so ietsie van alles

Maart 23, 2012 in Sonder kategorie

Toe ons net hier in België aangekom het, het ek my verstom aan die hope bakkerye waarvan die vensters almal vol soetgebak is. Die mense moet dit beslis koop want dit is oral.

 

Dan is daar die belegde broodjes.  Etenstye saan die rye tot buite die winkel soos die mense dit aanskaf.


 

Net gewone stokbrood met wat jy ook al daarop wil eet.  Buiten dat dit altyd kraakvars rolletjies is, weet ek regtig nie hoekom dit soveel lekkerder is nie – maar glo my hulle is flippen lekker.

Boonop is België ook wêreldwyd bekend vir sy sjokolade. Hier is letterlik hope sjokolade winkels.

 

 

Nou het ek nog nie eers gemeld van die wafel kiosks nie.  Jy ruik hulle so in die strate, veral op ‘n Saterdagoggend.

Hierdie inligting sou ‘n mens laat dink dat hierdie land se mense ‘n gewigsprobleem moet hê, wat nie die geval is nie.  Inteendeel, die groter figure is die uitsondering.

Die afgelope naweek het ek met iemand gepraat daaroor.  Sy reken dat die mense dalk ongesond mag eet, maar altyd baie min.

Die ander bydraende faktor is natuurlik dat die mense fietsry of stap om te kom waar hulle wil wees.  In Suid-Afrika besit elke student ‘n kar, hier besit elke student ‘n fiets. 

Of die volgende inligting korrek is, sal ek nie kan waarborg nie. Dis bloot deur iemand genoem dat sommige huisgesinne gladnie ‘n motor besit nie.  Gereeld sien mens ‘n fiets met saalsaktipe van sakke agter oor die carrier, of ekstra kindersitplek of aangehakte waentjie.  (Van al die fietse het ek al so baie geblog, dis nie waar nie).

 

Op hierdie huidige oomblik is ons 70jarige landlady besig om die grasperkie agter die huis te sny. 

Hulle is bedrywige mense.

Toe hoor ek nou die aand op ‘n joernaalprogram oor ‘n plaaslike televisiekanaal dat diabetis noemenswaardig begin toeneem.  Die spreker was van ‘n mediese fonds en die syfers wat hy genoem het, was nogal merkwaardig.

Eetgewoontes?  Ek weet nie.  lyk vir my asof hierdie mese steeds die eetpatroon van vorige geslagte kan volg.

Drinkgewoontes?  Kan hulle dit vir jou doen. My kennis is te beperk om te weet of dit ‘n rol speel.  Weereens dink ek dit is ook ‘n gebruik wat al van lank af aankom.  Onlangs geblog dat  hier al in 1366 ‘n bierbrouery was.

Sal dus vir my interessant wees om te weet wat die hoofbydraende faktor van die verhoogde voorkoms van Diabetis  by hierdie mense is.

33 antwoorde op so ietsie van alles

  1. Ek-Myself het gesê op Maart 23, 2012

    Ag nee nou is ek doodhonger! En lus n wafel!

  2. Daan2409 het gesê op Maart 23, 2012

    As ek reg onthou is Belgiese bier se alkohol inhoud 2% per volume en nie soos in SA 4.5 tot 5% nie. Dus kan jy baie meer inneem sonder die gevolge.

  3. postatdo het gesê op Maart 23, 2012

    Nice post & pics

  4. TS het gesê op Maart 23, 2012

    Sjoe hoe water my mond.

    Die is altyd interessant

  5. Jis,ek is ‘n soettand en sal myself hier verloor!
    Pragtige foto’s.
    Neem diabetis nie toe,omdat daar meer mense is nie,dus die verhouding tot die aantal mense bly dalk maar dieselfde?

  6. inadk het gesê op Maart 23, 2012

    Na die smakelose kos in Amerika het ek besluit mens se smaak sensasie moet bevredig word – anders hou jy aan eet . .en eet . .en kyk, daai Belgiese sjokolade is lekkerrrr (amper so lekker soos Noorweë s’n hehehe)

  7. louisna het gesê op Maart 23, 2012

    Beslis ni ‘n plek om te gaan diet nie:, bier tjoklits en koek

  8. net myself het gesê op Maart 23, 2012

    O liewe aarde Rosie, nou het ek ‘n craving vir soetgoed soos min! Daai vrugtetert goed lyk asemrowend lekker. Pos vir my enetjie, toe?

  9. Carol460 het gesê op Maart 23, 2012

    NJAM!!!

  10. nog nie gekyk nie, maar dink jy is reg.

  11. Tina, ek het nie eers gemeld hoe loop oud en jonk nou eensklaps in die strate af met ‘n roomys in die hand

  12. My soettand het effe gekrimp so oor die laaste 2 jaar, dus word ek nie juis verlei met al hierdie goed nie.
    Die voorkoms van diabetis is persentasie gewys uitgedruk. so die verhouding het verhoog

  13. sal ek nou moet gaan proe in Noorweë. 🙂 glo egter nie ons sal daar uitkom nie

  14. hulle is volop.

  15. jong, dit is ekstra lekker.

  16. moet sê hulle is nogal goed op die oog, weet egter nog nie hoe dit smaak nie. (kan jy glo ek word nie verlei nie ~)

  17. sal nie weer nie. 🙂

  18. weet jy, ek het nou net hier besluit dat ek tog ene sal moet aandruf, om darem te kan rapporteer of die goed so lekker is as wat dit lyk

  19. loudavisi het gesê op Maart 23, 2012

    Die vrugte (aarbeie en die foto langsaan) lyk tog baie gesond.

    My soettand het al as kleuter uitgeval.
    😀

  20. die vrugte is in so gelatien beslag geset wat ek vermoed taamlik soet is.

  21. HeavyHenry het gesê op Maart 24, 2012

    lekkerrrrr!

  22. sirpsa het gesê op Maart 24, 2012

    Jip, fietsry het sy voordele. En grassny.

  23. nice, nè.

  24. Goeie oefening

  25. erikavz het gesê op Maart 24, 2012

    Ek sal nie daar kan gaan bly of kuier nie – sal net nooit ophou eet nie, ek het so ‘n lekker soet tand wat vir niks skrik nie

  26. so snoep as wat ek altyd vir ‘n soetigheid was, so min kan ek deesdae omgee.

  27. HeavyHenry het gesê op Maart 25, 2012

    Jip!

    🙂

  28. Geniet alles maar net binne perke en jy sal okay wees.

  29. Wens ek kon julle almal “stick” met so werklike wandeling deur sommige van die plekke waarheen ons gaan.

  30. shlwanjan het gesê op Maart 26, 2012

    O yummyyummyyummyyummy!!!

    Hou my TERUG!

    In Frankryk was ons verstom om te sien dat by party van hierdie plekkies, net voor middagete, dan kreun al die rakke onder eetgoed, die ry staan by die deur uit, en daar is omtrent 10 personeel aan diens…en dan, so uur later, is daardie rakke leeg, die winkel is stil, en daar is een persoon wat die toonbank beman {-;

  31. ons was die naweek Nederland toe, ander tipe van eetgoed ook beskikbaar, maar ook sulke rye mense wat wag om geholpe te raak hier oor etenstyd

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.