Augustinus

Maart 3, 2011 in Sonder kategorie

Buiten dat hy ‘n groot rol in die kerkgeskiedenis gespeel het, weet ek bitter min van die man af, en om eerlik te wees stel ek ook nie so vreeslik belang in hom as persoon nie.

Dit was dus nie met veel belangstelling wat ek ‘n geskrif oor hom begin lees het nie. Totdat ek meer van sy kleurryke verlede voor sy bekering tot die Christendom lees.

Net so terloops, terwyl sy ma vermoedelik van Berberse afkoms  en ‘n Christen was, was  sy pa ‘n nie-gelowige Romeinse burger.

Augustinus self was blykbaar ‘n wille loot en het die lewe ten volle geniet. Hoewel hy as jongeling mal was oor sport en meisies, meer as oor sy skoolwerk (wat’s nuut), het hy later self begin onderrig. 

In Carthage het hy ‘n skool vir Retoriek begin.  Die ongedissiplineerdheid van die studente het hom gepla en hy’t na Rome verhuis waar hy geglo het die beste plek is vir die retoriek praktyk en die onderrig daarvan.

Dan die volgende stukkie wat ek gelees het, het my breed laat glimlag  en ek wonder wat is regtig nuut onder die son.

However, Augustine was disappointed with the Roman schools, where he was met with apathy. Once the time came for his students to pay their fees they simply fled.


Studentefooie is vandag  een van die grootste oorsake van onrus op verskeie plaaslike kampusse.

da mihi castitatem et continentiam, sed noli modo!  –  Blykbaar ‘n bekende gebed van die man.  

17 antwoorde op Augustinus

  1. Maankind2 het gesê op Maart 3, 2011

    Jy mag min van hom weet, ek weet niks van hom nie…

  2. Adage het gesê op Maart 3, 2011

    Lyk my dis ‘n ou siekte – iets vir niks
    🙂

  3. Modigliani het gesê op Maart 3, 2011

    Wys jou nou net – “the more things change, the more they stay the same”…

  4. Neander het gesê op Maart 3, 2011

    Hy het ook bygelofies gehad, bv seuntjies kry ‘n siel na 40 dae in die baarmoeder en dogtertjies na 90 dae. So, aborsies kon nie na die tyd gedoen word nie.

    Terloops, die grootste perdewedrenbaan buite Rome was in Kartago waar hy skool gegaan het.

  5. Moenie dink ek weet veel meer as wat jy hier bo gelees het. dis die ander dinge wat my interesseer

  6. nog nooit wou mense betaal vir dit wat hulle kry nie

  7. jy som dit goed op

  8. en nou wil ek weet of hulle gedink het hulle kon die fetus se geslag bepaal.

  9. Neander het gesê op Maart 3, 2011

    My raai is so goed as joune.

  10. TheSpear het gesê op Maart 3, 2011

    Lol! Ek swot deaur UNISA en al swot ek van hier (Abu Dhabi) af is hulle nogsteeds baie goedkoper as bv ‘n universiteit hier.

  11. die siele hier weet nie hoe min word van hulle verwag om te betaal nie

  12. Blikskottel het gesê op Maart 5, 2011

    Daar’s rede hoekom Jesus die geldwisselaars(bankiers) se tafels omgegooi het. Geld en die kerk is ‘n bose saamloop van dinge.

  13. hierdie verwys na ‘n era in sy lewe voordat hy hom bekeer het tot die Christendom.
    ek het iewers gelees dat hy ‘n hedonistiese lewe gelei het en dat sy ma sonder ophou gebid het vir sy bekering, wat eers in sy dertigs gebeur het. Goeie voorbeeld van volharding in die gebed.

  14. Book_Ends het gesê op Maart 5, 2011

    Hulle het seker ‘n ring bo die ma se maag gehou en gekyk na watter kant dit draai
    😀

  15. Al vergeet van daardie ene. Nee, ek dink as die baba geaborteer moes word, was dit altyd ‘n dogtertjie – meer tyd om daarvan ontslae te kon raak

  16. Sjoe, klink my party dinge verander net nooit!!

  17. MEleroux het gesê op Maart 10, 2011

    Ja, deur die eeue bly die kwessies maar dieselfde…

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.