Jy blaai in die argief vir 2012 Maart.

dis nou relatiwiteit in ‘n ander vorm

Maart 15, 2012 in Sonder kategorie

In Suid-Afrika is hierdie plante tot ongewensde indringers verklaar


hier word hulle in ‘n kweekhuis getroetel

in ons bure se agterplaas

Maart 14, 2012 in Sonder kategorie

Die foto kwaliteit is nie watwonders nie want hulle is redelik ver en ek moes kwaai zoom.

Hulle het net mooi ‘n week gelede aangekom en verskaf ons groot plesier.

Dis nie hulle ma nie maar die dragtige tante wat die kampie met hulle deel. 

Kan nie wag om te sien of sy ook so bevoorreg gaan wees om ‘n tweeling te kry.

Scary stuff

Maart 14, 2012 in Sonder kategorie

 Ek stem saam

is dit werklik so?

Maart 14, 2012 in Sonder kategorie

Daar het in die verlede al opmerkings en kommetare van mens in onse land  gekom wat die res van die wêreld laat glimlag of hulle wenkbroue laat lig het.

Vanoggend het ek  weereens e-pos gekry wat ek eerstens hoop nie werklik gebeur het nie en tweedens as dit werklik gesê is, hoop ek nie dat dit ooit buite die gense van onse land gehoor word nie.

KwaZulu-Natal MEC for co-operative governance and traditional affairs Nomsa Dube called on the national department of science and technology to investigate the causes of lightning after seven people died in lightning strikes.

waarna daar nog so hele stuk oor die bovermelde aanhaling volg.

Is dit werklik gevra?

Adage praat van Things of beauty……

Maart 13, 2012 in Sonder kategorie

Hierdie kwaliteit is nie naastenby dieselfde nie.

Onhou hierdie was met ‘n primitiewe goedkoopste tipe van mik en druk gedoen.

hierdie is egter my things of beauty

Pennietjie toe sy tydelik koning gekraai het as enigste hond


Pablo wat bygekom het en nog in die igloo geslaap het


en later toe die igloo papgerits was en  hulle bo-op slaap

(dit was in die somer)

ek is so gelukkig soos ‘n hond wat sewe sterte het om te swaai.

Maart 13, 2012 in Sonder kategorie

Toe hierdie groot omswerwing na ons kant toe gekom het en ons ons tydelike verskuiwing na die buiteland beplan het, het ek nie die helfte geweet wat vir my wag nie.

Ja ek het geweet ek gaan verlang en gaan my mense mis.

Ek het ook geweet ek gaan my bekommer oor my kinders, my honde, my huis.  Dis nie omdat ek so geheg is aan my die aardse besittings dat ek my oor die huis bekommer nie, maar daar is hoeveel klein dingetjies wat instand gehou moet word.

Ek het gister op FB vir iemand vertel hoe het ‘n droom van my honde my ontstel het.

Maar die grootste geskenk wat ek hier kan kry is dat ons kinders kom kuier.  Oudste wat in Londen woon, was nou al hier.  dis ook nou weer ‘n klein genade om hom meer dikwels te sien.

Jongste sou nou kom kuier, hy word toe genader om by ‘n navorsingsprojek in te skakel wat met sy kuier sou bots.

Op die ou end het hy besluit om effe later en korter te kom, maar kom, kom hy.

En oudste gaan nou ook verlof daardie tyd neem.

Ondertussen is middelkind soos die Engelse sê, Aprilmaand “between jobs” en het besluit om saam te kom.

Het nou net SMS gekry dat hulle  nou net hulle visumaansoeke ingehandig het.

Die Belgiese ambassade is vol nonsens, maar hulle kyk die vorms deur en dui aan as hulle nie tevrede is met die aansoek nie.

Ons as gesin sal weer die eerste maal in jare ‘n slag saam  kan kuier.

Die woonstel is klein, maar daar gaan baie mak skape in ‘n kraal.

om verskoning te vra

Maart 12, 2012 in Sonder kategorie

Tina het my nogal vanoggend met hierdie inskrywing van haar laat terugdink.

Ek het ‘n vriendin wat nogal heel opvlieënd van geaardheid is.  ‘n Slag of wat het sy my geskel dat die see gesukkel het om my skoon te kry – Oor onbenullighede.  Vir ‘n tyd het ons mekaar dan maar vermy en op ‘n dag koel sy af, kontak my en sê sy verlang en vra om verskoning.  Na 2 sulke bekgevegte, stiltes, verskonings en weer vriendskap was daar nie weer so voorval nie.  Dalk is dit omdat ons ondertussen weggetrek het, en ek en sy telkens bly is as ons mekaar die slag weer kontak.

En daar kry ek vanmiddag hierdie wonderlike woorde op ‘n ou skoolvriendin se Facebook muur:

Apology doesn’t mean that you were wrong, or that the other person was right. 

It means that your relationship is more valuable than your ego.

bierbrouery in Leuven

Maart 11, 2012 in Sonder kategorie

Is vrek volop die hele dorp vol en word sedert 1926 hier plaaslik gebrou.

The Anno 1366 on the Stella Artois logo refers to the origin of brewing in the city of Leuven. The city’s tax records dated 1366 mention the existence of a local brewpub called Den Hoorn*

Gister stap ons toe by die brouery verby en daar so half eenkant teen die gebou staan hierdie beaut van ‘n wa gelaai met vaatjies

  

die staalarmpie word gedraai om die remskoen teen die wiel te laat vastrek

  

*die geverfde horing is na aanleiding van die eerste aangetekende brouery pub genaamd den Hoorn

stella artois

so ietsie van myselwers

Maart 9, 2012 in Sonder kategorie

Noudat tina  haar foto aan die einde van haar oggend blog geplaas het, sal ek ook maar haar voorbeeld volg.

Dis hoe ek lyk soggens net na opstaantyd

diere bly ‘n plesier om na te kyk

Maart 8, 2012 in Sonder kategorie

By die hok was ‘n kennisgewing wat gesê het Belgiese hoenders, so ek aanvaar dit is ‘n ras op hulle eie.

Is hulle nie pragtig nie!



moenie dink hulle wou mooi stilstaan en pose vir ‘n behoorlike foto nie