oor misdaad en geweld in Suid-Afrika

Januarie 22, 2012 in Sonder kategorie

Hierdie is nie ‘n navorsingsverslag nie, het geen wetenskaplike waarde nie en moet bloot gelees word vir wat dit werd is. Ek gaan nie doelbewus uit om mense hier in Europa se opinie oor Suid-Afrika in te win nie.

Ons moet egter telkens ons land van herkoms meld, soos byvoorbeeld by die ziekefonds. Hier het die klerk wat ons gehelp het dadelik vir ons vertel het hoe hy jare gelede deur Zuid-Afrika getoer maar dat hy nou nie meer op sy gemak sal voel om so trip te onderneem nie.

Een dame het met groot oge gevra of dit waar is dat ons gewapende mense huur en betaal om ons huise op te pas. Dit is hulle persepsie van sekuriteitsdienste waaraan menige Suid-Afrikaanse huishouding deesdae behoort.

Die vioolmaker en sy vrou vertel hoe hulle tydens hulle besoek aan Suid-Afrika nie dadelik hulle pad kon vind nie en hoe hulle by ‘n taxi-rank* uitgekom het. Die benoudheid van al die stories wat hulle al gehoor het van die wilde land, het vir hulle ‘n klompie benoude oomblikke besorg.

‘n Meisie wat nog deeltyds studeer en tydelik aflos in departement waaraan Doring verbonde is was al voorheen in Suid-Afrika en wil graag weer gaan. Sy meld egter dat dit ook maar duur is. Doring stel toe voor dat sy moet aansoek doen om as uitruilstudent te probeer gaan. Nee, het sy geantwoord, hulle uitruilprojek met Suid-Afrika is gestaak toe hulle 2e uitruilstudent daar geskiet is. Tien teen een was hulle waar hulle nie moes wees nie. ‘n Student is mos altyd meer avontuurlustig en dan kon onkunde ook ‘n rol speel.

By die internasionale kerk waar ons inskakel, het ons ‘n Belg ontmoet wat vertel het dat hy vir 22jaar in Suid-Afrika gebly en gewerk het en nou so amper vyf jaar weer terug is in België. Dat hy dit geniet het daar maar nie sommer weer sal terugkeer na Suid-Afrika. Toe ons heelwat later sy Suid-Afrikaanse vrou ontmoet vertel sy ons dat hy by die dood omgedraai het nadat hy tydens ‘n gewapende rooftog in die maag geskiet was.

Die mense by wie ons in Duitsland was oor Kersfees, beplan ‘n besoek aan Suid-Afrika vroeg in 2013. MAAR net na Kaapstad en omgewing. Hulle idee van Johannesburg is iets soos Cowbow flieks waar die skote gedurig klap.

Nog ietsie wat eintlik nie by my vertelling pas nie, maar wat ek ook hier byvoeg.

Gister saam met ‘n oud-student van Doring wat homself ook hier bevind, gaan uiteet. Tipies ons mense raak ons toe nou liries oor die vryheid wat ons hier geniet. Ons gaan na ‘n konsert, loop laatnag terug na bushalte deur verlate kantoorblokke en voel heel veilig. Meisies ry donkernag met hulle fietse rond. Toe vertel hy ons van sy Belgiese hoof se opmerking. Hy bly in ‘n woonbuurt net buite Brussels waar daar toenemend Noord-Afrikane begin intrek het – hulle waag dit nie meer saans laat alleen op straat nie.

*huurmotorstaanplek klink net so yslike mondvol

44 antwoorde op oor misdaad en geweld in Suid-Afrika

  1. Jaa, die probleem is dat dit basies net wit Afrikanewrs is wat buitelands rondreis, want hulle kon lekker geld opgaar onder apartheid, maw, die ingeteelte afrikaner is die enigste sg Suid Afrikaner waarmee die Buitelander ongelukkig ooit te doen kry!!!
    Maw, jy kan raaai, dis haat en leuens volstoom…
    Net vir die rekord, ek het l letterlik honderde buitelanders ontmoet wat al in SA was, en nie een het al ooit enige misdaad beleef nie, en ALMAL was oor hul ore verlief op SA, indien julle twyfel gaan kyk somme rnou op reisiger blogs en kommente op reisblaaie…die Afrikane rwil SA in ‘n gat druk, en dis skande!!
    Ek reis dikwels, en SA is een van die veiligste lande ter wereld, waar misdaad steeds VAL!! Baie ander lande klim misdaad…en impliseer jy nou dat mense van Noord Afrika is misdadigers???
    Dis tog een van die mees misdaadvrye gebiede in wereld!! Jy praat KAK!! Geen balans nie, en bloot jou eie verrotte vooroordele…trek dan Belgia of NZ toe asb…ek wed joud aar word meer buitelandse studente vermoor in NZ of OZ of EU as in SA??? Wats die wed?????

  2. Onlangs tydens die WB toernooi in SA het 1 miljoen besoekers na willekeur vir een maand lank SA platgery, en daar was nie een noemenswaardige insident nie!! Waar in die wereld sal jy dit ooit kry waar???

  3. TS het gesê op Januarie 22, 2012

    Wens daar wat iets om die teendeel te bewys.Ek sou dit graag so anders wou hê Aan die ander kant het die man hieronder ook ‘n punt beet. In die WB tyd was daar min voorvalle en in ander lande word mense darem ook besteel.

  4. Ek sien Sonskynmens Francois is weer op sy stukke met sy positiewe kommentaar en vriendelike geaardheid.

  5. Neander het gesê op Januarie 22, 2012

    Nee wat jy spreek waar, die statistiek praat.

    Onthou sommer ook, Afrika het NOG nie die wiel, skêr en skarnier ontdek nie.

  6. louisna het gesê op Januarie 22, 2012

    Mooi geskryf. Ja, die persepsie oor SA is nie positief nie. Jy eet seker lekker tjoklits daar in België. Stuur groete aan Mannekin Pis.

  7. Francois, die meeste ryk mense in SA is deesdae swart..jy moet die karre sien waarin hulle ry, hulle huise is stunning! Ons wit mense raak al hoe armer, want ons gee, is betrokke by fondsinsamelings, organiseer voedingskemas ens. Ek het nog nooit ‘n bruin of ‘n swart mens gesien wat vir die bedelaars op die keffiestoepie hand in die sak steek nie. Ek dink die wiel draai vinnig. Buitendien is dit meestal swart mense wat buiteland toe toer in hulle private jets.
    Jy moet bietjie wakker word, hoor!

  8. Die buiteland hoor mos net die sleg, Rosie….hier is sekerlik meer “goed”
    Goeie skrywe.

  9. Moenie reageer op Francois se skrywes nie.Dis sy standaard gesprek wat hy al die afgelope vier jaar op SeNet voer.Niks wat jy se,sal hom van dieselfde sanikende ou storietjie afkry nie!

  10. Wat sal ons tog sonder hom doen?My dag is sommer opgekikker by die lees van sy gewone ongegronde spoegsels!

  11. Statistieke is teen die ANC regime, sover dit misdaad aangaan. Hulle doen egter alles wat hul kan om ook daar hul kaders in te wurm ten einde dit so te verdraai dat dit hulle saak pas. Dis net ons gewone mense wat kan seker maak die warheid gaan uit na elke oor op die aarde…en glo my die internet help baie met dit. Ongelukkig dink ek hulle gaan daai gate ook probeer toestop, dis ‘n kwessie van tyd.

  12. zephur het gesê op Januarie 22, 2012

    Daai negatiewe persepsie sal nie vinnig verander nie, indien ooit weer…

  13. Come to sunny South Africa!

    Our criminals need the turnover!

  14. ek wou hom eers antwoord, maar het besluit om nie my tyd en my asem te mors nie

  15. Tina, daar was omtrent net soveel sekuriteits beamptes as toeskouers tydens WB.
    ongelukkig weet ek ook van mense wat juis in daardie tyd aangeval was. Was nêrens in enige nuus nie

  16. kan hulle al behoorlik lees en skryf?

  17. Ha ha! jy sal my nie glo nie, net voor ek jou kommentaar kom lees het ek eers gou opgestaan em myself met so ronde bruinetjie behelp

  18. hierdie ouens is bekommerd want fietsdiefstal begin kopuitsteek!! en dit haal die koerante. My kinders se fietse is al in die 90’s gesteel

  19. die Europeërs wat ek tot dusver mee gepraat het weet van 3 goed : Kaapstad met Tafelberg, die Krugerwildtuin en dan Suid-Afrika se geweld en misdaad.

  20. turnover of targets!

  21. …..beslis nie in ons tyd nie

  22. in Suid-Afrika sal jy nie eers altyd van ‘n moord in Gauteng in die Kaapse koerant lees nie. en ja hier is dit nasionale nuus. ek onthou nog laasjaar Maart toe die meisie vermis geraak het in UK was dit dae lank hoofnuus

  23. Bytjie, hy is maar daar vir die balans van die lewe.

  24. avega het gesê op Januarie 22, 2012

    Toe ek jonk was as uitruilstudent moes ek ons land verdedig. Ek was verleë oor ons apartheidsregering en het altyd probeer verduidelik dat dit complicated is. Toe was die druk van oorsee om swartes ‘vry’ te maak. Nou het ons ‘n swart regering en ek moet weer ons land se situasie verduidelik. En nou wil dieselfde kritici nie hierheen kom nie? Ek dink ons land is net te kompleks om ooit onemosioneel daaroor te voel.

  25. Ek en FW is hoeka lankal pelle Perdebytjie…ken hom en sy negatiwiteit oos blankes in SA ook al amper 4 jaar.
    😀

  26. Net Lou se hart is grootgenoeg dat daar vir FW ook ‘n plekkie sal wees. 🙂

  27. Mens raak seker maar gewoond aan waar jy bly. Ek voel nie onveilig nie. Ek is wel bekommerd of my kinders gaan werk kry as hulle klaar studeer het.

  28. Kan in alle eerlikheid ook nie sê dat ek onveilig voel in my eie huis nie. Ons het egter diefwering, veiligheidshekke, mure regom die huis, ‘n alarmstelsel wat gekoppel is aan ‘n ‘armed respons’ groep en twee honde (Keffertjies) wat in die huis slaap

  29. Dieselfde hier. Dit is maar hoe dit is, maar ek is gewoond daaraan

  30. Elke buitelandse persoon se persepsie van SA word seker gekleur deur wat hy ervaar het toe hy hier was, of deur wat hy lees. Ek glo daar is ook mense met baie positiewe persepsies. Dit is waar dat misdaad baie mene onveilig laat voel. Ek dink vir ons op die platteland is dit nog minder erg as in stede, hoewel ons ook al ons kwota inbrake gehad het en dit beslis toeneem. Jarre gelede, voor 1994, is die tannie in die huis langs ons vermoor deur ‘n gevangene wat daardie selfde dag op parool vrygelaat was. Tog is die misdaad in ons buurt selde op geweld gemik. Aan die einde van die dag het alle lande misdaad, sommige net heelwat meer as ander. Ongelukkig is ons land een van die met die meer misdaad as ander…

  31. wat my net opval is dat ons land se misdaad heel eerste bespreek word. Dan sal hulle oorgaan en vertel dat hulle graag vir Tafelberg en die Krugerwildtuin sal wil sien

  32. Jip,diesulkes is maar altyd met ons!

  33. Diep in sy hartjie weet hy presies waar hy vandaan kom.Hy protesteer heeltemal te veel!
    Aag nou ja,sonder hom sou dit seker vaal wees hier.

  34. jy is reg, ja.

  35. Jy het seker die deel gemis wat duidelik wys dat meer plaas aanvalle as gewoonlik oor die tyd plaas gevind het…en ook oor die rooftogte op besoekers in gastehuise ens..

  36. Blik, dit was daardie tyd totaal uit die nuus gehou. jy sien ek redeneer nie eers met die “goed ingeligde” skepsel nie

  37. Ja, dink jy’t sterk punt daar beet.
    Doring wil onderhandel om te kyk of ‘n uitruilooreenkoms weer ingestel kan word

  38. Dankie vir hierdie stuk Rosie. Ons het in 1998 die geleentheid gehad om na Kanada te immigreer en na baie wik en weeg het ons met soveel hoop in ons harte hier gebly en geglo hierdie land is anders. Nou na al die jare is ek spytdat ek my kinders nie na ‘n beter plek gevat het nie. Nou is helfte van hulle landuit en die ander sukkel om behoorlike werke te kry. Dis regtig hartseer en vandag is ons te oud om ‘n verandering te maak.

  39. ons sal beslis ook nie kan verander nie, oons oudste is reeds in Londen, weet nie vir hoe lank die ander sal kan werk in SA.

  40. Die laaste paragraaf spreek duidelik oor die rol van ‘n veranderende demografie. Gedurende die 1960s was dit veilig om op busse en treine te ry. Snags kon jy veilig in Kaapstad rondloop. Die demografiese verandering na die afskaffing van instromingsbeheer het die veiligheidssituasie in die Wes-Kaap drasties laat agteruitgaan. Die Johannesburg SBD was voorheen redelik veilig en Hillbrow was ‘n gewilde besoek-area saans. Nou is albei vuil en gevaarlike agterbuurte.

  41. Ek vermoed hy is ‘n bewoner van ‘n parallelle heelal, met ‘n Aarde waar die ANC Suid-Afrika laat floreer – geen onbevoegde of korrupte amptenare, werkloosheid of misdaad nie.

  42. Jy herinner my nou weer daaraan dat ek een skool/univ vakansie in Johannesburg gaan verpleeg het. Sondagaande na kerk het ons in Hillbrow gaan rondloop waar alles en almal nog heel aan die gang was.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.