[email protected] jij lees watie staan?
April 30, 2012 in Sonder kategorie
Dan maak dit mos nie regtig saak hoe die woorde gespel is nie.
Die geskrewe woord is tog immers nodig om inligting aan ‘n ander oor te dra.
die SMS manier van skryf kan ek glad nie verstaan nie, en tog kommunikeer die jeug baie suksesvol met mekaar daarmee.
Hier is ek nou die ene kontradiksie.
Ek voel regtig ‘n veer vir spelreëls
Tog as ek sien dat ‘n woord verkeerd gespel is, kan dit my bly pla en pla.
Wat maak dit saak of onmiddellik 2 d’s en 2le moet kry. As ek suksesvol kan oordra dit dit dadelik moet gebeur, gaan die tekort aan ‘n medekllinker nie die boodskap verander nie.
Ek stem saam, die vier kan nie lekker gesellig brand nie.
As ek egter die volgende boodskap vir ‘n vriendin SMS gaan sy presies weet wat ons doen:
di vrki brnd hrlk & os bri ‘n vlysi.
Die spoed wat gehandhaaf word op die rekenaar veroorsaak ook gereeld dat ‘n letter weggelaat word of dat 2 omgeruil word.
Mens kan heel dikwels merk dat dit ‘n tikfout eerder as ‘n spelfout is.
Menigmaal neem ek my voor om ook die liewe spelreëls uit my kop te laat ontsnap, maar dan sien ek weer ‘n woord wat verkeerd gespel is en dit bly my by. Dis tog immers destyds letterlik in ons ingevoeter.
‘n Woordjie wat my al die jare lekker laat twyfel het totdat ek ‘n goue reël by iemand gekry het, is interessant.
die reël? ‘n vrou dra een Rok en twee Skoene.
Onlangse kommentare