nog ietsie oor Leuven
Januarie 14, 2012 in Sonder kategorie
Gister was weer ‘n pragtige dag (Steeds koud, maar ‘n flou sonnetjie so van tyd tot tyd) en omdat ek op ‘n punt na regs ipv my gebruiklike links afdraai geneem het, het ek weer op plekke verbygeloop waaraan ek my net verstom het.
Die straatjies is smal en die geboue smal en opmekaar.
Dan maak die pad ‘n kronkel en ek kom op die besonderse standbeeldjie af. Sommer so tussen die geboue en huise.
net ‘n ent verder stap ek by hierdie huis verby en ek kan nie help om te wonder of daardie dakkie nie aandag nodig het nie.
longhhu het gesê op Januarie 14, 2012
==== http://www.fashion-long-4biz.com ====
Wholesale Cheap Nike shoes with discount jersey, High quality T-shirts,ED hardy t-shirts,ED Hardy hoodies,ED hardy shoes,ED hardy Jeans,Evisu shoes,GUCCI shoes,LV Handbag,Chanel Handbag……welcome to
Nike shox(R4,NZ,OZ,TL1,TL2,TL3) $33
Handbags(Coach lv fendi d&g) $33
Tshirts (Polo ,ed hardy,lacoste) $16
Jean(True Religion,ed hardy,coogi) $30
Sunglasses(Oakey,coach,gucci,Armaini) $12
New era cap $9
Bikini (Ed hardy,polo) $18
==== http://www.fashion-long-4biz.com ====
rosiemetdorings het gesê op Januarie 14, 2012
ja joune ook – in ‘n mandjie!!!!
HeavyHenry het gesê op Januarie 14, 2012
gebruik tog die skrap knoppie, toe!
loudavisi het gesê op Januarie 14, 2012
Ek verstom my oor hoe skoon die plekke daar is..
xx
gobetween het gesê op Januarie 14, 2012
Pragtig tussen die huise.
Carol460 het gesê op Januarie 14, 2012
Dit lyk soos storieboekprentjies
TS het gesê op Januarie 14, 2012
Kyk net hoe groen is daai boom se stam al
Madhatter het gesê op Januarie 14, 2012
Ag Rosie dis so mooi. Hoe oud is die laaste gebou? Weet jy dalk?
rosiemetdorings het gesê op Januarie 14, 2012
Hierloop mense met sulke groot stofsuieragtige tuigies rond en suig alles op wat rondlê.
rosiemetdorings het gesê op Januarie 14, 2012
Nee ongelukkig weet ek nie. Baie huise het nogal hulle steentjie met jaartal ingemessel, maar kon nie een op hierdie gebou sien nie
rosiemetdorings het gesê op Januarie 14, 2012
Dis mos wat so op die stamme groei van al die nattigheid en min son
rosiemetdorings het gesê op Januarie 14, 2012
Ons woonstel is so tussen die dakbalke, met net skuins dakvensters. Is egter nie so ou gebou nie.
rosiemetdorings het gesê op Januarie 14, 2012
Heel anders as waaraan ons gewoond is.
rosiemetdorings het gesê op Januarie 14, 2012
Ek kan elke dag stap en nie genoeg kry van die anderse mooiheid van die geboue nie
louisna het gesê op Januarie 14, 2012
Pragtig
avega het gesê op Januarie 14, 2012
Pragtig. Die onderhoud kos die mense seker baie.
Blikskottel het gesê op Januarie 14, 2012
Die ou geboue in Europa spreek darem van klas en duidelik ‘n ander tyd.
rosiemetdorings het gesê op Januarie 14, 2012
Hulle word goed instand gehou en bewaar.
shlwanjan het gesê op Januarie 14, 2012
ai, dis so mooi…
Adage het gesê op Januarie 15, 2012
Ek kan Holland sien maar ook Duitsland (noord).
Rosie het julle al aal geeet?
bloukaap het gesê op Januarie 15, 2012
great fotos
rosiemetdorings het gesê op Januarie 15, 2012
Paling? Jare terug een maal – gag goete
rosiemetdorings het gesê op Januarie 15, 2012
Haai Thx!!
Adage het gesê op Januarie 15, 2012
Dit lyk soos ‘n slang en die noord Duitsers eet dit baie graag en sluk dit af met skoon alkohol…
Ek het nog selde in my lewe so swaar aan iets geeet.
rosiemetdorings het gesê op Januarie 15, 2012
die skoon alkohol word hier sommer so op die supermark se rakke saam met die ander drank verkoop.
rosiemetdorings het gesê op Januarie 15, 2012
sal in die toekoms. 🙂
HeavyHenry het gesê op Januarie 15, 2012
🙂
Adage het gesê op Januarie 15, 2012
Wel dis ‘n goeie ontsmettingsmiddel..smaak bleddie sleg
😀
endlich het gesê op Januarie 16, 2012
ag, te fraai. Die eendjie staan kiertsregop – lyk nes ‘n pikkewyn!
Die dakkie links lyk of dit al ‘n microsoft airbrush gehad het….
rosiemetdorings het gesê op Januarie 16, 2012
Sommige stokou huise pronk met slinternuwe hitec dakke