Jy blaai in die argief vir 2011 Julie.

die vermeteles van die lewe

Julie 30, 2011 in Sonder kategorie

Ons het ‘n groot stuk plaveisel wat jou al behoorlik seesiek kon maak as jy daaroor geloop het.  Die taakspan wat dit moes herstel, was toe laas week hier doenig en het alles weer baie netjies gelaat.  Behalwe vir een planthouer wat hulle nie weer teruggeplaas het waar ek hom gehad het nie.

Ek en Doring bespreek dit en ek meld dat ek en hy dalk nie weer die bak op sy plek sal kan kry nie.

Merk hy ewe droog op:

“een van die seuns kan jou mos help” waarop hy so lekker “Roper”* laggie gee.

Die volgende een was selfs erger.

Na vele vergelykings tref, het ek finaal besluit watter kamera ek graag wil aanskaf.  kom iemand met die voorstel dat ek op Gumtree moet kyk of daar nie iemand is was so model wil verkoop nie.

daar was nie maar die volgende advertensie het my laat regop sit.

Hi, I’m looking for a 2nd hand digital camera in excellent condition. Must have zoom lens, cable and memory card. Batteries and charger not necessary. Seller must be able to travel to my location as I want to test the camera & view photos on my computer before buying. The camera must be able to take close-up photos well. I am only able to offer R600.

Waarop die selnommer gevolg het.  Wat my laat dink het die vent is ernstig

ietsie oor koffie

Julie 28, 2011 in Sonder kategorie

Alle koffie liefhebbers kan gerus gou hierdie paragraaf lees:

Another issue concerning coffee is its use of water. According to New Scientist, using industrial farming practices, it takes about 140 liters (37 U.S. gal) of water to grow the coffee beans needed to produce one cup of coffee, and the coffee is often grown in countries where there is a water shortage, such as Ethiopia.[45]

Maar dan gaan hulle verder met die volgende inligting en dit lyk my dis beter om koffie te drink as om ‘n eier te eet en dat die koffietjies verkieslik sonder melk gedrink moet word. 

By using sustainable agriculture methods, the amount of water usage can be dramatically reduced, while retaining comparable yields. For comparison, the United States Geological Survey reports that one egg requires an input of 454 liters (120 U.S. gal) of water; one serving of milk requires an input of 246 liters (65 U.S. gal) of water; one serving of rice requires an input of 132 liters (35 U.S. gal) of water; and one glass of wine requires an input of 120 liters (32 U.S. gal) of water.[46]

Vir rys gee ek nie veel om nie en wyn wen!


Wonder ek nou hoe word hierdie goed bepaal.

gedeeltes direk aangehaal uit    http://en.wikipedia.org/wiki/Coffee

The recession has hit everybody really hard ……….

Julie 27, 2011 in Sonder kategorie

  • A picture is now only worth 200 words.
  • If the bank returns your check marked “Insufficient Funds,” you call them and ask if they meant you or them. 
  • The Treasure Island casino in Las Vegas is now managed by Somali pirates.
  • Parents in Beverly Hills fired their nannies and learned their children’s names.
  • My cousin had an exorcism but couldn’t afford to pay for it, so they re-possessed her!
  • I’ve got a pre-declined credit card in the mail.

??????, ?????? ???????, ??? ???? ?? ?? ?? ????????!*

Julie 27, 2011 in Sonder kategorie

Jammer dat dit nie so maklik lees nie.

al die veld is vrolik

Julie 26, 2011 in Sonder kategorie

My voor op die wa sierdruifie weet nie hoe koud dit nog Augustus, September maand hier in die Kaap kan word nie.

Ps:  Let op hoe blou is ons Kaapse lug vandag

Verkoopsman van die jaar

Julie 25, 2011 in Sonder kategorie

Jong man uit die Vrystaat kom Johannesburg toe en gaan na een  van daai “alles-onder-een-dak” winkels en soek vir werk.  Die bestuurder  vra hom, “Het jy enige ervaring met verkope?”

 Ja se die mannetjie, “Ek het kunsmis by die koöperasie verkoop”.  

 Die baas het van die jong man gehou en gee toe vir hom die werk. “Jy begin môre. Ek sal so teen sluitingstyd ‘n  draai kom maak om te sien hoe dinge gegaan het .”

  Sy eerste dag was ‘n bietjie rof maar hy het dit gemaak.  Na die winkel gesluit het, kom maak die baas ‘n draai  op die winkelvloer.

  “So, hoeveel klante het jy vandag gehad?”

  Die jong man antwoord sonder om te huiwer,  “Een.”

  Die baas sê, “Net Een? Ons verkoopsmense hier hanteer ‘n gemiddeld van 20 tot 30 klante op ‘n dag. Hoeveel het die klant spandeer?”  

  “R461 387.55” sê die jongman..

   “R461 387.55?! “Wat die joos het jy aan hom verkoop?!”

  “Wel,” sê die man, “Ek het eers ‘n klein vishoek aan hom verkoop. Toe verkoop ek ‘n medium grootte vishoek en uiteindelik ‘n groot vishoek. Toe verkoop ek aan hom ‘n nuwe visstok. Toe het ek hom gevra waar hy gaan visvang en hy sê toe by Sodwana aan die noordkus en ek sê toe vir hom dan gaan hy beslis ‘n groter boot nodig hê en toe stap ons oor na die bootafdeling en verkoop ek aan hom ‘n nuwe Kingkat met dubbele Yamaha buiteboordenjins. Hy sê toe vir my hy dink nie sy Toyota Corolla gaan die ding gesleep kry nie, toe vat ek hom na die motorafdeling en verkoop aan hom ‘n nuwe 4×4 Hilux Raider.”

 Verstom vra die baas,  “‘n Ou kom hier in om ‘n  vishoek te koop en jy verkoop aan hom ‘n boot en ‘n bakkie?”

 “Nee, hy was hier om ‘n boks tampons vir sy vrou  te koop toe sê ek vir hom, wel, jou naweek is in elk geval in sy m*#r in, jy kan maar net sowel gaan visvang…..”

you are………

Julie 25, 2011 in Sonder kategorie

As young as your faith,

as old as your doubt

As young as your self-confidence,

as old as your fear

As young as your hope,

as old as your despair.

Douglas MacArthur 

goedkoop is duurkoop

Julie 22, 2011 in Sonder kategorie

ek kan die opskrif ook gemaak het

Ander mense se onkunde verstom my

2 van my vriendinne wil gaan rondkuier in Engeland – so goedkoop as moontlik.

Die goedkoopste waarmee hulle kon wegkom was vanaf Suid-Afrika tot in Parys met Air France en dan met een of ander kleiner redery verder.

Hulle land by Charles de Gaulle lughawe  en moet dan weer vanaf Orley lughawe oorvlieg na Londen City airport.

Waarmee hulle nie rekening gehou het nie was dat hulle internationale gebied verlaat, die stad binne gaan en dan oorry na ander lughawe 

WAARVOOR HULLE ‘N FRANSE VISUM BENODIG.

“Net vir daardie 30 minute busrit?”  het die een wat alles reël, verontwaardig bly vra en geglo dis nie nodig nie.  Genadiglik gehoor  van iemand  wat teruggestuur is na Suid-Afrika omdat die nodige visum nie bekom was nie.  

Blykbaar tot hier in die ambassade vir oulaas weer gevra of visum werklik nodig is, waarop die meisie vir haar bevestig het dat daar nie ‘n manier is dat hulle sonder  visums sou regkom nie.

Vir hierdie visums moes albei persoonlik vanaf die Oos-Kaap tot in die Kaap  gekom het en nog amper R600 betaal het vir die visum.

Gelukkig kon hulle hier by ons bly en ek hulle heen en weer rondry (wat ook ‘n storie van sy eie is) wat hulle nie nog verder geld uit die sak gejaag het nie. 

Totale koste?  Omdat daar ook nog vir die busrit tussen die 2 lughawes ‘n klompie euro betaal sal moet word, seker omtent dieselfde wat ‘n direkte kaartjie na Heathrow sou kos.

Hierdie geveerdes het my geselskap gehou in die Kompanjies tuine terwyl ek gewag het dat hulle die afspraak by die Franse ambassade nakom.

Celia, hierdie ene is vir jou

Julie 18, 2011 in Sonder kategorie

Laas week val ek en Doring in die pad om onse sake te gaan doen.

Kom by die polisiestasie aan en gaan na die algemene aanklag kantoor om uit te vind waar ons moet wees.

Doring stap voor tot by die toonbank, groet vriendelik en gaan verder:

“Ons is hier om te ………”

Hy draai so skuins terug na my toe en vervolg:

“…..hoekom is ons nou weer hier?”

Ek dog die poliesman vou homself dubbel vir ons.

en dit net omdat ons wou gaan aansoek doen vir skoon kriminele polisie rekords.

Gelukkig is simpel nie ‘n kriminele oortreding nie

‘n minder bekende opname?

Julie 15, 2011 in Sonder kategorie

Aangesien ek nie ‘n groot aanganger van een van die 3 sangers is nie, was ek verbaas oor die geheel – Veral Chris wat die hoë note so bykom