die ontlening van woorde uit ‘n ander taal

Januarie 17, 2012 in Sonder kategorie

As kind het ek by my ma raas gekry as ek ‘n Anglisisme gebuik het. Die bure se dogtertjie het altyd gevra vir ‘n stukkie brood met jam, asseblief antie. Dan wou my ma die piep kry.

Vandag gooi ek heel dikwels meer as net af en toe sulke erge Engelse woorde in my algemene gesprekvoering.

Hier in Belgi ë is ook twee ampstale naamlik Vlaams (wat maar Nederlands is) en Frans.

So kom ons agter dat die Vlaamssprekendes ook Franse woorde ontleen en gebruik.

Kersfees is ek telkens in die winkels gevra of dit ‘n “kadoutje” is.  Naderhand agtergekom dat dit verwys na ‘n geskenk, en dan het hulle dit vir jou baie mooi toegedraai in geskenkpapier met lieflike strikke daarby. Die woord het ek gaan opsoek en die volgende gevind: die Franse woord vir geskenk is cadeau. Sekerlik is daar ander ook wat ek net nog nie gehoor het nie.

Ek hoor soms woorde wat in Afrikaanse redelik in onbruik geraak het, maar wat wel nog in die Nederlandse woordeskat voorkom.  Moet dit eitlik neerskryf want ek kan nou om die dooie dood nie ‘n enkele een onthou nie.

Soms ook in Suid-Afrika Engelssprekende mense gehoor wat weer Afrikaanse woorde gebruik, soos demurin.

34 antwoorde op die ontlening van woorde uit ‘n ander taal

  1. avega het gesê op Januarie 17, 2012

    Ek het nie die Franse Belge baie vriendelik ervaar toe ons daar was nie, hoe ervaar jy die verskillende groepe?

  2. Hulle wil nie Nederlands praat nie (kan ook nie juis nie) en kan nie Engels praat nie.
    Ons is gelukkig in erg Vlaamse gedeelte, kry dus min met hulle te make

  3. fanjan het gesê op Januarie 17, 2012

    Dis baie oulik om hierdie omruilings te sien. Dit het ook algemeen in die antieke tye voorgekom. Magic !

  4. Dis nou interessant!
    Jam is mos nou aanvaar in afr..so raak ons taal meer kleurvol.

  5. Neander het gesê op Januarie 18, 2012

    Dat vind ik heel leuk.

  6. TS het gesê op Januarie 18, 2012

    Ek was altyd ook baie erg kwaai op die skoolkinders… as die stomme goedjies praat van ‘n kar het ek sarkasties gewonder of dit ‘n donkie of perde was. Noudat ek losgelaat is kry ek soms skaam

  7. Daar is ‘n paar horribale (hie hie hie) anglisismes.
    Ek het ‘n vriendin (ver oor die blou see), wat in Nederland bly. Die laaste keer wat ek en sy saam gekuier het moes ek mooi luister om te verstaan, sy praat nou die suiwerste Afrikaans maar met die Nederlandse intonasies en klemme.

  8. Ek weet die Hollanders praat so engels en afrikaans gemeng en selfs die franse het nou Engelse gesgdes ingegooi soos bv le weekend..
    Maar erger was wat ek nou die dag op die afrikaanse TV program hier in SA gehoor het kry jy seker nie.
    Ons begin klink soos ‘n kommin lot ongeletterde bywoners
    🙁

  9. endlich het gesê op Januarie 18, 2012

    soos “yunivesithi ya freistata”
    bly vir my snaaks

  10. kan glo dat mense van altyd af mekaar se spreektaal kon beïnvloed

  11. Lou, sy’t ook van hulle yards (erf) gepraat waaroor Ma ook haar wenkbroue gelig het

  12. ons “lekker” al te maklik . die Belge waarmee ons gereeld kontak het verstaan al as ons dit volgens hulle in verkeerde konteks gebruik

  13. Ja snaaks kar en garage ipv motorhuis was die twee woorde wat nogal nie so saak gemaak het nie

  14. Geen Engelse invloed, sal haar taal baie suiwer hou

  15. Sorry word ook hier vreeslik baie gebruik

  16. Dis ‘n heel nuwe taal wat besig is om te ontwikkel. McDonalds sal ook een van die dae Buga’s verkoop

  17. Daaraan is ek skuldig
    🙁

  18. inadk het gesê op Januarie 18, 2012

    Klomp jare gelede het ek ene oom Louis Trichardt ontmoet wat in sy 70’s die 1e keer in SA kom as nageslag van Afrikaanse mense in Argentinië – en hy het wonderlike ‘ou’ Afrikaanse woorde gebruik wat ons nie meer ken nie!

  19. Daar is pragtige menige woorde wat totaal in onbruik geraak het

  20. *grin* virrie demurin…

  21. endlich het gesê op Januarie 18, 2012

    eish

  22. 🙂

    Eintlik die Doring in my vlees se kalf waarmee ek so lekker geploeg het

  23. Hei – solank die kalf ploeg…

  24. “grin” ek ook nou vir Henry wat so skerp is!!!!

  25. nuwe woord. 🙂

  26. Wat is ‘n tyre in Engels ?

  27. net soos vir reverse is daar nie Engelse woord vir tyre nie. :-))

  28. Chirpie het gesê op Januarie 18, 2012

    Jy bedoel agteruit reverse. He – he !

  29. jy verstaan presies waarvan ek praat

  30. Ropie het gesê op Januarie 20, 2012

    Dagsê Roosdoring.
    In België is daar nie twee amptelike tale nie, daar is drie! Die ampstale is Nederlands, Frans en Duits. Ek weet, in België sê die mense ‘vlaams’ vir Nederlands maar offisieel is die ampstaal Nederlands…

  31. Dis vir my soms moeilik om op die regte Afrikaanse woord te kom. 28 jaar in die korporatiewe wêreld waar Engels hoofsaaklik die voertaal is en dan is ek die afgelope 26 jaar met ‘n Engelsman getroud. maar ek kom agter dat die gewone SA-ner gereeld die tale bietjie meng.

  32. my ma was nog ‘n volbloed taalpuris, het my so grootgemaak en ek het ‘n Afrikaanssprekende man. nogtans is ek ook maar heel dikwels lekker skuldig

  33. I bow to your superior knowledge

  34. Ropie het gesê op Januarie 21, 2012

    Hehe moenie nou oordryf nie.. LOL

    (Ek dink jou ma sou raas oor daai Anglisismes in jou antwoord..)

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.