Jy blaai in die argief vir 2012 Junie.

Belinda

Junie 30, 2012 in Sonder kategorie

She lived in a boathouse down by the river,
Every one called her pretty Belinda,
Chris Andrews se liedjie van hier in die laat sestigs ( dink ek )

Gister het hierdie mense so luilekker by ons verbygegaan.
Dit het my laat wonder
oor hoe dit moet wees om so permanent op die water te woon.



Daarna het ons by 'n kampie met 'n handjie vol bokkies verbygeloop.
Almal was ewe pragtig, maar hierdie ene het so mooi vir my gepose.




Rock Werchter

Junie 29, 2012 in Sonder kategorie

Die somervakansie begin amptelik vandag en die verkeer is vreeslik.

Op die nuus wys hulle oorvol lughawens.

Gister was ek in dorp toe, maar dit wemel van die jong mense.

Almal het rugsakke en opgerolde matrassies by hulle en ek was verstom oor hoeveel op pad is na een of ander kampeerdery.

Gisteraand op die nuus gaan daar toe vir my ‘n liggie op

GROOT Euro rock fees net hier op die buitewyke van onse dorpie.

Het gisteraand afgeskop en stoot deur tot Sondag

Vanoggend is ek en Doring met die trein na Duffel, ‘n naburige dorpie

en ons stasie en bushalte lewe steeds.

Ons trein het al gereed gestaan en ek het nog eers gou vir oulaas padkos gaan kry anders het ek probeer om ‘n beter foto van die geroesemoes in die stasie te neem.

wat is dit met alewige naamsveranderings?

Junie 26, 2012 in Sonder kategorie

Ek het gedink dit gebeur net by ons wat alom bekende name verruil moet word om ‘n volgende persoon te vereer.

Sien die laaste ruk dit is nie werklik die geval nie.

Hier in ons dorp is ‘n plein wat bekend is as Maarschalk Fochplein of sommer net Fochplein.

Dit word op die oomblik opgegradeer en dan sal dit na  Peter de Somerpein herdoop word.

(dis vir my al te aardig dat die ontsierende naamborde so op die lieflike ou geboue aangebring word.  Daar is egter nie juis ‘n ander plek daarvoor nie)

nou lees ek in die nuus dat die Engelse vir Big Ben ook gaan herdoop na Elizabeth Tower.  OK dis blykbaar net ‘n troetelnaampie vir die klok self in die meer as 150 jarige kloktoring, maar ek is seker daar gaan sommer nog vir baie lank na Big Ben verwys word

http://www.bbc.co.uk/news/uk-politics-18592966

nat, natter, natste

Junie 24, 2012 in Sonder kategorie

Ons het hierdie afgelope maand so hier een daar ook pragtige sonskyn dae gehad maar die meeste van die tyd was dit misrabel nat en onplesierig.

Gisteraand gehoor die land beleef een van sy natse periodes in ‘n alng tyd.

Net baie bly dat gister nie gelyk het soos vandag nie.  Ons het sowaar by iemand se blyplek vleisie gebraai!! Dit was ‘n wonderlike kuieraand met mense vanaf al die uithoeke van die aarde daar bymekaar.

Na die rugby, was dit die sokkerwedstryd tussen Frankryk en Spanje wat aan die beurt gekom het.  Die meisie vanaf Frankryk was maar baie bek-af oof haar span se swak vertoning.

rye by die betaalpunt

Junie 23, 2012 in Sonder kategorie

Soms kan jy ‘n hele tydskrif deurlees in die tyd wat jy in die ry staan en wag om jou inkopies te betaal

Andersins kan jy begin kwyl deur te staan en kyk vir al die lekkernye waarmee hulle mens so probeer verlei daar in die ry.

Hier in België was ek nou al by meer as een winkel wat nie een van die bogeneoemde produkte daar by die betaalpunt uitstal nie.

in die enjinkamer van firefox

Junie 22, 2012 in Sonder kategorie

solank as wat die rekenaar en al sy programme flink aankap, kom ek goed met hom oor die weg.

In die verlede was daar altyd iemand in die nabyheid wat kon help as dinge nie reg wil loop nie.

Met my koms hier na die vreemde, bekommer die kinders hulle oor my!!!

(Ja, wil jy glo)

Daar word toe ‘n program op my rekenaar opgelaai genaamd Teamviewer.

Daarmee kan hulle inkom en my rekanaar oorneem en van buite kyk wat nie reg is nie.

(ek het al daaroor geblog dink ek nou.)

in elk geval, trots kan ek rapporteer dat ek dit nog nie benodig het nie, tot gister.

Ek besef  hier is iets wat ek nie weet hoe nou nie.

You tube willie werkie

skype gou met die een telg.

vinnig laat hy my ‘n paar tabs oopmaak.

(gits, ek weet nie eers of my terminilogie hier korrek is nie)

fout gevind! sommer nog sonder teamviewer.

Omdat ek FIREFOX opgegradeer het, is daar nou ‘n legio van goeters wat nie behoorlik wil werk nie.

So moes ek toe maar afskeid neem van ‘n geliefde enjin waarvoor ek lank opgekom het.

Hoor al vir jare dat ek ‘n baie hoë RTC* het. vind dit dus erg frustrerend, maar moet seker maar aanvaar dat ek moet aangaan.

Vaarwel firefox ( dalk net koebaai, sal anderdag weer gaan loer of probleme uitgesorteer is)

*Resistance  TChange

Familie

Junie 20, 2012 in Sonder kategorie

Doring het nog 2 tantes en 1 oom wat lewe.

Die 2 tantes is susters aan sy pa se kant – ernstige gewigtige mense.

Die oom is die laaste van die generasie aan sy ma se kant – ‘n Platjie se moses.

Met die tantes het ons internet kontak, nie met die oom nie.

Gisteraand bel hy sy oom om darem net te hoor hoe gaan dit daar.

Al die jare het ons hulle net so dan en wan gesien. 

Vandat ons Kaap se kant toe getrek het, het ons gereeld by hulle ‘n draai gegooi, wat hulle nou mis.

Die oom se vrou antwoord en gil dadelik:

“Kokkie kom gou dis uit België!”

Die twee mense is vreeslik bly om Doring se stem te hoor.

Oom vra of dit nie al amper tyd is vir ons om om te draai nie.

Dis toe dat Doring hom meedeel dat ons nog langer hier gaan aanbly.

“Nee man,” antwoord die oompie gemaak verontwaardig, “my gesondheid is nie so goed dat ek  vir julle sal kan bly wag nie.”

oral voel die mense eenders

Junie 19, 2012 in Sonder kategorie

Ek het hierdie ene al voorheen gehoor,
en toe gister weer vanaf Doring se Skotse pel ontvang.
Dink mens kan maar eneige ander land ook gebruik(bv. Griekeland)
en dit sal steeds van toepassing wees.
Vir die wat dit al ken, ek het dit opnuut geniet – hoop jy ook.
A joke from Scotland.
A driver was stuck in a traffic jam on the A149 in Scotland. Nothing was moving.
Suddenly, a man knocks on the driver seat window.
The driver rolls down the window and asks, “What’s going on?”
“Terrorists have kidnapped all of our MP’s during a sitting of parliament, and they’re asking for a £100 million ransom. Otherwise, they are going to douse them all in petrol and set them on fire.We are going from car to car collecting donations.”
“How much is everyone giving, on average?” the driver asks.
The man replies, “Roughly a gallon.”

Vadersdag

Junie 17, 2012 in Sonder kategorie

05.07.1923  –  05.09.1999  t

selfone in vergelyking met mense

Junie 13, 2012 in Sonder kategorie

ek het regtig niks om te blog nie  behalwe die lawwighede wat ek die laaste rukkie op die internet opgetel het

en dan

ek het wel ‘n opmerking wat ek wil maak:

Wens Suid-Afrika kon ook van al die reën wat in Europa val, kry.