Jy blaai in die argief vir 2011 April.

die “royal wedding”

April 29, 2011 in Sonder kategorie

Ja ja, ek weet almal het al ‘n eiertjie daaroor gelê.

Ek het die hele gedoente egter net meer geniet omdat ek ‘n maand gelede hierdie foto geneem het.

Ook hierdie ene….

….en hom toe vandag weer in die optog gesien het.

Daar word altyd eerste na die manlike persoon verwys: Prins William en Kate Middleton.  nou Duke & Duchess.  Maar op die porselein wat ter herdenking van hulle huwelik uitgegee is die voorletters omgeswaai.  So is voorkom dat dit nie as WC lees nie.

Ek maak toe nou die aand die fout om te vra…….

April 25, 2011 in Sonder kategorie

…..hoekom dit beter is om rekenaars op ‘n binêre stelsel te laat funksioneer eerder as analoog (nuwe begrip wat aan my verduidelik is).   ‘n Lesing van groot omvang is aan my gelewer en ‘n ruk later het ek gesê “O” .  ek het teen daardie tyd geglo, maar wraggies nognie regtig verstaan nie.  My voor die rekenaar neergeplak en heel eerbiedig teenoor hom my dankbaarheid betuig dat ek hom kan gebruik sonder om te verstaan hoe hy funksioneer.

Sondagoggend in die kerk tref dit my dat my Christelike geloof presies net so funksineer.  Ek kan nie die volle Goddelike omvang van die maagdelike geboorte, die opstanding uit die dood en die hemelvaart begryp nie.  Ek is net dankbaar dat dit gebeur het, dat ek daarin kan glo en in my geloofsoortuiging van dag tot dag kan funksioneer

gogga maak vir baba bang

April 20, 2011 in Sonder kategorie

hiermee

‘n oue, ‘n floue. My nogtans weer laat giggel.

April 19, 2011 in Sonder kategorie

It was a small town and the patrolman was making his evening rounds….
As he was checking a used car lot, he came upon two little old ladies sitting in a used car..

He stopped and asked them why they were sitting there in the car or were they trying to steal it?

‘Heavens no, we bought it.’

‘Then why don’t you drive it away.’

‘We can’t drive.’

“Then why did you buy it?’

‘We were told that if we bought a Used car here we’d get screwed …so we’re just waiting.”

wie onthou hierdie?

April 17, 2011 in Sonder kategorie

ek kan nie onthou of ek na die program self gekyk het nie, maar weet dat ek mal was oor die kenwysie.

Die voorreg om te kan sing

April 16, 2011 in Sonder kategorie

Tina vra my nou die dag of ek kan sing.  Natuurlik kan ek sing, was my eerste reaksie.  Natuurlik sal ek nou nie vir Mimi Coertse ‘n “go” kan gee nie en of ek altyd op die noot sing, sal ek nie weet nie. 

Nog  erger. Ek kan ook nie eers meer al die songs wat ek graag sing, heeltemal korrek onthou nie, dan gaan  ek sommer voort met my eie variasies en improvisasies.

‘n Groot voorliefde van my is die ou Halleluja liedere wat uit ons kultuur verdwyn het.  Maar ook vele ou FAK liedjies – My pa se ou 1937 uitgawe is nog in my besit. Teen hierdie tyd sug julle, maar wat jy as leser eintlik behoort te doen is om my bure te bejammer.  Ek dink hulle kan my soms hoor.

As ek af voel, is dit treurmares.  Eitemal het ‘n Liedjie van verlange geskryf.  Dit was al van my jongmeisie dae af ‘n gunsteling as daar so ‘n vergeefse verliefdheid my gepak het.  Dan het ek dit so a la konsert styl vanaf die stoepmuurtjie uitbasuin.  Gelukkig was die bure se huise ver.

Dan my behoefte vir lof en prysliedere as dit goed gaan.  Na my gesprek met Tina, het ek nogal bly dink aan die mens se gawe om te kan sing , al is ons nie almal ‘n Callas, Sutherland, Lanza of Pavarotti nie.  Ek het bly wonder oor die behoefte om te kan sing, veral my eie behoefte om my Skepper met my stem te kan aanbid.

Toe kom ek op die volgende af en waardeer opnuut my eie valserige, van die noot af sangstem.

Daar is nie klank nie, dit is in ASL vir die doofstom persone net die behoefte vir ‘n loflied.

Kan dit waar wees?

April 13, 2011 in Sonder kategorie

Bespinnekopte bome

World wide web: Millions of spiders have climbed up into the trees to escape the rising flood waters in Pakistan. Locals say there are now fewer mosquitos reducing the risk of malaria

geredigeer:  nog ‘n link hieroor

wegkomkans is daar nie

April 11, 2011 in Sonder kategorie

Jakkals kom vir Lammetjie teë, grom en sê dat hy baie kwaad is vir Lammetjie en hom gaan opvreet.  By navraag sê Jakkals dis omdat Lammetjie die stroompie se water troebel gemaak net.  Lammetjie antwoord dat die die waterstroom vir hom baie helder en skoon lyk.

Jakkals:  Ek praat van laas jaar al.

Lam:  Maar ek was toe nog nie eers gebore nie!

Jakkals: O! ook OK, dan was dit jou ma.

om te burka of nie

April 11, 2011 in Sonder kategorie

Die Franse polisie het blykbaar alreeds iemand in hegtenis geneem wat met ‘n burka op straat verskyn het.  Dit volg na die Franse regering se besluit om die wetgewing op die verbod van die dra van burka’s in die openbaar van vandag af te begin toepas.  Hoewel België en nog ‘n paar ander europese lande alreeds sootgelyke wetgewing het of op die oomblik oorweeg, dink ek nie dat hulle dit al fisies begin toepas het nie. 

Het die nuusberig net met ‘n halwe oor gehoor.  Sal dus nie verbaas wees as die gearresteerde(s) in een of ander vorm van protes aksie was nie.  Nogal nuuskierig om te sien wat die verdere reaksie hierop gaan wees. 

dis die dinge wat my lam maak.

April 7, 2011 in Sonder kategorie

Kom Saterdag by die apteek om voorskrifmedikasie te kry.  Die man is heel vriendelik en verduidelik dat ons mediese fonds van lyn af is en dat ons die keuse het om die volgende dag terug te kom of om self te betaal en dan van die mediese fonds die koste te verhaal. 

Wel, ons wat toe daar en voel nie lus vir weer ingaan nie.  Daarom neem ons die medikasie, kry kopie van voorskrif wat na fonds moet gaan en betaal daarvoor.  Gister kom e-pos van mediese fonds af: Eis vanaf  **** apteek vir 2 April 2011 is goedgekeur en verskaffer is betaal.  10 raaie watter tillstrokie is missing!!! – apteek sin, terwyl hoeveel ander nog in my handsak vertoef.  Het hom wraggies waar in die vullisdrom gekry.  Ek is seker dat hulle my sal vergoed MAAR nou moet ek tog weer teruggaan na die apteek om die fout te laat regstel.