Amper trap ek my eie onderlip raak van verbasing.

Maart 10, 2011 in Sonder kategorie

Voordat ek van my verbasing vertel wil ek vir Therina dankie sê vir al haar tips vir ‘n UK visum en vir Adage wat my na die regte plek gestuur het om behoorlike warm musse te bekom.  Ja, ek gaan hulle nodig kry – nou net op Glasgow se weervoorspelling ingegaan.  Max van 3ºC word vir Sondag voorspel.

Al ons verblyfkostes vir die week in Glasgow word betaal, maar nie my etes nie. 

Daarom bel ons toe vanaand die hotel om uit te vind wat kos hulle ontbyte, waarmee ek voel ek ver kan gaan deur ‘n dag.

Eerstens antwoord ‘n meisie wat Afrikaans kan praat.  Ja ek weet hulle is al oral te vinde daar.

Doen toe navraag oor die prys van hulle ontbyt………………………..£80.00 !!!!!!!!!  Die pond was vanmiddag  R11,37

Dit sal dus koffie en toebies vir my wees.  Sal ook so paar enerie bars inpak

41 antwoorde op Amper trap ek my eie onderlip raak van verbasing.

  1. loudavisi het gesê op Maart 10, 2011

    Eet net ‘n piesang. Dit hou jou aan die gang tot jy weer honger word.

  2. Pronutro bars werk soos ‘n bom dit sal jou heeldag hou…..

  3. pasella het gesê op Maart 10, 2011

    Smokkel biltong saam

  4. Maankind2 het gesê op Maart 10, 2011

    OUCH! Eet op straat, hulle het vreeslike lekker broodjies op straat

  5. Maankind2 het gesê op Maart 10, 2011

    £ Alt en 0163

  6. TS het gesê op Maart 10, 2011

    Sjoe na die eerste een het jy dan niks oor vir die res van die vakansie. Gelukkig het MK vir jou wyse raad.

  7. TS het gesê op Maart 10, 2011

    Die darem baie beter as 80 pond maar as mens dink aan R50 vir ‘n broodjie dan is dit nog baie… dis regtig waarom my besoek aan Engeland laag op my lysie is.

  8. Balans het gesê op Maart 10, 2011

    Hotelontbyte klink duur!
    Ek is bly jy het Modderkoekie se antwoord om jou te lei

  9. louisna het gesê op Maart 10, 2011

    Geniet jou reis

  10. Book_Ends het gesê op Maart 10, 2011

    No ways ek dink sy maak ‘n fout

    R80 maybe maar nie 80 pond nie.
    miskien is dit met kaviaar?

  11. diefotoman het gesê op Maart 10, 2011

    Vir minder as daai geld het ons by n afdelings winkel kos gekoop vir n week vir vier mense. Julle moet jul vakansie geniet en nie te veel die geld probeer omskakel nie anders geniet jy die vakansie glad nie.

  12. Trakie het gesê op Maart 10, 2011

    Gee whiz! Geniet die koffie en toebies.

  13. Hey, ek is nie ‘n chimp nie. 🙂 Terg net, ek is mal oor piesang, maar weet nie wat dit daargaan kos

  14. Doring het met haar gepraat en hy sê sy’t beslis gesê pond. maar ek wonder ook of sy haar nie verspreek het nie.

  15. of alt 156 £

  16. gaan beslis jou raad volg

  17. T, wat wil jy hê? Lilly of the vale?
    Sal nog eendag vir jou vertel hoe kry ek parfuum bekostigbaar in die hande.

  18. gaan beslis van hulle ook kry.

  19. baie saggies *is nie eintlik ‘n groot biltong eter nie, dis dan rou vleis!!!*

  20. Ek sal kom terug rapporteer. Goed jy waarsku oor die pêrrevleis!

  21. dis my voorland

  22. Teen daardie prys sal ek skaars die 1e een kan bekostig.

  23. Dankie!

  24. Self R80 is baie, maar Doring sê sy’t beslis £ gesê. Sal kom terugrapporteer

  25. dis hoe dit vir my ook gevoel het.

  26. Ek sal ongelukkig nie kosmaak fasiliteite hê nie, maar gelukkig het ek nie te veel geld om te gaan blaas nie

  27. Ek kom beswaarlik aan die gang sonder my oggend koffietjie, sal dit net elders gaan soek.

  28. Book_Ends het gesê op Maart 10, 2011

    gaan kyk ‘n bietjie by hotel.com en tik die naam van julle hotel in

    As jy 2 of 3 oggende se brekfis skip kan jy ‘n Kindle koop
    ;))

  29. Genade dit vrek duur.
    Geniet jou vakansie

  30. hubbie het gisteraand gebel en ek het amper uitgepass toe hy my vertel.
    Toe bel ek vanoggend self weer: Nie te vriendelik, maar veretel toe dat hulle ‘n “on the go meak deal” het vir £22. dis baie goedkoper, maar klink my is nie so baie kos nie. Sal mou maar gaan kyk wat ek kry.

  31. Dankie, baie onverwags besluit om te gaan. Ek sien baie uit daarna.

  32. TheSpear het gesê op Maart 15, 2011

    Hotels rip jou af, moenie daar eet nie. Ons het ‘n road trip deur die UK gedoen en daar is baie winkels en pubs waar jy vir baie bilik kan eet. Nogsteeds bietjie duur want jy kan nie help die rand is so crap nie, maar dit is baie goedkoper as hotelle!

  33. TheSpear het gesê op Maart 15, 2011

    Lol! ja nou onthou ek die TESCO broodjies! Uie en kaas!

  34. dankie! Ek doen! Loer net gou in om te sien of julle julself nog gedra

  35. Hallo daar!

  36. geniet dit, nog steeds!!

  37. Darem gister(Sondag) oggend weer by die huis gekom.

  38. sideview het gesê op Maart 28, 2011

    even though they say they speak english in glasgow, don’t expect to understand them. That glaswegian accent is too terrible

  39. That is very true! I struggled to understand, but they are real friendly people.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.