Jy blaai in die argief vir 2011 Februarie.

sommer so vlakketjie. (18S) waarsku net om aan die veilige kant te bly

Februarie 24, 2011 in Sonder kategorie

Baie van julle ken die ou storietjie dalk, vir sommige gaan dit seker ook nie eers so snaaks wees nie en eintlik moes ek geweet het wat gaan kom.  Maar ek het so lekker hier op my eentjie gesit en lag dat ek dit toe maar wil oorvertel.

An elderly woman goes to the  doctor and asks his help to revive her husband’s sex drive.

“What about trying [email protected]@?” asks the doctor.

“Not a chance,” says Mrs. Murphy.  “He won’t even take an aspirin for a headache.”

“No problem,” replies the doctor. “Drop it into his coffee, he won’t even taste it. Try it and come back in a week to let me know how you got on.”

 A week later Mrs. Murphy returns to the doctor  and he inquires as to how things went.

 “Oh it was terrible, just terrible doctor.”

 “What happened?” asks the doctor.

“Well I did as you advised and slipped it in his coffee. The effect was immediate. He jumped straight up, swept the cutlery off the table, at the same time ripping my clothes off and then proceeded to make passionate love to me on the tabletop. It was  terrible.”

“What was terrible?” said the doctor, “was the deed not good?”

“Oh no doctor, it was the best I’ve had in 25 years,  but I’ll never be able to show my face in Mugg & Bean again.”

Baie gewilde lughawe vir vliegtuig spotters

Februarie 23, 2011 in Sonder kategorie

Maho Beach is a beach situated in St Maarten in the Netherlands Antilles , on the Dutch side of the island.

The location is known worldwide because of the Princess Juliana International Airport that is situated immediately adjacent to the beach.  

Hulle waarsku darem

hierdie restaurant weet hoe.

Februarie 22, 2011 in Sonder kategorie

wil nog die ouer sien wat sal toelaat dat sy kind hier ‘n oorlas is.

nog ‘n visum storie

Februarie 21, 2011 in Sonder kategorie

Snaaks hoe een onderwerp jou lewe van so vele verskillende kante op min of meer dieselfde tye bykom.

Kry toe gisteraand die volgende e-pos:

Ek sit veilig in my kamer.  Kamer 203 by die Peacock hotel. As jy my wil
skakel dan skakel jy net die hotel en vra my kamer nommer.  Sal DV more
die hotel se nommer kry.

Wat ‘n konsternasie. Het nie geweet ‘n visum is nodig vir Tanzanië nie.
Dog ek slaap vannag in die tronk. Hele gedoente gewees. Onthou dat ek
jou later vertel.

Doring was die afgelope jaar na etlike verskillende Afrika lande, met net sy bewys van Geelkoors inspuiting.  Gisteroggend is hy weg Dar es Salaam toe.  Gisteraand het ek die e-pos gekry.  Sal nou maar wag vir later.

As hy op Heathrow of enige ander land sonder ‘n visum moes aankom, sou hy die volgende vlug terug SA moes vat.

Dis nou maar wat met  Dog gebeur.  Hy’t gedog jy het nie visum nodig om enige Afrika land te besoek.

Rugby

Februarie 19, 2011 in Sonder kategorie

Vanmiddag is hy hier uit in sy hemp om iewers sy span te gaan ondersteun.  Dis wat hier agterbly.

Gebore en grootgeword in die Kaap en Oos-kaap, en werk deesdae ook weer hier in die hart van die onnoemlike.  Weet nie waar diè vandaan kom.

Tyd vlieg!

Februarie 18, 2011 in Sonder kategorie

Dit voel asof die dae onder my uitvlieg en ek nie kan bybly nie.

Vandag vind ek toe uit dat dit nie net ek is nie.

Ek en vriendin praat oor gemeenskaplike vriende wat in Kaap kom kuier en waarvan ek nie geweet het nie. 

“Toemaar, hulle kom eers die laaste naweek van die maand.” is vriendin se antwoord waarop ek sê maar dis dan volgende naweek. 

Vriendin geskok: “Nee! Hierdie maand is nou net oor se helfte, dit moet oor twee naweke wees!” maar ek stem toe nie saam nie. 

Volgende naweek is alweer die laaste naweek van die maand!

ps: ek het die meanste sjokolade koek vandag geëet!!   Absoluut aan te be vele.  

By Pistachio.

tegnologie boul my om

Februarie 15, 2011 in Sonder kategorie

Probeer deesdae om enige groter instansie te skakel vir inligting of met een of ander probleem.  Die blikstem rits so lys opsies vir jou af waaruit jy moet kies,  nie een is eintlik jou situasie nie!  Dis waar ek vandag was.

Elektroniese stem antwoord, verwelkom en bedank my dat ek geskakel het maar lig my sommer dadelik in dat hulle nie visum aansoeke hanteer nie en dat ek die paspoortbeheersentrum in Pretoria moet skakel. Skakel die gegewe nommer, wat wegval en dadelik elektronies vir my ‘n paar keuses gee wat nie van toepassing is nie.  In daardie geval skakel dan asseblief 086………

Skakel die nommer.

“Dankie dat jy ons geskakel het.  Indien hierdie ‘n nuwe aansoek is, druk 1.  Indien jy verdere navrae het oor ‘n bestaande aansoek, druk 2”

Dan druk ek 1.

“Jy het aangedui dat hierdie ‘n nuwe aansoek is.  Indien jy binne Suid-Afrika is, druk 1 indien jy van buite Suid-Afrika skakel, druk 2”

Dan druk ek 1

“Jy het aangedui dat jy binne Suid-Afrika is. Gaan na ons webtuiste by www………….uk wat op jou van toepassing is”

Min of meer op hierdie trant

Teen so tempo word die inligting verskaf, dat ek weer moet skakel om die volledige verwysing te kry.  Gaan na die webtuiste, wat my toe ‘n verdere link gee……..na dieselfde webwerf waar ek reeds vantevore was!!!

Nou al drie oproepe gemaak en etlike keuses uitgeoefen, maar nog nie met ‘n enkele mens gepraat nie.  en niks wyser is nie. Wil ‘n navraag rig oor van die derduisende vae vrae wat ek moet beantwoord.  Dis soos iemand sê, dis net jou onderklere se sizes waarna hulle nie verneem nie.

Die kruks van my probleem is dat ek geen inkomste verdien nie.  Die enigste opsie wat op my van toepassing is, maak van my ‘n “sponsered person” , wat nie sommer kwalifiseer vir ‘n visum.  Verder dreig hulle my met tronkstraf as ek verkeerde of misleidende inligting verskaf!!

Nou sal ek dit vormpie maar invul en hoop vir die beste.

dalk verbeel ek my.

Februarie 13, 2011 in Sonder kategorie

Sê met watter fabrikaat kar jy rondry, en baie mense sal jou in ‘n jiffie klassifiseer volgens hul eie waardestelsel.

So was vir my die wat eerste uit die wegspringblokke is, net om by die volgende robot weer saam met almal te wag, die eienaars van karre wat hulle oorsprong daar in Beiere gehad het.  

Of jy raak bewus van iemand wat so kort op jou stert ry dat jy nie eers meer sy nommerplaat in die truspieëltjie kan sien nie.  Ook hulle.  Ons het ook een van daardie fabrikaat karre, maar dit is pure van weë die feit dat dit ‘n goedopgepaste 2ehandse kar teen ‘n baie billike prys was. Daarom weet ek daar is ook ordentlike bestuurders wat daardie fabrikaat verteenwoordig Wink

Dis nou bygesê as een van die seuns nie met hom rondry nie.

Die laaste ruk merk ek egter ‘n nuwe opkomende spesie ongeduldige bestuurder.  Ek sien al hoe meer  4 ringe kort op my stert, of wat die lepel diep wegtrap as robot groen word.  Dalk is dit net my verbeelding.

Kontantstrokie vir petrol

Februarie 9, 2011 in Sonder kategorie

Hierdie was ‘n e-pos boodskap wat ek gekry het.  Is dit geloofwaardig??


ALWAYS ask for a cash slip when filling up your vehicle’s tank , even if paying with cash and even if you intend on throwing the slip away, because….  


·
   The pump attendants take these unclaimed cash slips from the cash register attendant and sell these same cash slips to taxi drivers

·
   The taxi drivers then add these cash slips to their own and so claim a bigger subsidy amount from government,  thereby not feeling the pinch of the fuel increases.

Send this to everyone on your address list… to prevent this corruption going on and the rest of us (non-subsidized drivers) suffers in silence.


You probably didn’t even know that fuel for Taxi’s is subsidized, which we pay for.


Thanks again to the South African government for screwing it’s tax paying citizens while thieves and liars continue being subsidized.

 

my musiekbydrae vir die aand.

Februarie 8, 2011 in Sonder kategorie

Words-adapted from The Bible, book of Ecclesiastes
Music-Pete Seeger

To Everything (Turn, Turn, Turn)
There is a season (Turn, Turn, Turn)
And a time to every purpose, under Heaven

A time to be born, a time to die
A time to plant, a time to reap
A time to kill, a time to heal
A time to laugh, a time to weep

To Everything (Turn, Turn, Turn)
There is a season (Turn, Turn, Turn)
And a time to every purpose, under Heaven

A time to build up,a time to break down
A time to dance, a time to mourn
A time to cast away stones, a time to gather stones together

To Everything (Turn, Turn, Turn)
There is a season (Turn, Turn, Turn)
And a time to every purpose, under Heaven

A time of love, a time of hate
A time of war, a time of peace
A time you may embrace, a time to refrain from embracing

To Everything (Turn, Turn, Turn)
There is a season (Turn, Turn, Turn)
And a time to every purpose, under Heaven

A time to gain, a time to lose
A time to rend, a time to sew
A time for love, a time for hate
A time for peace, I swear it’s not too late