vreemde gedrag, maar so leer mens

Januarie 30, 2012 in Sonder kategorie

Laas week toe die son so wonderlik geskyn het, het ek mos die pad gevat en onderandere by die een bloemiste die foto van haar lieflike hiasinte geneem. (foto op vorige blog).  Daar het ‘n dame uitgekom en my gevra hoekom neem ek foto’s.  Dis was toe net mooi daar wat ek suiwer Afrikaans praat sodat sy kan hoor ek is nie van hier nie.  Verduidelik toe dat dit vir my mooi is maar kan dit nie met my saamvat nie.

Die naweek stap ons by ander bloemis verby (hier is hope van hulle) wat die allerlieflikste lelies  uitstal.  Omdat ek toe nou nie weer onder kruisverhoor wou kom nie, gaan ek in en vra die man sy toestemming om sy blomme af te neem.  Verduidelik vir hom dat dit ‘n Suid-Afrkaanse vriendin se verjaarsdag is en dat sy mal is oor lelies. Hy gee toe nie om nie maar stel die voorwaarde dat ek dit so moet doen dat die prys nie sigbaar is nie.

Vertel toe vandag vir iemand daarvan ek kry haar weergawe wat haar die afgelope naweek oorgekom het.

Op Saterdae in hier so straatmark met verskeie stalletjies.  Die een ou het toe die lieflikste granate en as lokmiddel het hy een oopgebreek.  Daar lê die pragtige granaatrooi pitte en sy neem ‘n foto daarvan.  Bevlieg die stalletjie eienaar haar en skel haar dat dit skending van sy privaatheid is.  Hy’t  blykbaar so tekere gegaan dat sy die produk wat sy by hom wou koop net so neergesit het, voor hom die foto’s delete het en weggestap het.

Daar is egter heel dikwels sulke unieke goed wat net vra om af geneem te word.  Maar ek en sy het nou onse lesse geleer en sal maar altyd eers vooraf vra.

en vandag was dit sulke tyd:

dit was inderdaad net so ‘n ou dun poeierlagie sneeu, maar alles was vir ‘n rukkie omtower in ‘n sprokieswêreld.

28 antwoorde op vreemde gedrag, maar so leer mens

  1. sirpsa het gesê op Januarie 31, 2012

    Ek stem. Daar’s goed wat smeek om afgeneem te word.

  2. Adage het gesê op Januarie 31, 2012

    Soos jy sê hulle loop hier tussen ons rond
    :-))

  3. TS het gesê op Januarie 31, 2012

    Dit sou darem lekker wees om saam met jou te stap

  4. Neander het gesê op Januarie 31, 2012

    Sprokies inderdaad.

  5. inadk het gesê op Januarie 31, 2012

    O, ek ken hulle . het so onder-onsie gehad in Vermont – toe draai ek om, praat met my vriendin in Afrikaans oor die weer terwyl ek bly vinger wys na die ontstoke vrou hehehe. .en sy word al kwater want sy reken ek praat oor haar! Jou fotos is droom-mooi!

  6. Nice kiekies!

  7. hoe kam mens dit dan ignoreer

  8. lyk my die Europeërs is maar effe wantrouige mense

  9. Praat jy! Gewapen met jou kamera

  10. Daardie wit lagie omtower wêreld en laat die skoon lyk

  11. Ina hier in België klink die Afrikaans ongelukkig baie soos hulle eie taal. Hier moet mens seker eintlik Engels praat – sal dit vir die toekoms onthou

  12. Chirpie het gesê op Januarie 31, 2012

    Sjoe, dis pragtig !

  13. Asemrowend !

  14. Die natuur is darem maar wonderlik !

  15. hulle vra om afgeneem te word

  16. Die blomme word meestal van Holland af ingebring – alles baie mooi

  17. onbeskryflik

  18. Ropie het gesê op Februarie 1, 2012

    Engels? Hehe… Engels is definitief nie ‘n totaal onbekende taal nie, selfs in België is daar mense wat Engels vertaan (LOL). Wat van Zoeloe as ‘n oplossing? 😉

  19. Ropie het gesê op Februarie 1, 2012

    ;-))

  20. voel nou effe beter, skip ander boodskap.
    Eintlik wil ek net hê hulle moet hoor ek is nie van hier nie – kan maar verstaan wat ek sê

  21. Ongeskikte mense!! Pragtige fotos. Dankie dat jy jou lewe waag vir ons. 🙂

  22. Dit is net ‘n plesier. 🙂

  23. Gaan voort met jou kamera. Jy sal nie in die tronk beland nie 🙂

  24. PS – watter camera en lens het jy gebruik?

  25. Paul ek is ‘n mik en drukker met wat hulle noem oorbruggings panasonic wat ek by een van die kinders geërf het.

  26. nee, glo darem ook nie so nie

  27. Well you have done very well with your ‘mik en druk’.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.