Motorfietsstorie by my gebruiklike fiets verhaal
Maart 26, 2012 in Sonder kategorie
Hierdie foto het my dadelik aan al die bikers op die blog laat dink.
Unieke bike stand
Dan weereens ietsie oor die fietse.
Ons was die naweek Maastricht toe. Die Maasrivier moet oorgesteek word om die anderkant van die dorp te bereik, waarvoor daar lieflike oorbrûe gebou is. Die Nederlanders is egter net sulke energieke fietsryers, en daar moet ook soms met ‘n fiets oor die brug gegaan word. Geen probleem. Langs die trappe is ‘n klein groef waarin die fiets se wiele net mooi pas. so maklik soos dit!
en nog so ‘n fietsfoto van ‘n parkade vir fietse.
HeavyHenry het gesê op Maart 26, 2012
Ooh ek hou van die chroom-voet!
postatdo het gesê op Maart 26, 2012
Great stand!
erikavz het gesê op Maart 26, 2012
Omtrent ‘n fiets nasie
hysmal het gesê op Maart 26, 2012
daai bike-stand is cool!
TS het gesê op Maart 26, 2012
hehehe … ek het nou so lekker gelag want ek vir jou vertel ons het ronde groewe langs die trappe en in die paaie … nou weet ek dis vir fietse.
loudavisi het gesê op Maart 26, 2012
Ek sukkel om my kar in ‘n mall se parkeer-area te kry…as my fiets in die onderste foto moet wees, sal ek moet wag tot almal huistoe gaan, dan sal ek weet die oorblywende een is myne!
; )
rosiemetdorings het gesê op Maart 26, 2012
geweet dit kan die manne aanspreek.
rosiemetdorings het gesê op Maart 26, 2012
so you are also a biker?
rosiemetdorings het gesê op Maart 26, 2012
Vreeslik. en jy loop eerder voor ‘n kar in as voor ‘n fiets. Hulle ry net.
rosiemetdorings het gesê op Maart 26, 2012
grillerig, maar uniek.
rosiemetdorings het gesê op Maart 26, 2012
Nou ja, nooit te oud om iets nuuts te leer nie
rosiemetdorings het gesê op Maart 26, 2012
Presies dieselfde gedagte wat by my opgekom het. 🙂
HeavyHenry het gesê op Maart 26, 2012
🙂
postatdo het gesê op Maart 26, 2012
I told Papeslaai the other day that I am seriously considering buying one. The only reason why I haven’t is the fact that I might be too old for what I want, which is a red Ducati, my dream bike. But maybe I should just close my eyes and jump, after all, how bad can I possibly look on a red Ducati dressed in leathers??????????
VirMyLiefling het gesê op Maart 26, 2012
Daardie gebeente het my glad laat ril!!
Carol460 het gesê op Maart 26, 2012
Sou kon maer word met die fietsryery ….
rosiemetdorings het gesê op Maart 26, 2012
Met al die lopery het ek nou al so effe afgeskud wat te veel van my was
rosiemetdorings het gesê op Maart 26, 2012
Kan ook nie sê dat ek liries kan raak oor daardie poot nie
I-like-silly het gesê op Maart 27, 2012
daai fiets park lyk amper soos die Argus se wegspring!!!
rosiemetdorings het gesê op Maart 27, 2012
en elke ou kry sy eie – ongelooflik
Carol460 het gesê op Maart 27, 2012
Ek moet dit dalk weer ‘n slag probeer…
Perdebytjie het gesê op Maart 28, 2012
Lekker blog!Daai staander het my laat uitbars van die lag..vindingryk!
rosiemetdorings het gesê op Maart 28, 2012
uitsonderlik!