die perd

Maart 1, 2011 in Sonder kategorie

Antoinette se Donkie storie het my weer herinner aan iets wat baie jare gelede gebeur het.

Dit was ‘n baie klein plattelandse dorpie en die stadsklerk was die ou wat alle plaaslike gebeure en krisisse moes hanteer.

Doring was by stadklerk in die kantoor toe stadsklerk ‘n oproep ontvang.  Daar het deur die nag ‘n perd in ‘n varsgegraafde graf geval en niemand weet hoe om hom daar uit te kry nie.

Stadklerk het seker as die verhaaltjie van die donkie in die put gehoor en raai hulle toe aan om grond in die graf te gooi. Antoinette verduidelik baie mooi hoe dit veronderstel is om te gebeur – met verdrag sal die grond die graf weer opvul en die perd kan dan uitkom.

Stadklerk besluit egter (genadiglik moet ek liewer sê) om self te gaan kyk wat daar in die begraafplaas aangaan.

Daar gekom, sien hulle hoe lui en slim die werkers is – hulle het ‘n klein laaigraaf laat kom, maar gelukkig nog net een vrag grond ingegooi gehad.

18 antwoorde op die perd

  1. Adage het gesĂȘ op Maart 1, 2011

    dom en lui is ‘n vreeslike kombinasie
    🙂

  2. Antoinette2008 het gesĂȘ op Maart 1, 2011

    hehehe

  3. monicahaddad het gesĂȘ op Maart 1, 2011

    dankie tog die stadsklerk het gaan kyk!

  4. Blikskottel het gesĂȘ op Maart 1, 2011

    Ek dink ook dom en lui is ‘n aaklige kombinasie, maar dis ongelukkig een wat oral in RSA voorkom.

  5. Maankind2 het gesĂȘ op Maart 1, 2011

    Eish!

  6. MEleroux het gesĂȘ op Maart 1, 2011

    Arme perd!

  7. dit kan jy omtrent sĂȘ.

  8. dat jy my nou weer hieraan herinner het….

  9. gelukkig, ja.

  10. en ons moet daarmee saamleef

  11. net so, eish!

  12. dis no wat di eengels noem “a close call”

  13. ystervark het gesĂȘ op Maart 2, 2011

    Ou sherbet!

  14. Sjoe

  15. dis ‘n uitdrukking wat ek lanklaas gehoor het!

  16. Hi C, hou jy nog uit?

  17. Ja, maar dit was amper of perd het dit dalk nie gemaak nie

  18. pinkpolkadot het gesĂȘ op Maart 8, 2011

    LOL…gelukkig dat hy gaan kyk het!!

Los ’n antwoord vir ystervark. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.