moenie die boek op sy baadjie takseer nie.
Maart 27, 2012 in Sonder kategorie
Dis iets waaraan ek my die naweek gruwelik aan skuldig gemaak het.
Ek het al gemeld dat ons hier ‘n internasionale kerk besoek. Die mense wat kom is letterlik vanaf die vier uithoeke van die windrigtings. Almal het darem ‘n basiese kennis van Engels. Daarom word die hele diens in Engels gelewer.
Die persone wat boodskappe lewer is egter meestal plaaslik, Engels is vir hulle heel dikwels 3e taal naas Nederlands en Frans en daarom soms ‘n redelike geradbraakte boodskap. Dus is dit heel dikwels die geval van “many a good sermon lost in translation”.
Nogtans sorg die koffie en kuier na die diens telkens vir ‘n aangename oggend.
Die afgelope Sondag word daar ‘n prediker voorgestel wat ek nog nie voorheen gehoor het nie. Die omie wat vorentoe loop is nie net bejaard nie, sommer al lekker oud. Die koppie knik al. Daarom maak ek my toe maar weer reg vir nog een van daardie boodskappe waar ek nie altyd weet presies wat bedoel word nie.
Tot hy begin praat – ‘n sterk duidelike stem en boonop ‘n uitstekende Engels wat hy besig.
Kan net ten slotte opmerk, nie net was dit ‘n uitstekende goeie boodskap nie, ek het ook weereens besef dat mens NOOIT iemand op sy voorkoms moet takseer nie.
postatdo het gesê op Maart 27, 2012
True!
HeavyHenry het gesê op Maart 27, 2012
🙂
benvanbruggen het gesê op Maart 27, 2012
n Mens moet meesal glo wat jy sien en daarvolgens oordeel. Een uit n duisend boemelaars is miskien
n knap mens. Betsy Verwoerd was onaansienlik maar
eitlik ou Hennerik se meerdere. Maar sy is ook n uitsondering.
TS het gesê op Maart 27, 2012
EN (skuus Lou) ook ouderdom!
monetsa het gesê op Maart 27, 2012
nes jy daar sê
avega het gesê op Maart 27, 2012
Dit gebeur so onwillekeurig, eerste indrukke tel ongelukkig baie 🙂
rosiemetdorings het gesê op Maart 27, 2012
Unfortunately something I am very often guilty of
rosiemetdorings het gesê op Maart 27, 2012
~
rosiemetdorings het gesê op Maart 27, 2012
Sy was werklik ‘n onpretensieuse ou mensie.
rosiemetdorings het gesê op Maart 27, 2012
die slaggat waarin ek so lekker getrap het
rosiemetdorings het gesê op Maart 27, 2012
stem saam met jou. Hierie ou man
het egter my eerste indruk van hom sumier die doodslag toegedien
rosiemetdorings het gesê op Maart 27, 2012
hoop ek onthou dit volgende keer as ek vinnig weer op die eerste oogopslag my opinie van iemand vorm
postatdo het gesê op Maart 27, 2012
We all do it, but you know what, most of the times we are actually right, plus, I would rather have the wrong opinion than no opinion at all. At least you can change your mind when you are shown the error of your ways.
Loergaatjie het gesê op Maart 27, 2012
Wys jou nou net ! 🙂
rosiemetdorings het gesê op Maart 27, 2012
vanmiddag weer met iemand oor sy boodskap gepraat – dit was nie net ek wat so beïndruk was nie