sonskyn
Januarie 27, 2012 in Sonder kategorie
Toe ek gisteroggend by die venster uitkyk, was dit om ‘n blou wolklose lug te sien en ‘n skaars sonskyn dag te beleef. Vinnig die “penthouse” aan die kant geruk, my tekkies aangetrek en die wêreld gaan verken. Maak nie ‘n fout nie, al skyn die son is die strale steeds baie flou. In die middel van die dag het my skaduwee steeds so ent van my af weggestrek.
Dit was so net na 11uur vanoggend geneem.
Die son is egter steeds so ver suid dat dat die skaduwees heel dag lank bly.
Die ergste koue kom volgens die weervoorspellers eers volgende week.
Dis wat ons blykbaar kan verwag.
lente is egter in die lug, al lê die temperature so laag.
TS het gesê op Januarie 28, 2012
Mens se kop werk mos nou anders Daai temperature kan mens amper nie glo nie
loudavisi het gesê op Januarie 28, 2012
Dis vrek koud!
Hier is ek amper oppad vir die eerste atletiekbyeenkoms – gaan so 40+ wees…sug – ok dis my laaste kleuresport en vlg Sa my laaste Sone-byeenkoms en die Sa daarna my allerlaaste een NWB byeenkoms…dan is ek klaar met atletiek in die verskriklike hitte vir ewig.
Ez gaan ook deelneem….sal iewers oor die naweek foto’s van hom waar hy eerste kom, opsit hehehiehie
😀
Loergaatjie het gesê op Januarie 28, 2012
Wow ! Die blomme is pragtig ! Hier in Suid – Afrika brand die son vir jou dood as hy jou alleen kry. Dit is verskriklik warm !
HeavyHenry het gesê op Januarie 28, 2012
Jis dis koud en miserable – ek kan die skaduwee nie glo vir 11 uur innie oggend nie – dit moet sommer tos wees!
rosiemetdorings het gesê op Januarie 28, 2012
Niks het verander nie, buiten vir die aardskudding wat ek hoop wegbly.
rosiemetdorings het gesê op Januarie 28, 2012
Gelukkig dra ek nou permanent my bril, dit keer die koue wind uit mens se oë
rosiemetdorings het gesê op Januarie 28, 2012
Ek wag vir die foto. Sterkte met die hitte saam. Suid-Afrika is nie gemaak vir somersportsoorte nie. Behalwe swem, maar dan sit die ouers in die bloedige hitte en wag
rosiemetdorings het gesê op Januarie 28, 2012
Ja, hitte tap al jou energie.
Kan aantrek teen die koue. Voel net baie dik en ongemaklik.
rosiemetdorings het gesê op Januarie 28, 2012
sien min mooi tuine. die mense hou dit alles so in potte aan.
rosiemetdorings het gesê op Januarie 28, 2012
Die straatjies wat so smal is en die geboue so opmekaar maak dat die son nie eers oral kan inskyn nie
HeavyHenry het gesê op Januarie 28, 2012
Veral as hy so laag bly!
Loergaatjie het gesê op Januarie 28, 2012
Waaruit bestaan die tuine ? Gras, plaveisel ?
rosiemetdorings het gesê op Januarie 28, 2012
die ouer dele is al die huise direk op die sypaadjie gebou. Die wat effe agtertoe is , het baie grondbedekkers. nuwer uitbreidings het meestal gras en struike in hulle tuine – baie sipresse
Loergaatjie het gesê op Januarie 28, 2012
Eintlik slim, want dis makliker om netjies te hou
Trakie het gesê op Januarie 29, 2012
Janee, dis ‘n laaaaang skaduwee daai vir 11uur in die oggend.
rosiemetdorings het gesê op Januarie 29, 2012
Die sonnetjie trek maar baie skuins hier verby
verbeeldingsvlug het gesê op Januarie 30, 2012
stuur bietjie van die koelte hierdie kant toe. 🙂
lora2me het gesê op Januarie 30, 2012
Hiasinte ruik so lekker. ‘n Mens plant hulle mos sommer in klippies en water. Jy sal maar die sonskyn moet bottel, rosie.
Modigliani het gesê op Januarie 30, 2012
*brrrrrrrrr*
rosiemetdorings het gesê op Januarie 30, 2012
Ek verstaan dat julle so uitkaiing
rosiemetdorings het gesê op Januarie 30, 2012
Daardie blomme se geur het so oor die hele sypaadjie gehang
rosiemetdorings het gesê op Januarie 30, 2012
Van gister af het ons behoorlik begin Brrrr. ligte sneeu flurries vanoggend gehad
Madhatter het gesê op Februarie 1, 2012
Daai foto is so mooi en werklik ek ruik daai Hiasinte tot hier. 🙂
rosiemetdorings het gesê op Februarie 1, 2012
hulle geur het sommer so in die lug gehang.