diere
April 2, 2012 in Sonder kategorie
Ek is en bly ‘n groot diereliefhebber.
Bly om te sien hierdie ene word ook waardeer.
dan onthou ek ‘n rympie uit my kinderdae.
Daar is egter net so hier en daar grepe van die geheel wat nog by my opkom.
Is daar iewers iemand wat dit ook geken het of selfs vandag nog kan uithelp met die volle resitasie ( soos ons dit genoem het)
Kapoete kapoete kapat.
die eseltjie gaan na die stad.
dan onthou ek iets van
….ruk aan die toompie
en ………..met oompie
erikavz het gesê op April 2, 2012
O die donkie is ‘n wonderlike ding…..
palamino het gesê op April 2, 2012
Dis ‘n mooie stukkie beeldhouwerk daai
pienkvolla het gesê op April 2, 2012
Kapoete kapoete kapat ken ek ook, maar kan ook niks meer aanlas as wat jy nou onthou nie!
Maar die ene van toompie en oompie nog nie gehoor nie!
loudavisi het gesê op April 2, 2012
Ja, die donkie!
Mooi foto
monicahaddad het gesê op April 2, 2012
Ek sien net sterre as ek na hierdie donkie kyk!
Boekemakranka het gesê op April 2, 2012
Kapoete, kapoete, kapat,
die eseltjie ry na die stad.
Hy pluk aan sy toompie
en sukkel met oompie
en trek sy twee lang ore plat.
Kapoete, kapoete, kapout,
maar kyk so ‘n esel is stout!
Toe, roer jou, Jandooi,
loop vinnig, loop mooi,
en klaps! kom ‘n raps op die boud!
Kapoete, kapoete, kapat,
maar nou laat so ‘n eseltjie spat.
Dit spring en dit skop,
en dit wip agterop,
en oompie lê plat in die pad!
Linda het gesê op Junie 7, 2016
Ek onthou ook iets soos (voor op die wa sit ou wagter die hond……… En ‘n laaste vers van, (alle wêreld se die ou as hy kyk na sy vrou, besig om sy wonde te was. My rug is af en my asem is uit en ‘n eislike gat in my kuit.
Of dit net my pa se weergawe was weet ek nie.
Ek-Myself het gesê op April 2, 2012
Toe my oudste klein was het ons haar altyd gevra op wat het Jesus gery, dan het sy kinderlik en opreg geantwoord: “Op n donkie, want hulle hettie ‘n BMW sehad nie.” So dierbaar, dit sal my altyd bybly!
HeavyHenry het gesê op April 2, 2012
Nice, thanks!
PaulNicholas het gesê op April 2, 2012
En wat van die donkie wat ‘n wonderlikke ding is?
rosiemetdorings het gesê op April 2, 2012
een maal lelik seergekry toe ek ene probeer ry het. 🙂
rosiemetdorings het gesê op April 2, 2012
So bly nog iemand dink ook so.
🙂
rosiemetdorings het gesê op April 2, 2012
Kom kyk hier bo is die hele gediggie wat iemand gelukkig nog kon onthou!
rosiemetdorings het gesê op April 2, 2012
@e-B
JA!
Baie dankie. gaan hom sommer dadelik permanent save
rosiemetdorings het gesê op April 2, 2012
Foto’s waar ons by die ou pose ook!
rosiemetdorings het gesê op April 2, 2012
Kinders se sê-goed bly kosbaar en vir altyd in die familie
rosiemetdorings het gesê op April 2, 2012
Het hom nie vergeet nie, maar kon nie ‘n goeie opname op You Tube opspoor nie.
(dink ons moet ‘n blog koor stig en so paar opnames maak.)
Bileamsedonkie het gesê op April 2, 2012
Namens alle donkie wêreldwyd- dankie vir jou pragtige pos!
postatdo het gesê op April 2, 2012
Nice post!
PaulNicholas het gesê op April 2, 2012
tra la la la laaa
Hy staan en dink waar die muishond stink . . .
rosiemetdorings het gesê op April 2, 2012
Hoe kon ek nie melding van onse eie donkie maak nie?
rosiemetdorings het gesê op April 2, 2012
Thx! P
erikavz het gesê op April 2, 2012
Ek ken net die minder goeie sinne
Adage het gesê op April 2, 2012
YES!
rosiemetdorings het gesê op April 2, 2012
ek ook
rosiemetdorings het gesê op April 2, 2012
jy sal vir Hasie so moet laat verewig
PaulNicholas het gesê op April 3, 2012
bwahahahaha
frandr het gesê op April 3, 2012
Maar die donkies voor die Atterbury Teater in Pretoria is baaaie mooier as hierdie Nederlandse nefie!
rosiemetdorings het gesê op April 4, 2012
kom wys dan asb.
weet nie wanneer ek weer in Pretoria sal kom nie
lisabeth het gesê op April 5, 2012
Jaaaaaa- my pa dit altyd vir ons gese met so diep diep stem!
rosiemetdorings het gesê op April 5, 2012
@ Lisa, vir jou dus ook iets kosbaars uit die verlede