Jy blaai in die argief vir 2011 Oktober.

Net ‘n vinnige enetjie

Oktober 30, 2011 in Sonder kategorie

Lyk my dit begin al kleintyd

Wat ‘n stokperdjie!

Oktober 26, 2011 in Sonder kategorie

Voormalige tjellis, David Edwards het ‘n miniatuur viool vervaardig uit peer-  en ebbehout.  Vir die snare, of liewer seker snaartjies, het hy skaapderms gebruik.

volledige artikel

ons reünie

Oktober 26, 2011 in Sonder kategorie

Dis al 4 weke verby en ek onthou nou eers dat ek julle nog nie daarvan vertel het nie.

Na baie lang gesukkel was daar steeds ‘n klomp klasmaats wat glad nie opgespoor kon word nie, ‘n hele klompie is al oorlede en ‘n paar kon weens ander verpligtinge  nie daar wees nie.  Dan was daar natuurlik ook die wat opgesppor was, van reünie geweet het, niks ander gehad het om te doen nie en steeds nie belang gestel het om die byeenkoms by te woon nie.

Van die opgespoordes was ons 3 van die 4 uit die Kaapse area teenwoordig.  die 4e het sy reëlings gekanselleer agv mediese redes.

Ek en die een man staan en uitvra oor waar ons ons bevind.  Toe ek die area noem waarin ons bly noem hy ons straat se naam en sê dis waar sy broer bly  –  Klein wêreld (Charlene het ook vanoggend al ‘n slag so gesê)

Die aanvanklike ontmoeting was vir my weird – totale vremdelinge!  Praat egter net so paar oomblikke en die ou bekendheid kom terug.  Teen die einde van die naweek kon ek nie glo dat ek die mense nie dadelik kon herken nie.

Ons het die saterdagmiddag in die skool se personeelkamer bymekaargekom, effe gekuier en vrugtesap gesuie. 

Daarna op die skoolterrein rondgedrentel.  Baie het verander.  Waar ons voorheen nie eers met fietse teen die stylte tussen die kleedkamers mag opgery het nie, het ons nou met motor daar ingery en in die vierkant parkeer!  Baie dinge is egter nog net dieselfde – ronde gemesselde podium voor die personeelkantoor nog net so met ?? dieselfde houtdeur.

Saterdagaand was dit operasie grootkuier! Niemand het meer issues nie en almal kuier en kuier en kuier.

Sondagoggend het klompie van ons saam ontbyt genuttig en toe uitmekaar gespat.  Bande is opnuut gesmee en ek glo kontak gaan beter gehou word.  Daar word nou al beplan aan die volgende een oor 5 jaar.

Na ‘n heerlike donderstorm het ek die volgende oggend op die terrein rondgestap.  die ou wou nie gekiek word nie.

Omdat ek toe vir ‘n paar dae in daardie geweste rondgekuier het, het ‘n klompie van ons later die week weer so vir oulaas ‘n saameet gehad.

Vir my was dit beslis ‘n hoogtepunt in hierdie jaar.

Die volgende een is seker as ek oor ‘n week in België gaan land waar die winter nou vinnig sy verskyning maak

ontleen van vriendin se FB blad.

Oktober 25, 2011 in Sonder kategorie

Dis die eerste maal wat ek van hierdie ou hoor en dink dis baie goeie raad wat hy  uitdeel
JOHN M. GROHOL, PSYD sê
Failure and rejection are a part of everybody’s life. The key is not to overgeneralize a situation or personalize it inappropriately (two common cognitive distortions). Embrace failure, accept it as a part of a normal life, and take away something (if there’s something to take away) that you can use to your advantage in the future.


sensus

Oktober 22, 2011 in Sonder kategorie

Ek sien daar was ‘n berig in die Beeld dat mens beboet kan word as jy nie wil saamwerk met die sensus opname nie.

Weet daar is nog ‘n paar dae oor waarin daar inligting versamel kan word.  Het egter nog net een sensus beampte in al hierdie tyd, gesien – plat op haar sitvlak onder ‘n koelteboom.

Wat maak ek as hulle nie aan my deur kom klop nie?  Dit gaan beteken ek gaan nie die kans kry om te sê my dat inkomste ‘n netjiese ronde nul is nie.

Moet ek nou self iewers gaan aanmeld?

Passasier “verloor” £ 70 000

Oktober 21, 2011 in Sonder kategorie

hierdie berig sommer so in sy geheel gecut & paste

A bag containing £70,000 worth of foreign currency reported stolen by a coach passenger has been found in lost property at Heathrow, police said.

The cash went missing on Tuesday after an 81-year-old man believed he had loaded his black bag in the hold of a coach at the airport.

When the National Express coach arrived in Portsmouth about three hours later, he discovered the bag was not on board.

Police said CCTV footage revealed the man did not put the bag on the coach.

PC Howard Day, based at Heathrow Airport, said: “It is not every day someone leaves behind a bag containing such a large quantity of cash at the airport.

“Thankfully we were able to trace it and will get it back to the victim who was relieved to hear it had been found.”

The man had brought the money, made up of Australian dollars and Thai baht, over from his home in Thailand to buy a property in the UK.

Police said they were making arrangements to reunite the owner with the cash.

uit flippen eindelik

Oktober 20, 2011 in Sonder kategorie

Dink die meeste van julle weet al dat Doring so wilde perd opgesaal het om vir ‘n jaar in die buiteland saam aan een of ander projek te gaan navorsing doen.  Sy goed was maklik want hy is op uitnodiging daar.  Maar my pampiere was ‘n kopseer van ‘n ander wêreld.

As ek die net woordjie “visum” hoor, kry ek deesdae so hol kol op my maag.

Kry aljimmers die indruk dat daardie mense dink hulle jou ‘n moewiese guns doen om ‘n visum aan jou toe te staan.

Een reisagent wat vir my ‘n kwotasie vir ‘n vliegtuigkaartjie moes deurstuur, het gesê ek moet maar dubbel seker maak dat my papiere reg is toe sy hoor na watter land ek wil gaan.  Sy’t hulle beskryf as vol bollie –  en sy was reg.  Moet egter byvoeg dat hulle baie vriendelik is, alhoewel hulle duisend en een goed van mens verlang.

Vanoggend het ek na etlike besoeke, telefonies navrae en e-posse die groen lig gekry dat my visum aansoek suksesvol is, dat hulle dit sal druk en dat ek dit volgende week kan gaan afhaal.

Ek vlieg dus Maandagaand die 31e en land 1 November in België waar die winter so pas sy verskyning gemaak het. Kry toe vanmiddag ‘n boodskap van Oudste wat in Londen woon en werk:  Dis ook hoog tyd.  Hulle kom die 5e November vir ons daar kuier!

sondagoggend musiek.

Oktober 16, 2011 in Sonder kategorie

Ernstige waarskuwing :  Kwaai verkrampte musiek!!!!


lienatjie het my lusgemaak om na ‘n paar van my gunstelinge te luister.

so met die dwalery op you tube kom ek toe hierop af

Was eintlik ‘n gunsteling van my pa, en onnodig om te sê met die luister hiervan loop die verlange na jare weer dik.

nog ‘n allergiese reaksie

Oktober 14, 2011 in Sonder kategorie

Hierdie keer vir vis. gelukkig nie weer die aanmelding van ‘n noodlottige reaksie nie, maar tog redelik weird.

Ek het gedink as jy allergies is vir iets, kry jy hooikoors, trek jou keel toe, kry jy ‘n galaanval of galbulte wat jeuk dat dit bars.

Goed ek weet daar is meer as net bo-genoemde reaksies wat kan voorkom, maar het nie besef soveel vreemde dinge kan gebeur nie.

Soos hierdie arme vrou wat binne ‘n paar jaar drasties verouder het.

Of dit van die vis allergie was of van ‘n allergie vir die medikasie wat sy vir die visallergie gedrink het, lyk my weet hulle nie regtig nie.

Toring van Pisa kry kompetisie

Oktober 14, 2011 in Sonder kategorie

Met die dat ek vir ‘n ruk nie toegang tot die internet gehad het nie, haal ek nou so met verdrag al die wêreldnuus wat ek misgelees het, in.

Ek sien dis ‘n beriggie wat al oor die naweek verskyn het, waarby ek nou net eers uitkom.  As ek die berig so lees wil dit ook voorkom asof daar in die verlede al daarvan melding gemaak kon gewees het.  Egter die eerste maal wat ek my oë op hierdie inligting lê.


Die hangende toring van Pisa kry kompetisie – Big Ben hel oor!  Hoop nie hy hel te gou om nie.

Die tegniese aspekte van al die grade, afmetings ens kan hier gelees word