Jy blaai in die argief vir 2010 September.

Na Vrolikheid………

September 30, 2010 in Sonder kategorie

Remorse, the fatal egg by pleasure laid.  William Cowper  (1731 – 1800)

ietsie om die lagspiere te prikkel

September 29, 2010 in Sonder kategorie

‘n Vrou wil haar ou kar verkoop, maar hy’t reeds 250 000 km afgelê. Sy vra toe raad by ‘n vriend.

“As jy bereid is om iets onwettigs te doen, weet ek van ‘n ou wat jou kilometres sal terugdraai,” stel die vriend voor.

Die vrou volg die raad — en laat die kilometers terugdraai na 50 000. ‘n Week of wat later loop sy weer haar vriend raak.

“Het jy toe jou kar verkoop gekry?” vra die vriend.

“Is jy mal? Met net 50 000 km hou ek hom liewer self! “

Ps: net ter inligting, sy kleur haar hare.

Down Memory Lane

September 28, 2010 in Sonder kategorie

http://www.vpike.com/

‘n Hele paar mense het al hierdie link geplaas en ek het ook al ‘n slag gaan kyk hoe my blyblek lyk.

So ongeveer ‘n maand gelede het ek die eerste oproep van vele ander en ook fb boodskappe gekry.  Almal vanaf mense wat saam met my op die skoolbanke gesit het – almal druk besig om ons reünie van 2011 te beplan.

Die oorgrootte meerderheid van mense bevind hulle steeds in die Pretoria omgewing.  Dit laat my toe terugdink aan daardie sorgvrye dae wat destyds nie so sorgvry gevoel het nie.

Vanmiddag span ek toe gemelde link in en gaan soek na my grootword huis!

Die boom waaronder ek gesit en droom het

Die muur waarteen ek gesit en droom het

Die trappie waarop ek gesit en droom het

alles omtrent nog net soos dit in my kinderdae was – behalwe vir ‘n elektriese heining wat ondertussen sy verskyning gemaak het.

Toe word my hart so klein as wat  Foxy dit vroeër vandag beskryf het

Sommer ‘n klompie ou goed wat weer by my opgeduik het

September 28, 2010 in Sonder kategorie

• Today’s mighty oak is just yesterday’s nut that held its ground….

• You can’t trust dogs to watch your food

• Raising teenagers is like nailing jelly to a tree.

• Families are like fudge…mostly sweet, with a few nuts

• Laughing is good exercise. It’s like jogging on the inside.

• Middle age is when you choose your cereal for the fiber, not the toy.

• Forget the health food. I need all the preservatives I can get.

• Wisdom comes with age, but sometimes age comes alone

• Time may be a great healer, but it’s a lousy beautician

• Wrinkles don’t hurt.

McGregor toe

September 27, 2010 in Sonder kategorie

Die luukse van Satnav kon ons nog nie aanskaf nie en is dus aangewese op AA of TOTAL se se padkaarte.

Vrydagoggend voor ons wegtrek, vinnig na die kaart gekyk en gesien dat ons sal weet waar om die gebaande weë te verlaat om op McGregor aan te kom.

Maar ons het toe nie geweet nie, en die verkeerde afrit net na Robertson geneem ipv. in Robertson.  Spoedig het ons die fout agtergekom, maar die omgewing was so mooi dat ons nie eers dadelik weer wou omdraai nie.  Ongelukkig was my kamera op daardie stadium agter in die boot.  Dus, ooit in Roberson se omgewing, doen die moeite om die Bonnievale pad te gaan ry, dis pragtig – veral nou met al die boorde en wingerde wat nou bot en uitloop.

McGregor is net so aangeneme verassing. Klein maar stampvol interessanthede. 

Moet byvoeg dat die dorp nie te klein is vir Janklaas om in te verdwaal nie. (moenie dat hy weet ek het geklik nie, want weet nie hoe’t hulle dit reggekry Smile)

‘n Straattoneel

en dan ook iemand se pragtige floribunda

So tussen die berge met die natuurgeluide om ons, was dit die idiale plek om te ontspan en met vriende te kuier. 

Ons het sowaar die roep van ‘n visarend ook gehoor.

Die beste vir laaste. Natuurlik die kersie op die koek –  MOB. met Monica H met al McGregor se dinge.  Die naweek was gans te kort en besig om al die kuier wat ons wou kuier, klaar te kuier! 

Daar was ook ‘n mark waarby Monica betrokke was en waarheen ons gegaan het. Die lekkerste brode, geurigste sepe, interessantste mense, alles so bymekaar terwyl Eseltjiesrus se donkies in die kampie langsaan balk.

Die ou gesegde het gepraat van ‘n persoon uit een stuk gesny – dis Monica wat met hart en siel deel geword het van McGregor.

‘n label storie vir Therina

September 23, 2010 in Sonder kategorie

therina

Raai wat doen daardie handjie agter sy rug.

Hy vryf sy broek se label.

Hy’t gevrek oor sy kombersie se satyn randjie ook.  so al vrywend aan die slaap geraak.

As ek hom gedra het, was die handjie sommer gou agter by my nek in op soek na etiket.

En nou is dit meer as 20 jaar later.

Wat is stress! en ander dinge

September 23, 2010 in Sonder kategorie

Gisteraand

Middelkind:  Ma wanner moet die bakkie se lisensie weer hernu word>?

Ma:  Nee, ek weet nie.  Ons sal moet gaan kyk op die disk. Maar ons het nog nie ‘n kenniggewing gekry nie.

Af met die trappe en uit by die deur tot by die bakkie.

O liewe maggentag.

Die ding het al 30 junie 2010 verval.

Ma:  O nee!  Ry met Pa se wiele.  Jy kan nie so  rondry nie.  As hulle jou vang is dit honderde rand se boete.

So score hy pa se kar.  Maar vanoggend moes die kans weer gewaag word op die pad – hy moet by die werk kom.

Ek is nou net terug van munisipaliteit en is minus ‘n ekstra R130 vir penalty maar plus ‘n skyf wat nou vir hom by die werk  geneem gaan word.  Vanmiddag begin langnaweek en skool vakansie, weet nie wie  kan op die loer lê.

Janklaas het kommentaar by my gegee dat voertuie ‘n komplot smee, en hy’s reg.

Maandag: My motor se band

Dinsdag: Annerhelfte se motor se stuurstang

Woensdag: Bakkie se lisensie

Wonder wat die kruiwa nou gaan doen.

Geniet julle naweek.

Ek gaan MOB in McGregor  Laughing

hoe gebeur dit so maklik…..

September 21, 2010 in Sonder kategorie

Gister-oggend net toe die exodus van die dag begin, is een van die wiele wat moet rol, pap.  Gelukkig is hier nog ‘n kind in die huis, anders sou ek dit moes omruil.  Weet nie of Annerhelfte se hotklou en dom regter veel sou kon uitrig.

Vanoggend  ry ek met stukkende wiel sodat hy herstel kan word.

Kom die man my waar ek in wagkamer sit en lig my in dat hy nie die band kan herstel nie.  Daar is ‘n sny  (so ongeveer meslem wydte) aan die buitekant van die band!  Nuwe band, nog minder geld in die sak.

sport & politiek(Bank?)

September 20, 2010 in Sonder kategorie

Ek is nie ‘n kenner van een van die twee bogemelde onderwerpe nie.

Maar as ek so na gister se Rapport se voorblad kyk, sien ek dat die een alweer sy bes probeer om die ander te domineer. Net mooi omgekeerd as in die tagtiger jare.

Verder is ‘n bank seker ook nie veronderstel om ‘n politiese standpunt in te neem of te verdedig nie.

Klip in die bos:  As die  borg dan nou ‘n politieke standpunt inneem en sê hulle ondersteun wel kwota stelsels in rugby.  Wat gaan AfriForum se lede dan doen?  Hulle eie bank stig?  Ek wonder net.

Lente ?

September 19, 2010 in Sonder kategorie

Wie het almal so gejuig omdat die lente ook uitgevind het waar die Kaap is?

Wel dis alweer weg.  ‘n Paar verdwaalde reëndruppels spat hier agter my teen die ruit.

Maar gister was ‘n pragtige lentedag met lekker sonskynweer.

Daarom het die tuin geroep.

Tussen ons en die bure is ‘n Kaapse kamferfoelie heining wat besig is om ons toe te groei en lankal gevra het vir ‘n goeie knip.

Leer is nader gedra en skêre uitgehaal waarmee ons die heining tref.

Onthou, annerhelfte het net sy linkerhand om te gebruik.  Eers werk ons voorlangs.  Hy kom al goed reg met die hotklou en snoei net so lekker.  Maar die heining is hoog en bo moet ook bygekom word.  Dus hou hy die leer vas en ek klouter op om te knip.  Net mooi op daardie oomblik sal wildvreemde mense hier verby drentel en ons met groot vraende oë aanstaar.