘n oogwink is ons deur.

Kom by ORT se paspoort beheer.  2 oorsese vlugte het min of meer gelyktydig ingekom.  Ek was naderhand benoud dat ek nie betyds sal deurgaan om my aansuitingsvlug na die Kaap te haal nie.  Die toue mense het net nie beweeg nie!

Maar het dit oorleef

Die hek maak oop, passasiers word op die bus gelaai en vliegtuig toe geneem.  Ons ry die hele lughawe plat – busbestuurder weet nie na watter vliegtuig om ons te neem nie –  hy ry en ry en ry maar net in ‘n sirkel.  Eindelik kom ‘n wit paneelwaentjie aangejaag, stop hom en begelei ons na die vliegtuig.  Dit maak toe dat ons amper ‘n halfuur laat opstyg.

Het dit ook oorleef.

Bly om my kind te sien wat my kom haal het.   Hy vertel so in die ry dat daar  die afgelope 3 weke 2X  gepoog was om by hulle in te breek.  Ons is skaars by die huis toe ‘n huismaat van hom bel.  Inbrekers het weereens toegeslaan en  letterlik die houtraam van die venster uitgebreek!

Sal dit seker moet aanvaar as deel van ons bestaan en dit ook oorleef (hopelik).

Ek kan net dit sê, in vergelyking met Suid-Afrika is misdaad weglaatbaar gering in Europa!  PUNT

Dis egter vir my steeds lekker om weer ‘n slag onder my eie dak te kan wees.

Om te dink

Julie 20, 2012 in Sonder kategorie

Don’t think. Thinking is the enemy of creativity. It’s self-conscious, and anything self-conscious is lousy. You can’t try to do things. You simply must do things.
Ray Bradbury

Lees ek vandag in die dorp (stad) hierdie Quote raak.

Kom soek dit op die internet en lees dit vir Doring.


Sy kommentaar:  dis rof om te sê.

Ek antwoord hom toe: Wel dink ‘n bietjie daaroor……

Val hy my net daar in die redeLuister na jouself.

…en eindelik!!

Julie 20, 2012 in Sonder kategorie

hier is nog een (opvolg op vorige blog)

Julie 19, 2012 in Sonder kategorie

hier is nog ‘n paar

Victor molev

Julie 18, 2012 in Sonder kategorie

die werklike skildery

‘n donkiestorie

Julie 17, 2012 in Sonder kategorie

 The Pastor entered his donkey in a race and it won.
The Pastor was so pleased with the donkey that he entered it in the
race again and it won again.

The local paper read:
PASTOR’S ASS OUT FRONT.

The Bishop was so upset with this kind of 
publicity that he ordered the Pastor not to enter
the donkey in another race.

The next day the local paper headline read: 

BISHOP SCRATCHES PASTOR’S ASS.


This was too much for the Bishop so he ordered the Pastor to get
rid of the donkey.

The Pastor decided to give it to a Nun in a nearby convent.
The local paper, hearing of the news, posted 
the following headline the next day:

NUN HAS BEST ASS IN TOWN.

The Bishop fainted.

He informed the Nun that she would have to get rid of the donkey so she 
sold it to a farmer for $10.The next day the paper read:

NUN SELLS ASS FOR $10.

This was too much for the Bishop so he ordered the Nun to buy back the donkey and lead it to the plains whereit could run wild.

The next day the headlines read:

NUN ANNOUNCES HER ASS IS WILD AND FREE..


The Bishop was buried the next day.

 

The moral of the story is . . .

being concerned about public opinion can bring you much grief and misery. .

even shorten your life. So be yourself and enjoy life.

vervoerprobleme

Julie 15, 2012 in Sonder kategorie

Hier het elke student ‘n fiets en bitter min besit enige ander voertuig.

Die afstande is kort en geografies maak  die omgewing dit redelik gunstig vir die fietsryer om te kom waar hy wil wees.

Vir langer afstande is die openbare vervoer, treine & busse baie gerieflik.

Die probleem kom egter die dag as daar ‘n groter item gekoop is en die aflewering daarvan redelik duur is.

Hierdie is dus ‘n redelik algemene verskynsel, veral as die akademiese jaar weer sal begin

Hierdie ouens het beurt gemaak.

Soms is dit net 2 wat dra dan sit hulle die bank langs die straat neer en rus eers ‘n bietjie