Jy blaai in die argief vir 2010 Augustus.

woorde wat ek vanoggend raakgelees het…..

Augustus 31, 2010 in Sonder kategorie

Be generous!

When you see a person without a smile, give him your’s.Laughing

new beginnings….. my bydrae

Augustus 29, 2010 in Sonder kategorie

Die naweek is nog nie verby nie dus is hierdie is my bydrae vir View from the sidE se naweektema, New Beginnings.

Ek is verbind aan ‘n man wat ‘n takkie as uitdaging tot die  wording van ‘n nuwe plantjie sien.  Gedurig takkies in die water, pitte en sade wat gebere word, ogies wat hy ent, ens.  Vriendin het ‘n paar jaar terug ‘n lieflike ruiker lelies present gekry.  Hulle gaan met vakansie en kom laai die blomme by my af, sodat hulle steeds waardeer kon word.

Niks hou ongelukkig vir altyd nie en toe  blomme verwelk besluit Annerhelfte ons moet hulle hou en kyk of hulle nie saadhuisies maak en ons nie van die saad kan oes nie.

Die saadhuisies is toe dof, maar so met die staan het daar bolletjies begin vorm by die blaaroksels. Piepklein! maar dis ge-oes,  in sand geplant en getroetel.

Hier is die resultate van die proses.

Dit was 2008. Hulle was net in sakkies sodat hulle saam met ons kon trek.  Hulle het in die sakkies bly staan en onnodig om te sê laas jaar was hulle maar power.

Maar 2010 het hulle ‘n New Beginnnings ervaar.  Ek het die bolletjies uitgegrawe en was verbaas dat hulle nog redelik gesond is.  Hulle is verplant en hier is die brose begin van ‘n hopelik weer suksesvolle lelie jaar.


Iemand het verwys na Sondagmiddae se stilte terwyl die grootmense rus……

Augustus 28, 2010 in Sonder kategorie

Wanneer kinders te slim is
Die egpaar se enigste manier om ‘n Sondagmiddag knippie in te kry was deur hulle 8-jarige seunjie met n groot suigstokkie op die balkon
uit te stuur met die versoek dat hy oor die omgewing, bure en straat se aktiwiteite moet rapporteer.

Hy begin sy kommentaar so, terwyl pa en ma hulle plan in aksie stel:
“Daar word n kar uit die parkeerterrein uitgesleep.” 

” ‘n Ambulans het nou net hier verbygery.”

“Die Andersons het kuiermense gekry.”

“Marius het ‘n nuwe fiets.”

“Dit lyk of die Standers besig is om te trek.”

“Jason ry al weer op sy skateboard, en daar val hy.”

Na ‘n rukkie kondig hy aan:

“Die Petoorse is besig met seks!”

Geskok vlieg ma en pa regop op die bed en pa vra versigtig:

“Hoe weet jy hulle het seks?”

Antwoord:

“Want Anton staan op hulle balkon met ‘n suigstokkie!”

Daar kry ek dit toe weer…….

Augustus 27, 2010 in Sonder kategorie

Die universele stem wil hê ek moet iets hoor!

Ervaring het my nou al geleer dat oogkontak mens se ondergang kan beteken.  Daarom stap ek my stap as ek in ‘n winkel kompleks is waar daar oral mense is wat vir jou wil vertel hoe wonderlik hulle produk is.

So het een my al voorgekeer en ‘detse sout’ aan my probeer afsmeer.  Ek kon om die dooie dood nie uitmaak wat sy verkoop nie. Totdat sy die pakkie uit moedeloosheid onder my neus druk.  Deadsea salt,  teen ‘n BARGAIN. dis gewoonlik R1200!  maar vir daardie dag kon ek dit teen halfprys kry. Wat steeds te duur is om my vel te skilfer en verglad.

Tygervallei het hulle jaarlikse  Bruid Bonanza, en die plek is tjok en blok vol stalletjies. Ek loop by ‘n onbemande kraampie verby en omdat ek effe belangstel in die produk (depigmentasie vir onse fossiele) vertraag ek my pas net vir ‘n oogwink en draai my kop in die rigting van die uitgestalde foto’s.  Woeps, iemand langs my.  Dadelik val sy weg en bemark haar terapie. “……Veral vir jou hande mevrou” Waarop ek my tot dusver vlekkelose hande vir haar uithou.

Hierop haar volgende opmerking :  ” O! Maar jou hande lyk goed vir jou jare!”  Daar het ek dit nou.

“Ag, dit help tog nie om te kla nie……”

Augustus 26, 2010 in Sonder kategorie

Maar ek het toe uitgevind dat die teendeel waar is.  Dit help toe tog om ‘n slag te kla.

Die fynere detail is te omslagtig om te verduidelik.  Dit kom egter daarop neer dat Annerhelfte na ‘n handterapeut gaan waarvan hy nie hou nie. Wat hom verkeerd opvryf. Wat hy voel nie die regte pad vir herstel volg nie.   Maar hy’t baie min gebruik van sy regterhand en is dus die verleë party.  Na verlede week se operasie is hy toe weer na haar.  Toe ek hom daar aflaai, besluit ek tot hier toe en nie verder.

Ek gaan aan na die spesialis se spreekkamer en praat met die praktyk bestuurder.  Daar kom ek agter dat sy effe bewus is van die situasie en beloof om met dokter daaroor te praat.  Ons kom al ‘n jaar so saam-saam aan.

Vanoggend bel sy.  Ons hoef nie opvolg by ongewilde terapeut te kanselleer nie, sy gaan dit sommer namens ons doen! Ons moet ook in die motor klim en dadelik ry na ander wat vir ons wag.

Mense, wat ‘n aangename verandering. 

Toe sy hoor van apparaat wat gebruik moet word vir oefening, was haar woorde dadelik”gooi weg!” en dit is presies wat ek as leek gedink het.  Toe sy die stut sien waarvoor ons nog moet betaal (‘n arm en ‘n been) het sy gesê jammer, maar gooi ook asseblief weg.

Haar oefeninge maak sin. Die stut wat nuwe handterapeut gemaak het, ondersteun baie beter EN  laat terselfder tyd meer beweging van die gewrig toe.  Volgens haar sal 1e stut net tog verdere verstywing veroorsaak. (Wat ons ook gedink het)

Toe ons uitstap en moet betaal is haar konsultasie fooi en prys van die stut minder as 1e terapeut se konsultasie fooi alleen.

Daarby is L.  nie net ‘n bekwame terapeut nie, maar ook ‘n verskriklike aangename mens.

Moes dit net knip en plak.

Augustus 25, 2010 in Sonder kategorie

 

 
Someone out there either has too much spare time or is deadly at Scrabble.

Maar dis nie geval nie. Nadat ek die e-pos gelees het, het ek my kindertjie geroep om hom te wys.

Hy kom toe dadelik met die volgende web tuiste na vore

http://www.mbhs.edu/~bconnell/cgi-bin/anagram.cgi


PRINCESS DIANA
When you rearrange the letters:

END IS A CAR SPIN

MONICA LEWINSKY
When you rearrange the letters:

NICE SILKY WOMAN

DORMITORY:
When you rearrange the letters:

DIRTY ROOM

ASTRONOMER:
When you rearrange the letters:

MOON STARER

THE EYES :
When you rearrange the letters:

THEY SEE

GEORGE BUSH :
When you rearrange the letters:

HE BUGS GORE

SLOT MACHINES:
When you rearrange the letters:

CASH LOST IN ME

ANIMOSITY:
When you rearrange the letters:

IS NO AMITY

ELECTION RESULTS:
When you rearrange the letters:

LIES – LET’S RECOUNT

SNOOZE ALARMS:
When you rearrange the letters:

ALAS! NO MORE Z ‘S

A DECIMAL POINT:
When you rearrange the letters:

IM A DOT IN PLACE

THE EARTHQUAKES:
When you rearrange the letters:

THAT QUEER SHAKE

ELEVEN PLUS TWO:
When you rearrange the letters:

TWELVE PLUS ONE

MOTHER-IN-LAW:
When you rearrange the letters:

WOMAN HITLER

 

They forgot about GAUTENG – when you rearrange the letters you get: 

GET A GUN  



AND FOR THE GRAND FINALE:


CASTER SEMENYA

-YES A SECRET MAN

dinge op my hart….

Augustus 25, 2010 in Sonder kategorie

Nog ‘n bedrywige dag wag, maar ek wil net gou iets wat ek op die hart het, uitstort.

Ek blog nou net vir bietjie meer as 3 maande en het daardeur die wonderlikste mense ontmoet en die lekkerste gelag in ‘n lang tyd.  Daarby baie interessante dinge geleer en ook sommer ‘n crashcourse in mensekennis gekry.

Aanvanklik was name net name, later vind ek uit die ene wat my bangerig maak Laughing shop by dieselfde 7-11 as ek.  Dan lees ek op ‘n web iets raak wat Maankind geskryf het en kom agter dat ons verlede saam moes geloop het.  Algaande begin ek die mense ken, en hier en daar ontmoet.

Vanoggend is dit weer MOB tyd en ek kan nie WAG nie!  Terwyl Lou vir haar man gaan wag tydens sy ondersoeke, gaan ons ‘n teetjie wegslaan.

Net voor ek afsluit net een klagte wat ek wil rapporteer:   Ek het by Maankind van Bejeweled Blitz gehoor en nou’s ek ook semi-verslaaf.

Mooi dag, sal kom skinner van Lou met die passie vir haar beroep.

Dwalende gedagtes

Augustus 24, 2010 in Sonder kategorie

Augustus maand is vir ‘n paar goed bekend.  Buiten dat dit nou ook Vroue maand is, is dit ook die maand bekend vir die katte om te miaau.  En hoor ek hulle nie!  Maar dit gaan darem weer verby.

Dan die ander Augustus etiket: wind!

Vanmiddag by die handterapeut sit daar nog ‘n jong man met sy hand in doeke toegedraai.  En soos Charlene vroeër gesê het, wag ons in die wagkamer – dis afterall waarvoor die vertrek gemaak is, om te ….wag.  Die jong man vertel toe dat hy al wou huistoe gaan maar dat daar volgens die handterapeut, effe komplikasies is.  Die volgende vraag is noodwendig nou maar waar is jou “huistoe”. En sy antwoord, Port Elizabeth. Eerste wat geopper word is… die wind.  Met al my PEvriende waarmee ek die laaste paar dae kontak gehad het, het vertel dat ons bly kan wees dat ons weg is daar, want die wind was weer iets ysliks om te trotseer.

Dis een van die dinge wat ek net nie gewoond kon raak in daardie plek nie.

Maar dan onthou ek weer PE word nie so vrek koud in die winter nie. PE word nie so vrek warm in die somer nie.  En PE het lieflike strande.

Pollockstrand

foto Henri

Ons liewe ou land met al sy dinge

Augustus 22, 2010 in Sonder kategorie

……….ek wonder altyd hoekom moet ons dankbaar wees ons lewe na so voorval as dit ons REG is om te lewe.  Maak nie sin nie. wat soek hulle in mens se privaatheid?

Dit is die boodskap wat iemand op my niggie se fb muur geskryf het, nadat sy ook die nuus ontvang het dat hulle vroeg Vrydagoggend in hulle slaap oorrompel en beroof is.

Ja ons is almal baie dankbaar dat hulle fisies niks oorgekom het nie, maar is dit dan nie ons reg om ongedeerd in die privaatheid van ons eie slaapkamers te wees nie?

Hoekom moet ons in tronke bly as ons nie misdadigers is nie?

So ongeveer ‘n jaar gelede is ‘n ouer dame in die pers gekritiseer omdat haar deure helder  oordag nie gesluit was en sy toe gevolglik aangerand en verkrag was.  Maar sy het nie ‘n leer teen haar hoë buitemuur gehad nie, dus moes haar aanrander homself uitsit om haar te bereik. 

Gaan tel bietjie hoeveel veiligheidshekke en diefwering aan jou jou huis is. Meet hoe hoog is jou muur om jou huis en sê dan vir my of jy nie ook in ‘n tronk sit nie.  By ons voordeur is sommer 2 hekke.

My opvolg bieg.

Augustus 19, 2010 in Sonder kategorie

Aangesien die dag nog nie om is nie, kan ek seker weer bieg.  Ek het ander gesien nog ‘n bieg doen.  Hierdie keer moet ek bieg dat ek nie normaalweg so maklik uitrafel soos vanmiddag nie.   Inteendeel….

Maar die bemoediging van al die ander bloggers was ôsim (Thx Flenters).

Vanaand voel ek weer beter.  dis net ‘n nagmerrie wat verlede jaar September begin het, en aanhou en aanhou.  annerhelfte was in ‘n verskiklike ongeluk betrokke en sy regterpols en hand is basies vergruis gewees en die een breuk heg net nie.  Hy is so vol blik, dis net nie waar nie.  regte ou [email protected]#!^m, hy!

sal nog op ‘n dag volledig vertel.