60 deel II
November 30, 2011 in Sonder kategorie
Het nie die eerste slag hierdie bordjieafgeneem nie. dis al inligting wat ek kan bekom.
November 30, 2011 in Sonder kategorie
Het nie die eerste slag hierdie bordjieafgeneem nie. dis al inligting wat ek kan bekom.
November 30, 2011 in Sonder kategorie
….en om nou Adage se voorbeeld te moet volg sou ek aanbeveel dat hierdie eintlik slegs vir vroue is
Ons vrouegeslag is nou mos maar selde tevrede met ons eie voorkoms.
Die een pluk haar ooghare die die volgende een betreur die feit dat haar wenkbroue fyn en lig is. Laasgenoemde is nou ekke.
Op ‘n keer doen ‘n vriendin my ‘n guns en kleur my hare vir my toe ek met ‘n lelike sny aan my eie hand sukkel. Hier op die einde sê sy dat sy so bietjie van die kleurmiddel aan my wenkbroue kan sit. So begin ‘n nuwe prosedure in my lewe.
Moet net byvoeg dat wenkbroue om een of ander rede baie vinnig kleur en dat kleursel net ‘n korte rukkie aangehou moet word.
So kort rukkie gelede het ek weer kleurmiddel aan my hare en wenkbroutjies gesit. Besluit om net gou-gou my e-pos te gaan lees. Plak myselwers voor die rekenaar neer maak pos oop en kry ‘n interessante link wat iemand vir my gestuur het. Daar raak ek so geinteresseerd dat ek skoon vergeet van die kleursel op my wenkbroue.
Teen die tyd wat ek weer van die goed onthou was die koeël deur die kerk.
Daar sit ek met 2 dikke pikswarte ^ ^ bokant my oë, kon vir Brooke Shield ‘n go gee.
Raai, ‘n wattepluisie in flou jik gedoop, kon toe genadiglik die ergste skade herstel, (baie versigtig dat ek nie die goed in my oge laat kom nie)
Kry boonop gaste en M bly vra hoekom lyk ek vir haar skielik so anders.
Trek maar net my skouers op en hou my onnosel.
November 28, 2011 in Sonder kategorie
Na die naweek se koue natterige weer, was vandag weer heerlik sonnig en ek het dadelik die geleentheid benut om weer ‘n paar kilo’s op my tekkies te sit.
Sal die foto’s redigeer en kom opsit. My hoofdoel van vandag se uitstappie was om hierdie gebou af te neem.
die familie wat daarin gewoon het se van is op die gebou aangebring. Wie kan dit sien?
November 27, 2011 in Sonder kategorie
Tina, nou het jy my iets laat uitfigure waarvan ek NIKS geweet het nie!
Het ook al gesien dat foto’s ovaalvormig is en dan raampies om het
November 27, 2011 in Sonder kategorie
Navorsing het bevind dat van die Europese vroue, Engeland voorloop met die hoogste voorkoms van obesiteit.
As ek reg onthou het ek statestiek gesien wat aangedui het dat die VSA wêreldwyd voorloop, met die UK tweede en dan in die derde plek Suid-Afrika se mens
Hier volg ‘n metode om jou eie BMI ( Body Mass Index) te bereken.
The UK’s high levels of obesity are in stark contrast to those in countries such as Romania.
Die volledige artikel: http://www.bbc.co.uk/news/health-15901351
November 25, 2011 in Sonder kategorie
Tina, elke maal as ek by een van hierdie winkels instap dink ek aan jou.
Dis nogal oorweldigend as mens binne so winkel staan en dit is net kant reg rondom jou
‘n kaartjie vir elke geleentheid
Hierdie winkels is uit en uit toegespits op toeriste – vrek duur. Het net gevoel dat ek tog ietsie wil kry vir ‘n aandenking.
November 23, 2011 in Sonder kategorie
….roep doring my en sê dit lyk asof ons ons eie lugskou het.
Ja dit was nog middag. So bietjie na vyfuur
November 21, 2011 in Sonder kategorie
Aan die begin van die jaar was ons in Glasgow, Skotland. Doring se kostes was betaal uit ‘n rekening wat deur ‘n Skot geadministreer was.
So was deel van die pakket dan ook ‘n uitstappie na Edinburgh. Daar staan toe oral straatmusikante met doedelsakke. Een van hulle se pakket is toe dat hy betaal word en mens kan langs hom pose vir ‘n foto. Skot betaal vir elkeen se foto. Doring voel glad nie lus om saam met die man te staan vir so ‘n foto nie. Maar dit wou Skot net nie aanvaar nie – want hy wou waarde kry vir die geld wat hy toe reeds betaal het.
Onlangse kommentare