die 2e handse winkel II (P!)

Februarie 17, 2012 in Sonder kategorie

Weereens waarskuwing!  Kan vir sensitiewe siele aanstoot gee.

Ek het al voorheen vertel van die kringwinkel  (tweedhandse winkel) waar mens enige ding te koop kan kry.

Jip, die mense koop hierdie ook.

Omdat my huishouding hier na ‘n paar maande net so agtergelaat gaan word, koop ek nie die duurste wat ek kan bekom nie.

Hoewel die ou heel shabby gelyk het, was dit ‘n item wat nie so volop beskikbaar was nie, daarom het ek hom tog maar geneem (vir €0.50 wat net meer as R5.00 is).  Eerste maal wat hy gebruik word was sy lot beseël – moet saam terug Suid-Afrika toe. Hy sny soos geen ander broodmes in my huishouding nog ooit gesny het nie  – Solingen lem.  Gemaak in Rostfrei*

Hef wys al duidelike wear and tear.  Die lem kan mens duidelik sien was  nog nooit naby ‘n slypsteen gewees nie.

Ek is eintlik ‘n groot sucker vir ‘n mooi bord.  Hierdie outjies ook daar raakgeloop

No name maar mooi (€0.40)

Delft  (€4.00 – dis duur by hulle  – weet  wanneer ‘n artikel meer werd is.)

*Ken iemand wat niks van Duits af geweet het en gedink het Rostfrei verwys na die dorp waar mes gemaak is. Nie besef dis eintlik roesvry.

27 antwoorde op die 2e handse winkel II (P!)

  1. Daai mes moet beslis gepak word!
    Jy kan net ‘n nuwe handvatsel laat opsit.
    Ek sal beslis nie 2e handse onderklere koop nie……
    0_o

  2. Sal hulle dit in jou bagasie toelaat? Tradisionele wapen!

  3. Jeanne eintlik breek dit my hart om die mense daar te sien. Ek snuffel rond vir die aardigheid. Het al kinderjties se gesiggies sien blink oor ‘n 2e handse fiets

  4. In die ruim? ek hoop so. nie daaraan gedink nie.

  5. Adage het gesê op Februarie 17, 2012

    Dis baie mooi borde en Delft is waardevol mits dit nie krakies het nie.

    Ek het hier ‘n silikoon bedekte mes gekry en dis die beste een wat ek nog gehad het want hy maak nie krummels nie.

    Dankie maar nee dankie vir die onderklere MAAR dis ‘n goeie idee dat goed herverkoop word en nie in die asblik land nie 10 uit 10!

  6. TS het gesê op Februarie 17, 2012

    As jy nou terug kom dan verkoop jy nou weer die goedjies daar? Wat van linne?

  7. ek moet byvoeg dat al die klere nog in ‘n relatief goeie toestand is.

    By die huis het ek, buiten vir een bord vanaf skoonma, net pink delft.

  8. hulle vra so min vir die goed dat dit amper nie die moeite werd is om dit weer aan hulle terug te verkoop.
    Beddegoed en handdoeke het ons nuut gekoop – net genoeg vir nou.

  9. het jy nou fiemies? 🙂
    nee o gits, my seuns dra nie eers mekaar se onderbroeke nie.
    Ek is gelukkig enigste wyfie in die huis

  10. its odd what bargains are out there (good and bad)

  11. OEEEEEE,Ek soek daai borde !!!

  12. lots of time a shame wat an owner for a secondhand item will receive

  13. Soos jy duidelik kan sien is ek en tweedehandse winkels self groot vrinne

  14. ek is nogal heel in my noppies met hulle. dink nie ek wil weer daar inloer – hierdie goed sal ek alles wil terugvat na Suid-Afrika

  15. Ek is nou so lus vir ‘n snytjie van daai brood….sug
    Is mos swaar om broodloos te lewe en permanent lus te wees!

  16. Moenie laat ek uitvind waar jy bly nie. Die borde is lieflik !

  17. Dit was vir ons daglange treintrip hier af Switzerland toe. Daardie broodjie WAS lekker

  18. Die tipe winkels is ook in RSA en meeste ander lande waar ek al was. Mense kry swaar en daarom doen die winkels goed.

  19. STC het gesê op Februarie 18, 2012

    Na my ma se dood al haar goed gebring na my toe…en ook die “mes-wat-hou”, die skiller wat nog aartappels skil ens…vandag se goed is maar nie patch teen doerie jare sn nie.

  20. Die eerste een op daai hanger lyk na ‘n nommer twee-en-veertig!Seker nie sleg idee om by tweedehandse winkel te koop nie.Ek sluk net bietjie swaar aan die “panties”!

  21. ek weet – boer in Suid-Afirka ook in tweedehandse winkels. Hierdie word net baie drukker besoek

  22. nou praat jy!

  23. die kombuiseware wat ek daar gekpoop het gooi ek in kokende seepwater en voel tevrede om dit te gebruik.
    Sal nooit so voel oor onderklere nie!!!

  24. endlich het gesê op April 5, 2012

    hehe vir rostfrei!
    klink na so ‘n lekker snuffelplek

  25. is wonderlik om daar rond te snuffel

  26. Lola het gesê op Februarie 27, 2015

    Ek woon in Suid Afrika maar het familie oorsee. Waar is die kringwinkel met die Delf borde presies. Sal jy my laat weet groot asb.
    Dankie Lola Graham

    • @ Lola
      hierdie blog van my funksioneer al vir geruime tyd nie meer nie en ek het nou baie toevallig hier uitgekom.
      Hierdie was in Belgie

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.