Meneer Blink Stefaans skuld ons geld, sommer baie volgens my standaarde. So twee maande gelede het hy gesê hy gaan probeer om dit te betaal voordat ons weggaan. Ek het Doring se vertrekdatum vir hom gegee en nie gemeld dat ek vir eers hier gaan agterbly nie. Dus volgens hom sou ons gister die land verlaat.
Verlede week stuur ons vir hom ‘n e-pos, sodat dit op skrif is dat die sakie aangeroer is. Meneer B S swyg soos die sfinks.
Ondertussen is ons so aan die gang om Doring se laaste minuut takies af te handel, banksake, reël vir verkryging van kroniese medikasie ens ens., dat ons nie regtig besef die ou reageer nie.
Gistermiddag is Doring op die lughawe afgelaai en vanoggend vat ek meneer B S aan. Bel hom sommer vroeg al en vra wat die geldstorie is. Honderd stories van hoe hy gewonder het of ons al weg is en nog ander wharra wharra. Sy verskoning is ook dat sy internet af is, dus het hy nie my pos gekry nie – hoe sal ek nou weet of dit so is of nie.
Dis wat ek hom toe meedeel dat ek nie hierdie land gaan verlaat voordat hy nie sy skuld afbetaal het of dat ons regstappe teen hom geneem het nie.
NEEEEEEE. Die eerste week in Oktober sal die geld beskikbaar wees! Hy vra sowaar wat die uitstaande bedrag is. Op daardie stadium het ek nie die presiese bedrag in my kop nie, en sê ek sal dit gaan opsoek en laat weet.
Gaan sit ek, maak ‘n kort opsomming van die uitstaande skuld en SMS dit toe deur vir hom.
Sy reaksie: Spot on.
sommer altwee SMSe gesave vir toekomstige rekord
Nou wonder ek of hy wou sien wat dink ons die verskuldige bedrag is en dalkies gehoop het dat ek van sommige bedrae sou vergeet.
Onlangse kommentare