The Student Prince
Oktober 31, 2010 in Sonder kategorie
Laaaank voor meeste van ons se tyd, ek weet. Maar in daardie goeie ou dae het die rolprentbedryf teen ‘n baie laer frekwensie geproduseer, ‘n film het langer sy gewildheid behou, soms seker vir baie maande.
As die film baie gewild was, het hy na ‘n ruk ook gou weer ‘n draai kom gooi in die teaters. Dis met so encore vertoning wat ek die film te siene gekry het, en verliefdheid die eerste maal ervaar het.
Watter naam spring dadelik op as van hierdie film gepraat word? natuurlik Mario Lanza. Groot was my ontnugtering toe ek later jare ‘n foto van die STEM sien. Want die persoon wat die rol van die studente prins vertolk het, was ‘n akteur wat nooit werklik iewers gekom het nie. Wonder hoeveel het ooit geweet wie dit was.
Die stem leef nog voort, maar die gesig wat in daardie rol was, lank vergete.
Onlangse kommentare