are we there yet?
Maart 30, 2012 in Sonder kategorie
Maart 30, 2012 in Sonder kategorie
Maart 29, 2012 in Sonder kategorie
Een of ander bash was vroeër hierdie maand vir die studente gereël . Toe gaan die plaaslike universiteit een stappie verder en borg al die drank vir die aand. Seker net ‘n klein handjievol studente wat hierdie geleentheid deur hulle vingers laat glip het.
(ek vra om verskoning vir die swak kwaliteit van die foto)
As ek so na die foto kyk lyk het hulle dit terdeë geniet.
Na die geleentheid is daar toe aan die studente bekendgemaak dat hulle hulself wel kan geniet sonder die teenwoordigheid van alkoholiese drank – die geborgde drank was alkoholvry!
Iemand het by ‘n vorige geleentheid gemeld dat die Belgiese bier se alkoholinhoud dalk laer is as in Suid-Afrika. Wat dit daar is weet ek nie. Hier het ek ondertussen gaan kyk en gevind dat die gemiddelde inhoud so tussen 5 – 8% is, met die laeres van ongeveer 2.5% en die hoogste wat ek kon vind 11.2% alkohol.
Drank is vrylik op die supermarkte se rakke beskikbaar.
Ek verbeel my ek het gehoor hulle gaan die ouderdom om drank te kan koop na 16 verlaag, maar moet dit nie aanhaal nie want ek kan nie meer die bron van hierdie inligting onhou nie.
Hier is die volledige artikel. – nie werklik te moeilik om te lees nie, probeer gerus.
Maart 27, 2012 in Sonder kategorie
Gister stap ek deur die strate en die woorde van Leipoldt se gedig Oktobermaand kom by my op
Dit is die maand Oktober,
die mooiste, mooiste maand:
Dan is die dag so helder,
so groen is elke aand,
en skielik tref dit my dat Oktober ses maande weg is.
Ons het die afgelope paar dae werklik lieflike weer. Blykbaar gaan dit egter net tot die naweek so bly.
Die lente is egter uitbundig mooi hier om my.
Maart 27, 2012 in Sonder kategorie
Dis iets waaraan ek my die naweek gruwelik aan skuldig gemaak het.
Ek het al gemeld dat ons hier ‘n internasionale kerk besoek. Die mense wat kom is letterlik vanaf die vier uithoeke van die windrigtings. Almal het darem ‘n basiese kennis van Engels. Daarom word die hele diens in Engels gelewer.
Die persone wat boodskappe lewer is egter meestal plaaslik, Engels is vir hulle heel dikwels 3e taal naas Nederlands en Frans en daarom soms ‘n redelike geradbraakte boodskap. Dus is dit heel dikwels die geval van “many a good sermon lost in translation”.
Nogtans sorg die koffie en kuier na die diens telkens vir ‘n aangename oggend.
Die afgelope Sondag word daar ‘n prediker voorgestel wat ek nog nie voorheen gehoor het nie. Die omie wat vorentoe loop is nie net bejaard nie, sommer al lekker oud. Die koppie knik al. Daarom maak ek my toe maar weer reg vir nog een van daardie boodskappe waar ek nie altyd weet presies wat bedoel word nie.
Tot hy begin praat – ‘n sterk duidelike stem en boonop ‘n uitstekende Engels wat hy besig.
Kan net ten slotte opmerk, nie net was dit ‘n uitstekende goeie boodskap nie, ek het ook weereens besef dat mens NOOIT iemand op sy voorkoms moet takseer nie.
Maart 26, 2012 in Sonder kategorie
Hierdie foto het my dadelik aan al die bikers op die blog laat dink.
Unieke bike stand
Dan weereens ietsie oor die fietse.
Ons was die naweek Maastricht toe. Die Maasrivier moet oorgesteek word om die anderkant van die dorp te bereik, waarvoor daar lieflike oorbrûe gebou is. Die Nederlanders is egter net sulke energieke fietsryers, en daar moet ook soms met ‘n fiets oor die brug gegaan word. Geen probleem. Langs die trappe is ‘n klein groef waarin die fiets se wiele net mooi pas. so maklik soos dit!
en nog so ‘n fietsfoto van ‘n parkade vir fietse.
Maart 25, 2012 in Sonder kategorie
Vanoggend stap daar iemand so entjie agter ons en neurie ‘n melodie wat ek weet ek ken maar net nie kon plaas nie.
Net toe ek besluit nou gaan ek vir hom wag en vra wat die naam is, gaan hy by die deur van ‘n gebou in.
kan so-iets my nou pla!
Halfuur later kom dit toe na my toe – The skye boat song
Maart 23, 2012 in Sonder kategorie
Toe ons net hier in België aangekom het, het ek my verstom aan die hope bakkerye waarvan die vensters almal vol soetgebak is. Die mense moet dit beslis koop want dit is oral.
Dan is daar die belegde broodjes. Etenstye saan die rye tot buite die winkel soos die mense dit aanskaf.
Net gewone stokbrood met wat jy ook al daarop wil eet. Buiten dat dit altyd kraakvars rolletjies is, weet ek regtig nie hoekom dit soveel lekkerder is nie – maar glo my hulle is flippen lekker.
Boonop is België ook wêreldwyd bekend vir sy sjokolade. Hier is letterlik hope sjokolade winkels.
Nou het ek nog nie eers gemeld van die wafel kiosks nie. Jy ruik hulle so in die strate, veral op ‘n Saterdagoggend.
Hierdie inligting sou ‘n mens laat dink dat hierdie land se mense ‘n gewigsprobleem moet hê, wat nie die geval is nie. Inteendeel, die groter figure is die uitsondering.
Die afgelope naweek het ek met iemand gepraat daaroor. Sy reken dat die mense dalk ongesond mag eet, maar altyd baie min.
Die ander bydraende faktor is natuurlik dat die mense fietsry of stap om te kom waar hulle wil wees. In Suid-Afrika besit elke student ‘n kar, hier besit elke student ‘n fiets.
Of die volgende inligting korrek is, sal ek nie kan waarborg nie. Dis bloot deur iemand genoem dat sommige huisgesinne gladnie ‘n motor besit nie. Gereeld sien mens ‘n fiets met saalsaktipe van sakke agter oor die carrier, of ekstra kindersitplek of aangehakte waentjie. (Van al die fietse het ek al so baie geblog, dis nie waar nie).
Op hierdie huidige oomblik is ons 70jarige landlady besig om die grasperkie agter die huis te sny.
Hulle is bedrywige mense.
Toe hoor ek nou die aand op ‘n joernaalprogram oor ‘n plaaslike televisiekanaal dat diabetis noemenswaardig begin toeneem. Die spreker was van ‘n mediese fonds en die syfers wat hy genoem het, was nogal merkwaardig.
Eetgewoontes? Ek weet nie. lyk vir my asof hierdie mese steeds die eetpatroon van vorige geslagte kan volg.
Drinkgewoontes? Kan hulle dit vir jou doen. My kennis is te beperk om te weet of dit ‘n rol speel. Weereens dink ek dit is ook ‘n gebruik wat al van lank af aankom. Onlangs geblog dat hier al in 1366 ‘n bierbrouery was.
Sal dus vir my interessant wees om te weet wat die hoofbydraende faktor van die verhoogde voorkoms van Diabetis by hierdie mense is.
Maart 19, 2012 in Sonder kategorie
Hierdie is so ongelooflike verhaal, maar vrylik as e-pos boodskap beskikbaar dat ek glo die man sal nie omgee dat sy storie oorvertel word nie
Some fishing stories are a little hard to believe, But this guy has pictures to prove
his story…
I’ve heard of salmon jumping into boats, but never anything quite like this…Tom
Satre told the Sitka Gazette that he was out with a charter group on his 62-foot
fishing vessel when four juvenile black-tailed deer swam directly toward his boat.
“Once the deer reached the boat, the four began to circle the boat, looking
directly at us. We could tell right away that the young bucks were distressed.
I opened up my back gate and we helped the typically skittish and absolutely
wild animals onto the boat. In all my years fishing, I’ve never seen anything quite
like it!
Once on-board, they collapsed with exhaustion, shivering.”
“This is a picture I took of the rescued bucks on the back of my boat, the Alaska
Quest. We headed for Taku Harbour. Once we reached the dock, the first buck
that we had been pulled from the water hopped onto the dock, looked back as if
to say ‘thank you’ and disappeared into the forest.
After a bit of prodding and assistance, two more followed, but the smallest deer
needed a little more help.
This is me carrying the little guy.
My daughter, Anna, and son, Tim, helped the last buck to its feet. We didn’t
know how long they had been in the icy waters or if there had been others who
did not survive. My daughter later told me that the experience was something
that she would never forget, and I suspect the deer felt the same way as well!”
I told you! Awesome… huh?
Maart 17, 2012 in Sonder kategorie
Die plantjies stoot al vir geruime tyd hulle botseltjies en bloeiseltjies uit
vir 2 dae het die son uitbundig geskyn en dis ongelooflik wat die effek daarvan op die mense se doen en late is.
oral word gewoel en gewerfskaf…..
heelgemaak…..
en skoongemaak.
Kinders word park toe geneem
Die eienaar geniet die warmer buitelug voor sy kunsgallery
(kyk hoe die voertuie op die agtergrond almal in verskillende fases van deurgang in die straataansluiting is. Elkeen wag sy beurt af)
Hierdie student het sommer haar hele studeerhoek verskuif sypaadjie toe
agter haar kan mens net-net haar laptop sien
Maart 16, 2012 in Sonder kategorie
Onlangse kommentare