2. Glasgow (eintlik net ‘n Dr. Conrad Brand tipe van blog) Wie onthou hom nog?

Maart 29, 2011 in Sonder kategorie

Met die instapslag by ons hotelkamer het ek sommer dadelik eers by die venster gaan uitloer.  Oorkant die pad ‘n lieflike gebou, en bo-op iemand met wie ek die heel week kon omkuier.

so staan sy half naak in die ysige koue.

Die heel eerste dag het ek dadelik die pad gevat Katedraal toe. 

Dis gebou op die terrein waar  ‘n vroeëre Biskop na alle waarskynlikheid ongeveer 612 AC (of CE, net soos verkies) begrawe is.  Bronne met hierdie vroeë geskiedenis is nie erg betroubaar nie, maar lyk my as daar so ‘n vae moontlikheid bestaan, word dit  soortvan aanvaar en verkondig as die verhaal van die verlede.

Die Katedraal self is iewers in die middel 1200’s begin bou en moes weer herstel word in 1406 nadat toring en deel van gebou vernietig is deur weerlig.

My ou mik en drukkie kon nie eers werklik die omvang van die hele gebou inneem nie, daarom die poskaart ingescan.

Binne het ek omtrent die hele oggend rondgedwaal en my verstom aan die grootsheid van die hele ou gebou. Hope gedenkplate, praalgrafte, lieflike brandskilder vensters,  kelder area waar oa ‘n  Blacader sy-Kapel is,  nog sy kapelle met lang stories by, ou preekstoel, Bybel uit vergange se dae, ens. ens. 

Nog poskaarte van binnekant.  In rigting van preekstoel  aan die agterkant en een van die sy vertrekke

   

‘n venster en Die Bybel (en daar kan ek nou nie eers meer onthou van watter tyd of jaar hy dateer nie)

    

Die vensters is pragtig maar nie so vrek oud nie.  In 1860 het die Royal Bavarian Stained Glass Works, wat in Munchen geleë was, opdrag gekry om die hele gebou se vensters te vervang. Tussen 1930 en 1960 is hulle egter feitlik almal verwyder en met ander vervang. (Sal hulle sowaar nog bespiegel oor die rede hiervoor!)

Voorbeeld van die Munchen glaswerk.  Het heel anders gelyk as huidiges.

Na ‘n laaang besoek aan die Katedraal, het ek terug gedrentel na die hotel en by ‘n paar plekke verby geloop wat my aan bekendes en bekendhede herinner het.

Bokant van ‘n lamppaal. Die vis met ‘n ring in sy bek, verskyn ook in hulle stadsembleem.

winkel tjok en blok vol kristalle en halfedelstene wat as “healers” verkoop word.  Vir my is hulle bloot net pragtig.

interessante name,

Suid-Afrika word bemark      

bekende straatnaam

die weer het veel te wense oorgelaat maar tog oral tekens van lente in die lug

       

13 antwoorde op 2. Glasgow (eintlik net ‘n Dr. Conrad Brand tipe van blog) Wie onthou hom nog?

  1. lekker gekyk, sou ook die storie agter die storie van die vensters wou weet….

  2. Dis baie mooi. ek’s mal oor loodglasvensters.

  3. Twaksak het gesê op Maart 30, 2011

    Weereens dankie. Ek laaik daai lamp-paal die meeste!

  4. opgedra aan alle hengelaars, ook die doring in my lewe.

  5. Kan eintlik net ten beste waardeer binne in die gebou.

  6. die nota wonder of
    i dit dalk te veel lig deurgelaat het
    ii modesmaak verander het
    iii anti-Duitse gevoel tydens oorloë

  7. Pragtig!!

  8. sideview het gesê op Maart 31, 2011

    can you understand them there. those dreadful glaswegian accents

  9. not really. I had to concentrate to hear what they said

  10. Dankie.

  11. diefotoman het gesê op April 17, 2011

    Rosie, het jy die pics van die Katedraal buite en binne self heneem?

  12. 2e 3e & 4e foto’s is poskaarte wat ek ingescan het.
    Helaas het ek nie die toerusting om foto’s van hulle gelyke te kan neem nie – werk egter daaraan om op te gradeer

  13. diefotoman het gesê op April 17, 2011

    🙂 goeie gereedskap help maar ek glo die fotograaf het darem ook iets daarmee te doen, ek het lekker sam met jou gerys, sal ook graag daar n draai wil maak.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.