Jy blaai in die argief vir 2012 Mei.

31 mei 1961

Mei 31, 2012 in Sonder kategorie

ek soek woorde

Mei 31, 2012 in Sonder kategorie

Met die dat Vlaams(Nederlands) en Afrikaans so na aan mekaar is, stel van hierdie mense nogal belang in ons taal.

Een vrou hier meld dat die woordjie moltrein vir haar so beskrywend en oulik is. Hier praat hulle van die Metro as hulle na die ondergrondse vervoerstelsel verwys.

‘n ander Woord wat sy toe ook beskrywend vind is nie regtig een wat ons in Afrikaans gebruik nie.

Sy sê ‘n vorige Suid-Afrikaner waarmee te te make gehad het het na ‘n lugwaardin as ‘n sweefteef verwys. Ken een van julle die uitdrukking?

Verder het sy gevra vir ‘n lys van beskrywende Afrikaanse woorde, soos hierbo.  Hier haak ek vas.  Weet nie regtig wat hulle as uniek of beskrywend sal vind nie.  Enige voorstelle asb. Voel amper vir my mens moet van buite na die taal kyk om dit te kan optel.

Twee tipies Suid-Afrikaanse songs waarvoor die plaaslike studente lief is:

Sarie Marais

Bobbejaan klim die berg.

Al gehoor dat hulle dit nie behoorlik ken nie, maar sing doen hulle uit volle bors.

Die padda wou gaan opsit met sy nooi in die vlei… (21 S)

Mei 30, 2012 in Sonder kategorie

so knus onder ‘n slikkombersie

‘n polities korrekte verwysing

Mei 29, 2012 in Sonder kategorie

somer – eindelik

Mei 28, 2012 in Sonder kategorie

Vir die afgelope rukkie is dit werklik somer.

Die temperatuur styg tot in die laat 20’s en die lug is blou en feitlik wolkloos.

Al die mense kruip uit hulle doppe en geniet en waardeer.


Hierdie is ‘n koringlandjie sommer net so om die draai van ons af

Dis die voordeel en die lekker van op die platteland bly.

Baie mense het natuurlik ook blombakke in die vensterbanke. 

Kyk hoe mooi blou weerkaats die lug in die venster

Die Abdij nie te ver van ons af….

…..so oral op die gronde van die abdij

Hierdie koeitjie staan sommer so kniediep in die kos.

Die veld is geweldig geil.

en dan gister sommer in so effe verwaarloosde bedding langs die straat.

dis nie net in Suid-Afrika waar wreedhede gebeur nie.

Mei 24, 2012 in Sonder kategorie

Om haar Ex  (die kind se pa) terug te kry!

Die internet en sommer alle beeldmateriaal oor die algemeen so in mens se gesig.

Mei 23, 2012 in Sonder kategorie

Ek kyk met onsteltenis na die beeldmateriaal op die youtube clip wat nina opgelaai het en stuur agterna die link vir een van my kinders.
Sy reaksie(ek het hom nie so leer praat nie):
 wtf? hoekom stuur ma vir my sulke goed 
daar is BAIE upsetting goed op die internet. pasop waarvoor ma soek.
(bly om te sien die kind bekommer hom nog oor my)

Nou die aand was hier ‘n volledige program oor Ayrton Senna en veral oor die gebeure wat sy laaste fatale wedren vooraf gegaan het.
Buiten dat ek nou eers met die kyk van hierdie progrm besef het hoe merkwaardige mens en diep gelowige Christen hy was, het ek myself uit die voete gemaak toe hulle die uitsending van sy finale wedwedren wys.
Aan die begin van sy loopbaan as renjaer het Senny nie veel van ‘n onkomste verdien nie en wou nie geld van sy ouers aanvaar om vir sy vrou die gemaklike leefwyse waarin sy grootgeword het, te gee nie.  (Sy’t hom toe maar gelos)  Met sy dood was sy boedel blykbaar ongeveer $400miljoen sterk.
Sy woorde: “Just because I believe in God, just because I have faith in God, it doesn’t mean that I’m immune. It doesn’t mean that I’m immortal.”  wat ek in ‘n artikel oor hom raakgelees het.
Die lewe is hard en wreed. Ek kan die beeldmateriaal van al die wreedhede net nie meer hanteer nie.
Ook die hele operasie van die jag op Bin Laden het hulle een aand uitgesaai!!!
Al was hy dalk self wreed van aard, het hulle hom soos ‘n dier gejag.

foto’s oor die naweek geneem

Mei 22, 2012 in Sonder kategorie

Dis seker nie so betaamlik om ‘n foto op ‘n openbare forum van iemand te plaas wat besig is om te bad nie.

Ek moet byvoeg dat twee dinge wel in my guns tel dat ek kan wegkom daarmee.

Eerstens het hy in die openbaar gebad en

tweedens bad hy toe sommer so met sy vere en al aan.

Robin Gibb

Mei 21, 2012 in Sonder kategorie

RIP

22.12.1949 – 20.05.2012


Christine Lagarde

Mei 20, 2012 in Sonder kategorie

Ek sal baie selde die TV aansit om na ‘n program te kyk.

My huismense het egter die slegte gewoonte om TV aan te skakel, te sien daar is nie iets waarna hulle wil kyk nie en dan sommer weer te loop sonder om die TV weer af te skakel.

Dis presies wat vroeër hierdie week weereens gebeur het.

Stap ek toevallig verby toe hulle aankondig dat daar ‘n kort onderhoud met Me Christine Lagarde, huidige voorsitter(? nie seker van haar rang) van die Internationale Monitêre Fonds, uitgesaai gaan word.

Omdat haar voorganger, Strauss-Kahn, weer so baie  in die nuus is, het ek meer uit nuuskierigheid oor die wie van sy opvolger  bly kyk.

Wat ‘n aangename verassing.  ‘n Fyn vrou met ‘n wakker kop op haar lyf.

Natuurlik is sy dadelik ondervra oor die Grieke se sukkelende ekonomie.  Sy het kort geantwoord maar die gesprek baie behendig ‘n ander koers in gelei.

Die onderhoudvoerder was duidelik nie baie gelukkgi nie, en het na ‘n rukkie weer teruggekom na Griekeland se uittrede al dan nie vanuit die Euro zone.  Dis net hier waar die ou ‘n fout gemaak het.  Ek het nie goedgenoeg opgelet wat hy gevra het nie, maar Me Lagarde het dadelik teruggeantwoord dat dit nie haar woorde was nie.  Duidelik het hy haar woorde in die mond probeer lê.

Hier het sy hom toe kortgeknip, gesê dat hy verkeerd aanhaal en met die volgende woorde afgesluit:

“Prepare for the worst but hope for the best.”

So van die Heer Dominique Strauss-Kahn gepraat, hy dagvaar nou die kamermeisie wat ‘n saak van aanranding teen hom ingedien het vir $1 000 000.00  Wonder waar dink hy moet sy dit vandaan haal!!  Siende dat daar nou ander wurms ook uit die blikkie klim, sou mens dink die ou sal ‘n laer profiel handhaaf.