die vioolmaker

Januarie 4, 2012 in Sonder kategorie

Een van Doring se tydelike kollegas ontferm haar oor ons en nooi ons vir ‘n tipiese Belgiese ete.

pampoensop – nie romerig, maar waterig, dus nie so lekker.

witloof – sigorei  (amper soos maer langwerpige koolkoppe) in bacon toegedaai, met aartappelmash bedek, kaas bo-oor en gebak. Besluit self oor die smaak.

Nagereg – ys met sjokolade sous.  Ys is roomys en die sous gemaak van Callebaut sjokolade, waarvan ek nog nooit vantevore eers gehoor het nie.  sou nog bakke vol kon verorber.

Ons was egter nie baie lank daar nie toe hulle vertel dat hulle in Maart verlede jaar in Suid-Afrika was.  Oor hulle algeneme opinie ivm ons land se veiligheid sal ek later meer uitwy. 

Uit die gesprek blyk dit toe dat hulle nie sommer net  gaan toer het nie.  Iewers naby Bloemfontein is ‘n instelling wat hulle daarop toespits om aan kinders uit die voorheenbenadeelde era musiek te leer.  Soos dit maar gaan was die instrumente nie meer in watwonderse toestand en Wim het gaan help met die herstel daarvan.

Wim is ‘n vioolmaker van beroep.  Dit is egter vandag so duur om viole te maak dat hy hom nou toespits op die herstel van viole.

Natuurlik wou ons sy werkswinkel sien. Hy vertel dat viole op so grootskaal van China af ingevoer word teen ‘n prys waarmee hulle nie kan kompeteer nie.  Gelukkig, sê hy, is die instrumente nie altyd van vreeslike goeie kwaliteit nie, en dus is daar steeds werk vir hom.

Hy en Doring is toe na ander lokaal met blykbaar honderde gitare.  Een daarvan ‘n Gibson.  In hulle het ek nie belang gestel nie.

24 antwoorde op die vioolmaker

  1. TS het gesê op Januarie 4, 2012

    ooo dis baie spesiaal…

  2. avega het gesê op Januarie 4, 2012

    Sjoe dis ‘n uitsonderlike ervaring. Daar’s nie meer baie vioolmakers nie.

  3. Jy kry Callebaut oral in Suid-Afrika. Oral waar die sg sjokolademakers die die sjokolade smelt en vormpies maak en vulsels en dippies doen en dit ten duurste verkoop, word Callebaut blokke gebruik om te smelt. Ek het die Callebaut stempel op die blokke brokstukke wat Franschhoek verkoop, gesien.

  4. erikavz het gesê op Januarie 4, 2012

    Ek geniet jou vertellinge en fotos – dis altyd lekker om te sien hoe hulle in ander lande leef. Maar op die ou ent is dit ook maar oral amper dieselfde

  5. Besonders. Ek het verneem dat dit baie moeilik is om wel ‘n viool te maak. “Precision.”

  6. Ientjie het gesê op Januarie 4, 2012

    Dit was nou seker n spesiale ondervinding gewees! Jammer dat china tog alles so oorneem – maak alles goedkoop! Laat my ook dink aan klavier en orrel stemmers – dis vir my netso n edele beroep of werk!

  7. Wat ‘n edel beroep 🙂

  8. Carol460 het gesê op Januarie 4, 2012

    Die kos klink aardig – behalwe die nagereg. Ai ‘n china viool kan mos maar nie naby ‘n handgemaakte item kom nie. Dink net die liefde en arbeid wat daarin gaan !

  9. Adage het gesê op Januarie 4, 2012

    Nice viole
    maar ek weet nie van die kos nie. Kan gladnie onthou wat ons is Belgie geeet het nie…

  10. dit was toe nogal ‘n heel besonderse kuier

  11. hy skat hulle kan nog so 40 in die vioolmakersgilde wees – weet nie watter lande deel almal daarin nie

  12. Wel, wel, wel…. Ken dit net mooi glad nie

  13. Ja dink soms daar is groot verskille dan besef ek weer ons is almal net mense en word blootgestel aan omtrent dieselfde lief en leed

  14. hy’t eers kuns studeer, daarna met houtwerk begin wat gelei het na die vioolmakery

  15. hulle word ook al hoe minder

  16. die kos was….vreemd.:-) Daar was letterlik niks anders by nie.
    musiekinstrumente is die ou se passie en sy beroep.

  17. musiekinstrumente is die ou se passie en sy beroep. almal is nie so gelukkig om dit so te tref nie

  18. ek het die kamera saamgehad om die eg tradisionele geregte af te neem! het nie een foto daarvan nie

  19. Carol460 het gesê op Januarie 4, 2012

    Hy is gelukkig dat sy passie en sy beroep bymekaar uikom ! Gelukkige mense wat sy viole koop!

  20. Ek sou graag vir hom wou help afskuur en vernis ens… ; )

    Duitsers het eenkeer by ons vir ‘n week lank gebly. Sy wou toe een aand kos maak…not nice! Mash met water en asyn (as ek reg onthou)

  21. baie beknop met elke dingetjie op sy plek.
    Ek het ook vir die daardie botteltjie gekyk

  22. buiten vir die gerookte worse ek verskeie soorte kase (waarvan ek beide nie eet nie) was die res van die kos wat ons in duitsland gekry het vir my taamlik ‘bland’

  23. Neander het gesê op Januarie 22, 2012

    Goeie blog, nou eers gesien. Alles waar.
    Ek het onlangs ‘n 2de handse mandolien van China spotgoedkoop gekoop en hom beter gemaak, met beter pots, kapasitor en frets. Nou speel hy nes ‘n Gibson van $10 000.
    Bv hulle kapasitors kos 2c stuk, vergelyk dit met die beste van R10 en vermenigvuldig met 100 000.

    Is waar, die ‘luthiers’ kan nie met China kompeteer nie, maar die kwaliteit en afwerking is swak.
    Ek lees daar is 100 miljoen kitaarspelers in China.

  24. Wim het juis met so laggie gesê dat dit die swak kwaliteit van die ingevoerde instrumente is wat hom aan die gang hou

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.