lente
Maart 27, 2012 in Sonder kategorie
Gister stap ek deur die strate en die woorde van Leipoldt se gedig Oktobermaand kom by my op
Dit is die maand Oktober,
die mooiste, mooiste maand:
Dan is die dag so helder,
so groen is elke aand,
en skielik tref dit my dat Oktober ses maande weg is.
Ons het die afgelope paar dae werklik lieflike weer. Blykbaar gaan dit egter net tot die naweek so bly.
Die lente is egter uitbundig mooi hier om my.
TS het gesê op Maart 27, 2012
Dis pragtig! Ek het gister ‘n epos van WordPress gekry waar jy foto’s van die kersiebome op gehad het maar toe ek by die blog kom is daar ‘n error boodskap. Iewers is daar iets fout Jy moet dal vir Roly vra?
Carol460 het gesê op Maart 27, 2012
Wow ! Nuwe lewe ! So mooi !
rosiemetdorings het gesê op Maart 27, 2012
Ek en WP kan mekaar nie vind nie. dalkies is ek te commin vir hulle
rosiemetdorings het gesê op Maart 27, 2012
Die bome is oortrek van bloeisels
loudavisi het gesê op Maart 27, 2012
Ek WIL nie nou aan lente dink nie.
Ek sien so uit na die winter en ek hoop regtig dit hou laaaaank aan!
xx
rosiemetdorings het gesê op Maart 27, 2012
Toemaar, volgende somer is jy nie meer ‘n slagoffer van atletiek in die skroeiende son nie
erikavz het gesê op Maart 27, 2012
Lekker – hier by ons word die dae so vinnig korter en sodra daai son sak moet jy al klaar trui aantrek.
rosiemetdorings het gesê op Maart 27, 2012
moenie dink ek loop al sonder enige warmding rond nie. dis darem gelukkig net nie meer so dik nie
loudavisi het gesê op Maart 28, 2012
Pst: Ek is alweer ‘n pos aangebied…die wortel hang geel en ryp voor die neus…ai en ek wou so graag aftree!
: )
Blikskottel het gesê op Maart 28, 2012
Te mooi vir woorde.
rosiemetdorings het gesê op Maart 28, 2012
die skool gaan jou terdeë mis en kan verstaan dat hulle jou probeer hou. Kan dit nie op jou voorwaardes gebeur nie?
Weet van die geelwortel! Deesdae slurp inflasie mens se geldjie so vinnig op dat jy 2X moet dink at die regte ding is om te doen.
rosiemetdorings het gesê op Maart 28, 2012
baie kortstondig maar baie intens
HeavyHenry het gesê op Maart 28, 2012
Nice!
rosiemetdorings het gesê op Maart 28, 2012
🙂
loudavisi het gesê op Maart 28, 2012
Dis ‘n Beheerliggaampos, SO geen buitemuurs nie….dan kry ek pensioen plus salaris. Ek sal maar bid oor die saak, want ek weet dat dit MOS nie by een jaar gaan bly nie EN ek wil nog vir Hartman met vakansie neem voor een van ons dooi neerslaan.
Trakie het gesê op Maart 28, 2012
Kannie wag vir die lente nie. Maar eers le daar ‘n laaaang koue winter voor. Oukei, nou nie so koud soos daar by julle nie.
rosiemetdorings het gesê op Maart 28, 2012
Hierdie lande is beter toegerus om die koue te hanteer.
weet nie of ek kouer omgewings as wat ons hier gehad het, sal kan hanteer nie
Perdebytjie het gesê op Maart 28, 2012
Pragtige foto!Maak my skoon mismoedig dat ons winter se kant toe staan.
I-like-silly het gesê op Maart 28, 2012
dis ‘n besonderse foto…kleure lyk baie soos ons kosmosse sin!!
rosiemetdorings het gesê op Maart 28, 2012
Die winters is oral vaal en morbied. dis net Lou wat nie Klawer se hitte kan hanteer nie en so lief is vir die winter
rosiemetdorings het gesê op Maart 28, 2012
Hierdie een boom se bloeisels was merkbaarmeer kleurvol as die ander