Jy blaai in die argief vir 2012 Januarie.

iemand is sommer diep in die dinges

Januarie 13, 2012 in Sonder kategorie

Jammer dat ek die hele artikel sommer net ge- copy en paste het, het net nie lusgevoel om alles te vertaal nie.

aangesien die insident al meer as 3 jaar gelede plaasgevind het, is dit dalk ou nuus vir vele.  Dit was egter die eerste maal wat ek hiervan gelees het.

Sarah Ferguson was accused in her absence at a hearing in a Turkish court.

She was charged with going ‘against the law in acquiring footage and  violating privacy’ of the five children while filming undercover for a controversial documentary.

The crime carries a maximum term of 22 years in prison if convicted, although no trial date has been set.

The 52-year-old went to orphanages in Ankara and Istanbul in disguise with her daughter Princess Eugenie.

Posing as a wealthy Briton known as ‘Sarah’ and accompanied by potential ‘wealthy donors’, she made undercover videos to expose the ‘appalling’ conditions in state run orphanages.

It included footage of orphans dressed in rags and with shaved heads. Some of them were tied to their beds or left in cots all day.

Her footage, recorded for the Tonight show in November 2008, caused a diplomatic row.

The special edition led to outrage in Britain and claims of a smear campaign from the Turkish authorities.

Ferguson also filmed Romanian orphans. At the time of screening, she said: ‘I went as a mum, and I went because those children are silent whispers. And, quite frankly, I’m very happy, with [the] courage to stand by that film.’

It is not yet known why it took more than three years to file charges or whether a formal application for extradition has been made by Turkey.

The Foreign Office declined to comment.

 sal haar seker nie uitlewer nie, maar sy sal nie maklik weer in een van daardie lande kan inkom nie.

Die ou gesiggie lyk vir my maar heel verwese…….

Januarie 12, 2012 in Sonder kategorie

…….dalk is dit net my verbeelding.

hierdie is ‘n foto van Isaac wat iewers in Engeland in aanhouding is nadat hy op Heathrow lughawe aangekeer is.

Die rede vir sy aanhouding maak sin en ek weet nie wie die skuldige is nie.

Hy is een van ‘n groep van vier Cheetah’s vanaf Suid-Afrika onderweg na Rusland.  Die mikro-chip wat blykbaar benodig word vir so wettige transaksie kon nie  aan hom gevind word nie.

Op hierdie stadium is daar blykbaar nog nie sekerheid oor die afwesigheid daarvan nie.  Is dit ‘n glips of het die uitvoerders probeer om hom so skelm te laat deurglip.

Vir my lyk dit egter na ‘n baie onseker verwese dier wat daar sit – lyk my nie dit maak saak nie.

operasie karkoop.

Januarie 10, 2012 in Sonder kategorie

So tyd gelede was doring in ‘n groot ongeluk waarin ons kar totaal afgeskryf was.  Die aard van sy beserings was so dat hy nie gou kon bestuur nie, dus was die behoefte om die motor gou te vervang nie baie groot nie.

Alle moontlike opsies word bekyk en ondersoek.  Ons is nie haastig nie, dus kon ons ook besluit dat ons die kleur van ons keuse ook wou hê.

Kom op ‘n advertensie af van kar wat ons geval – Regte model, regte kleur, lae kilo’s, regte jaar model.  Op die die foto’s sien ons egter dat die kar ‘n towbar het wat ons toe laat wonder of die kar nie dalk te hard gewerk het nie en het gewonder of die eienaar sou erken.

Besluit toe op ‘n ander modus operandi.  Noem dat ons sien daar is ‘n towbar en wou weet of hy tevrede was met die voertuig se trekkrag.  Sy reaksie: Hy het ‘n “sturdy old Jurgens” wat hy met gemak sleep.  Ons weet wat weeg daardie “sturdy” goed en het toe maar verder gesoek.

StumbleUpon – letterlik, wat my ure se leesgenot verskaf het.

Januarie 10, 2012 in Sonder kategorie

Gestruikel oor of ook toevallig raakgeloop.

Dit is die twee logiese vertalings wat by my opkom as ek StumbleUpon raaklees.

Weet egter dat daar ‘n website bestaan met hierdie naam waar mens allerhande interessanthede kan raaklees. Hulle eie woorde:  We help you explore new and interesting things from every corner of the Web. Hier gaan mens dus doelbewus rondsnuffel, wat vir my die naam effe weerspreek, maar toemaar.

Gisteraand het ek regtig bloot toevallig op iets afgekom wat in my pad geval het sodat ek daaroor moes struikel.  En daar sit ek toe tot kleinvannaggie en lees.

Famous South African Crimes deur Rob Marsh

http://www.africacrime-mystery.co.za/books/fsac/index.htm


Universiteitsgelde.

Januarie 8, 2012 in Sonder kategorie

Hiermee sommer byvoorbaat my innige meegevoel aan alle ouers met studerende kinders.

Deur die genade is al drie ons kinders klaar met hulle studies – of so na daaraan dat dit nie meer ‘n finasiële las vir ons is nie. Hoewel dit broekskeur gegaan het, het ons dit oorleef en is so stadig maar seker besig om te herstel.  Kry gister egter erg skokkende e-pos van aanstaande skoondogter af.  Sy is in haar voorlaaste mediese studiejaar en haar klasgeld vir hierdie jaar is ‘n skokkende   R61 000.   Was verlede jaar ongeveer R48 000 vir elk van die laaste 2 jare – wat ‘n allamintige sprong

Brugge, met ‘n gh klank in die middel soos wat die locals dit uitspreek.

Januarie 6, 2012 in Sonder kategorie

Was al tydjie gelede daar, het nou eers die foto’s gesorteer.  Daar is egter so baie dat ek onmoontlik alles kan oplaai.

Ek weet dat heelwat bloggers ook al daar ‘n draai gegooi het.  Hoop dit bring vir julle goeie herinneringe


Noudat ek eers daar was verstaan ek waar die plek se naam vandaan kom. Hoewel ons so kort begeleide toer geneem het en die ou vertel het hoeveel sulke brûe in die dorp is, moes ek dit eers weer gaan google het. Meer as 50 word gesê en ons het by meer as die helfte van hulle nie eers uitgekom nie.

Daar word ook gepraat van die Venisië van die Noorde.  Net soos Amsterdam

Dit is ‘n uniekpragtige plek en die moeite werd om te besoek.

Ongelukkig ‘n absoluut toeris georiëerde dorp – duur.

  

         

    


Die toerleier, ‘n baie loviale vent, knoop met almal ‘n praatjie aan. Toe hy hoor ons is vanaf Zuid-Afrika, was hy dadelik by met ‘Cape Town’ Lyk my dis al Suid-Afrikaanse plek waarvan hierdie mense weet . Vertel hy dat hy ‘n ruk terug daar vakansie gehou het in die Kalkbaai omgewing maar dat daardie water net te koud was om in te swem. Dit was in die winter en die water sou flippen koud wees.


‘n paar geboue ook afgeneem terwyl ons so op die kanaal verby gevaar het.


  

ps: die nagfoto het kind geneem :-).  Hulle was heel naweek daar – ons net die een dag

modern versus histories

Januarie 5, 2012 in Uncategorized

?

Hierdie is ‘n ou blog van my en ek het na die foto’s gesoek wat ek hier geplaas het.

Weet nie hoekom verskyn dit nou op die blad nie

Een van die dinge wat my baie beïndruk in Europa is die manjefieke geboue wat na vele jare nog behoue gebly het of gerestaureer is.

Ons was egter verlede week na Luik (Liege is die Franse spelling) wat blykbaar die 3e grootste stad in België is.  Hier is ons begroet deur ‘n hipermoderne stasiegebou wat ook my mond laat oophang het.

Hoewel die gebou al klaar is, is daar op die oomblik nog heelwat konstruksie werk aan die pad wat voor die stasie verbyloop

en as jy jou rug op die stasie draai sien mens hierdie tipe van geboue

    

die tonnel wat na die perronne toe gaan was ewe eens indrukwekkend.

die vioolmaker

Januarie 4, 2012 in Sonder kategorie

Een van Doring se tydelike kollegas ontferm haar oor ons en nooi ons vir ‘n tipiese Belgiese ete.

pampoensop – nie romerig, maar waterig, dus nie so lekker.

witloof – sigorei  (amper soos maer langwerpige koolkoppe) in bacon toegedaai, met aartappelmash bedek, kaas bo-oor en gebak. Besluit self oor die smaak.

Nagereg – ys met sjokolade sous.  Ys is roomys en die sous gemaak van Callebaut sjokolade, waarvan ek nog nooit vantevore eers gehoor het nie.  sou nog bakke vol kon verorber.

Ons was egter nie baie lank daar nie toe hulle vertel dat hulle in Maart verlede jaar in Suid-Afrika was.  Oor hulle algeneme opinie ivm ons land se veiligheid sal ek later meer uitwy. 

Uit die gesprek blyk dit toe dat hulle nie sommer net  gaan toer het nie.  Iewers naby Bloemfontein is ‘n instelling wat hulle daarop toespits om aan kinders uit die voorheenbenadeelde era musiek te leer.  Soos dit maar gaan was die instrumente nie meer in watwonderse toestand en Wim het gaan help met die herstel daarvan.

Wim is ‘n vioolmaker van beroep.  Dit is egter vandag so duur om viole te maak dat hy hom nou toespits op die herstel van viole.

Natuurlik wou ons sy werkswinkel sien. Hy vertel dat viole op so grootskaal van China af ingevoer word teen ‘n prys waarmee hulle nie kan kompeteer nie.  Gelukkig, sê hy, is die instrumente nie altyd van vreeslike goeie kwaliteit nie, en dus is daar steeds werk vir hom.

Hy en Doring is toe na ander lokaal met blykbaar honderde gitare.  Een daarvan ‘n Gibson.  In hulle het ek nie belang gestel nie.

sekerlik een van die mees weirdste goed wat ek in lang tyd gelees het

Januarie 4, 2012 in Sonder kategorie

hierdie is beslis ‘n ongebalanseerde ma

vir verdere lees     

http://www.dailymail.co.uk/femail/article-2081674/Sarah-Burge-Human-Barbie-gets-daughter-Poppy-7-liposuction-voucher-Christmas.html

my laptop skerm – weet dis maar klein en hoop julle kan sien

Januarie 3, 2012 in Sonder kategorie

linker deel van die foto is eintlik die belangrike deel.