Ver in die wêreld, Kittie. staatname en ander kennisgewings

Maart 31, 2011 in Sonder kategorie

Iemand het my aandag op borde en kennisgewings wat mens op nuwe plekke teëkom, gevestig.  En glo my, word dit toe nou nie ‘n interessante speletjie nie.

Om mee te begin is hier ‘n blogger wat ek dadelik onthou toe ek by hierdie uithangbord in die hartjie van Londen verbyloop.

Natuurlik is daar mense wat altyd ‘n gap in die mark sien.

Ek dink nie eers hulle weet waar op die wêreldkaart lê Suid-Afrika nie.

        

‘n Keer of wat het ek gedink ek kan dalk tog wel by die huis wees en nie ver in die wêreld nie……….

…………….dalk iewers aan die wilde kus

‘n Grote blaps in die Afrika afdeling van die Britse museum!  Wonder of ‘n enkele Malawiër dit ooit al gesien het.

‘n woord wat ek nie besef het meer in gebruik is nie….

…en die Britte se snaakse drinkregulasies!

Een ding wat ek al gesien het, is dat die Engelse goed met woorde kan speel.

Tina, het jy toe maanblomme in jou tuin geplant?

Dan vir oulaas:  Vir Ouboet en al die ander rugby geesdriftiges.

Iewers tussen hierdie mannetjies is dalk nog ‘n gedugte Leeu van die toekoms.

23 antwoorde op Ver in die wêreld, Kittie. staatname en ander kennisgewings

  1. loudavisi het gesê op Maart 31, 2011

    Heerlike pos, Rosie!

  2. Kostelik!! net jammer daar was nie ‘n take away nie 😉

  3. Maankind2 het gesê op Maart 31, 2011

    Kamera. Kosbaar.

  4. bly jy’t geniet. ek het gister sowaar weer amper verdwaal in daardie grote hospitaal

  5. ek en jy sal moet gaan sodat ons die plek op die proef kan gaan stel. My partners was te haastig sodat ek nie behoorlik kon inloer

  6. dis darem maar lekker om te neem en neem en hoef nie bekommerd te wees oor die koste van ontwikkel nie.

  7. louisna het gesê op Maart 31, 2011

    Mooi.

  8. Jy het hom!

  9. louisna het gesê op Maart 31, 2011

    Mooi

  10. Book_Ends het gesê op Maart 31, 2011

    Ek neem aan jy kan maar aan die oorkant drink?

    In Berlyn is daar ‘n Transvaal Strass (Straat) en ‘n Afrikaner Straat
    🙂

  11. Wonderlik!!! Ek het die woorde fotos nou baie geniet!

  12. Alles goed wat vir opvallend was

  13. Aan die oorkant is ‘n pub. 🙂

  14. Berwick het gesê op April 1, 2011

    Lekker storie(s)!

  15. Twaksak het gesê op April 1, 2011

    In Boston het ek ‘n “Zuma Grill” raakgeloop…

  16. Modigliani het gesê op April 1, 2011

    Ek is mal oor sulke fotos.
    Toe ek die eerste keer oorsee is het een van my vriende vir my die beste advies gegee:
    Neem die fotos wat niemand anders gaan neem nie.
    Hierdie is vir my sulke fotos.
    I like. A LOT!

  17. jip! daar is nog, maar die bestes is uitgesoek

  18. daar was ook nog ‘n chakalaka, SA restaurant ook, maar hy’t vervalle gelyk.

  19. Dankie!

  20. Ja, dis ook danky iemand ander se raad wat ek dit gedoen het, en dit werk. Het net my mense mateloos geïrriteer as hulle nie kon uitmaak waarvoor ek alweer gaan staan om af te neem nie

  21. TS het gesê op April 1, 2011

    Ag ek is bly jy het my gesê Soms mis ek van my gunstelinge se blogs!

  22. Dag jy “like” my nie meer.
    (weet dis nie so nie)

  23. Dankie, bly jy’t daarvan gehou.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.