Ver in die wêreld, Kittie. staatname en ander kennisgewings
Maart 31, 2011 in Sonder kategorie
Iemand het my aandag op borde en kennisgewings wat mens op nuwe plekke teëkom, gevestig. En glo my, word dit toe nou nie ‘n interessante speletjie nie.
Om mee te begin is hier ‘n blogger wat ek dadelik onthou toe ek by hierdie uithangbord in die hartjie van Londen verbyloop.
Natuurlik is daar mense wat altyd ‘n gap in die mark sien.
Ek dink nie eers hulle weet waar op die wêreldkaart lê Suid-Afrika nie.
‘n Keer of wat het ek gedink ek kan dalk tog wel by die huis wees en nie ver in die wêreld nie……….
…………….dalk iewers aan die wilde kus
‘n Grote blaps in die Afrika afdeling van die Britse museum! Wonder of ‘n enkele Malawiër dit ooit al gesien het.
‘n woord wat ek nie besef het meer in gebruik is nie….
…en die Britte se snaakse drinkregulasies!
Een ding wat ek al gesien het, is dat die Engelse goed met woorde kan speel.
Tina, het jy toe maanblomme in jou tuin geplant?
Dan vir oulaas: Vir Ouboet en al die ander rugby geesdriftiges.
Iewers tussen hierdie mannetjies is dalk nog ‘n gedugte Leeu van die toekoms.
Onlangse kommentare