Vir Tina
November 30, 2010 in Sonder kategorie
Jy’t altyd sulke oulike foto’s dat hierdie my sommer dadelik aan jou laat dink het.
November 30, 2010 in Sonder kategorie
Jy’t altyd sulke oulike foto’s dat hierdie my sommer dadelik aan jou laat dink het.
November 29, 2010 in Sonder kategorie
Nadat ek by Modderkoekie gekuier en koud gekry het, het ek besef dat ek mal was oor bordspeletjies maar dat kaarte my nog meer getrek het.
Snap! was vir my te wonderlik. Arme ouboet kon dit nie hanteer en daarom het hy my baie gou Rummy en Sevens geleer.
Happy family. velle verkoop, Black B, Kannesta, en toe ek Doring ontmoet, Brug (waarvoor ek toe nie ‘n smaak ontwikkel het nie.) ek kan nou nie eers meer die helfte van al die games onthou nie. Op hoërskool het iemand my Solitaire geleer, wat ek net so geniet het – onthou daar was toe nog nie rekenaars nie!
As gesin het ons nogal baie sevens met die kinders gespeel en later Rummikub. Selfs nou nog sal hulle die Rummikub uittrek, dan val ek steeds in.
November 28, 2010 in Sonder kategorie
Hierdie is my oudste besitting.
Het hom vir my eerste verjaarsdag gekry, werk dus maar self uit hoe oud hy al is.
November 27, 2010 in Sonder kategorie
my lus is groot maar nie teen hierdie prys nie.
nie watwonderse beeldkwaliteit – prys is per kilogram en nie vir die boer se hele oes nie.
ek wonder of hulle my sal uitspyt met al die foto’s wat ek neem.
November 26, 2010 in Sonder kategorie
….en vandag soveel meer so.
1958 – No other man-made device since the shields and lances of ancient knights fulfils a man’s ego like an automobile
Lord Rootes (1894 – 1964)
1964 – The car has become an article of dress without which we feel uncertain, unclad and incomplete in the urban compound.
Marshall McLuhan (1911 – 1980)
November 25, 2010 in Sonder kategorie
Effe uit fokus want ek wou nie betrap word nie.
Maar dis hoekom ek maar net van so lekker soete sal droom.
3 weke gelede al gesien wat kos hierdie goed in die Pretoria omgewing.
November 25, 2010 in Sonder kategorie
Hier het nou ‘n woord kop uitgesteek wat my herinner het aan iets wat ek so rukkie terug toegevoeg is, en wat ek gou wil deel.
Die uwe het verwys daarna dat sy nou erg middeljarig begin raak. Waarop die volgende wysheid my toegevoeg is:
“Ja, mens kan sien Ma word middeljarig. Die jare kom sit so al om die middel.”
En hy leef nog!
November 24, 2010 in Sonder kategorie
hoewel Adage se storie myne by verre oortref is ons steeds besig om ‘n lêer op te bou.
so rukkie terug hoor ek net
“Nee magtag! Hy’t my wapen opgevreet!”
toe net ‘n paar dae later het ek maar moed opgegee met die 3e uitkrapslag
Maandag terwyl ek yskaste skoonmaak verdwyn my skoonmaaktoerusting.
maar vir daardie aand se dinge gaan die eienaar voor moet opdok
die goggles het ‘n spons gehad wat moes sorg vir ‘n stewige pas.
Gelukkig is dit nie my hond nie
November 23, 2010 in Sonder kategorie
ongelooflike flaminkformasie.
hoop julle kan dit oopmaak om te sien
November 22, 2010 in Sonder kategorie
Toe Jan Klaas ‘n paar maande gelede die gedagte meld dat ek daaraan moet dink om te begin blog, het ek darem geweet daar bestaan so- iets. Nie dat ek hoegenaamd geweet het hoe dit funksioneer nie. Maar so algaande leer mens.
Hier kom Ouboet en sy Duitse vriendin toe nou 2 weke gelede kuier. Ingeligte geleerde dame. En sy het wraggies nog nooit van “blogging” gehoor nie. Ouboet verduidelik vir haar en haar gevolgtrekking was dit dit iets tussen Twitter en FB moet wees.
Sy vra toe verder uit en ek vertel – heng baie gretig, want dis mos iets wat ek geniet. Vertel haar ook van die vriende wat ek gemaak het en hoeke aangename mense dit is.
Hier chip Kleinboet in en sê dat die een wat hier was en hy toe ontmoet het, regtig ‘n besonder oulike mens is ( Knik jou koppie Eaven) met ‘n oulike klein dogtertjie.
Die Europeër val omtrent van haar stoel af. “What, did she come to your home?”
Natuurlik, was die antwoord, al meer as eenmaal en ons het sommer dadelik aanklank by mekaar gevind. En ek kan nie wag om vir haar te gaan kuier nie. Ongelukkig is die end van die jaar te druk vir Doring, maar ons werk daaraan om binnekort te gaan.
Wat ek wil sê is dat my blogvriende, die wat ek al in lewende lywe ontmoet het, en die met wie ek net lekker tikkuier, na ‘n paar maande ‘n groot rol in my lewe speel.
Gister was ek maar lekker down omdat die kuier alweer verby is, en ek het meer bemoediging van blogvriende gekry as van die mense met wie ek gister in direkte kontak was.
En die einde van bogemelde gesprek oor blogging was: “ What a pity she does not live closer to you.”
Onlangse kommentare