Jy blaai in die argief vir 2010 Julie.

swerf oor die net.

Julie 31, 2010 in Sonder kategorie

My huismense dink ek is mal, maar ek kan enige iets lees.  Kies vir my ‘n onderwerp, doen ‘n search en begin lees. Vat ‘n link en lees verder. Begin so met Amen en eindig dan by Zebra.

So het ek al oor Evolusie begin lees en ‘n link gevat wat my by ‘n ou skoolmaat uitgebring het wat boek oordie onderwerp die lig laat sien het.

Begin met prinses Diana se stamregister, link met ‘n draai tot by koningin Vicroria verklaarder van ABO.  Link verder na ABO en sien dat ek en Maankind iets in gemeen het!

En so voorts.

Nou die dag het ek vermoedelik met die pylpuntjie nie op die regte plek geklik en een of ander vriendskapsblog maak oop. Sommer so uit nuuskierigheid loer ek wat is die mense se behoeftes en eienskappe. Kom toe op hierdie eerlike persoon se woorde af:

 I am not looking for people with problems I have my own.

TREK

Julie 30, 2010 in Sonder kategorie

Trek is vir my die kortste woord wat ‘n baie  omvattende proses beskryf.

Vanoggend op pad huistoe vanaf die poskantoor is daar so halfwas trokkie(ek weet niks van voertuie se tonnemate af) voor my.  Goed gepak met persoonlike besittings.  Dus net ‘n plaaslike trek van een woonbuurt na ‘n ander.  Toe ek kans kry om by hom verby te gaan, sien ek voor hom ry ‘n Corsa motortjie.  Self goed toegepak met komberse en allerhande huishoudelike ware.  Besef toe sy is trokkie se rigtingaanwyser toe hulle so saam-saam by dieselfde straat afdraai.

Toe dink ek onwillekeurig terug aan ons eerste trek.

Ons het so ampertjies direk uit die wiegie getrou en ons eerste woonstelletjie betrek, met ‘n mat, bed (NB), ketel, yskas, 2 ou houtstoele en ‘n selfgemaakte houttafeltjie.  So mettertyd het daar goed bygekom.  So, daardie intrek was peanuts.  Soos dit maar gaan, het die kleinheid van die ou Petunia woonstelletjie vir ons te veel geword, en ek het begin uitkyk vir iets ruimers.

Kry dit toe ook – so ongeveer 200 meter in die pad af, aan die ander kant van die straat!  Die tyd vir ons eerse amptelike trek het aangebreek.  Ondertussen het daar ‘n lessenaar, ‘n kas, sitkamerstel ens ens bygekom wat steeds nie veel was nie maar als moes oor die pad gepiekel word.  O! Ook een van daardie enorme ou  paneel asbesverwarmers.

Oggend van die trek word hele skare pelle ingespan want die karige meubeltjies moet ook nog opgepas word so op die sypaadjie.

Nou vir die ding!  Die straat wat oorgesteek moes word, was Voortrekkerweg, net noord van die ou HF Verwoerd hospitaal! op ‘n

end van die maand Saterdag!

geboorte van ons tafeltjie met kleinboet as appie skrynwerker

kwaliteit maar power maar die sentiment is hier van belang

Meer duidelikheid oor verskeie gesonde leefwyses

Julie 29, 2010 in Sonder kategorie


Q: Doctor,  I’ve heard that  cardiovascular exercise can prolong life.  Is this true?  
A: Your heart only good for so many beats, and that it… don’t waste on exercise.  Everything wear out eventually..  Speeding up heart not make you live longer; it like saying you extend life of car by driving faster.  Want to live longer?  Take nap.

Q: Should I cut down on meat and eat more fruits and vegetables?  
A: You must grasp logistical efficiency.  What does cow eat?   Hay and corn. And what are these?  Vegetables.  So steak is nothing more than efficient mechanism of delivering vegetables to your system.  Need grain?  Eat chicken.  Beef also good source of field grass (green leafy vegetable).  And pork chop can give you 100% of recommended daily allowance of vegetable product.

Q: Should I reduce my alcohol intake?
A:  No, not at all.  Wine made from fruit.  Brandy is distilled wine, that mean they take water out of fruity bit so you get even more of goodness that way.  Beer also made of grain.  Bottom up!

Q: How  can I calculate my body/fat ratio?  
A: Well, if you have body and you have fat, your ratio one to one.  If you have two bodies, your ratio two to one, etc.

Q: What  are some of  the advantages of participating in a regular exercise program?
A: Can’t think of single one, sorry.  My philosophy is: No pain… good!
        

Q:  Aren’t fried foods bad for you?  
A:  YOU NOT LISTENING!  Food are fried these day in vegetable oil.  In fact, they permeated by it.  How could getting more vegetable be bad for you?!?

Q
:  Will sit-ups help prevent me from getting a little soft around the middle?  
A: Definitely not!  When you exercise muscle, it get bigger.  You should only be doing sit-up if you want bigger stomach.

Q:  Is chocolate bad for me?
A:  Are you crazy?!?  HARRROOOW!!  Cocoa bean!  Another vegetable!  It best feel-good food around!

Q:  Is swimming good for your figure?
 
A:  If swimming good for your figure, explain whale to me.

Q:  Is getting in shape important for my lifestyle?
A:  Hey!  ‘Round’ a shape!

Well, I hope this has cleared up any misconceptions you may have had about food and diets.

And  remember:
Life should NOT be a journey to the grave with the intention of arriving safely in an attractive and well-preserved body, but rather to skid in sideways – Chardonnay in one hand – chocolate in the other – body thoroughly used up,  totally worn out and screaming “WOO-HOO, what a  ride!!”

AND…


For  those of you who watch what you eat, here’s the final word on nutrition and health.  It’s a relief to know the truth after all those conflicting nutritional  studies.

1. The Japanese eat very little fat
       and suffer fewer heart attacks than us.

2. The Mexicans eat a lot of fat
      and suffer fewer heart attacks than us.

3. The Chinese drink very little red wine
       
and suffer fewer heart attacks than us.

4. The Italians drink a lot of red wine
      and suffer fewer heart attacks than us.  

5. The Germans drink a lot of beer and eat lots of  sausages and fats  
       and suffer fewer heart attacks than us.

CONCLUSION:

Eat and drink what you like.

Speaking English is apparently what kills you.

Hygromans – red nou ‘n nasie………….

Julie 29, 2010 in Sonder kategorie

Voordat ek my storie vertel wil ek net gou kortliks verduidelik.  Annerhelfte is ‘n baie sober konserwatiewe mens, maar hy’s nie op sy bek geval nie. Moet nou nie verkeerdelik dink hy’s gevrek nie.  Ons het immers nie onse kindertjies aangeneem nie. 

Sit ons gisteraand so by die vuur en ek vertel hom meer van die blog.  Dat daar ‘n hygnet is, was vir hom baie snaaks.  Ek gaan toe voort en sê dat litnet meer soos ‘n vrolike kombinasie van chatnet, litnet, hygnet, kiekienet en sommer enige ander  -net is.

Praat toe verder oor hygromans, waarvan Annerhelfte niks weet. Ek vertel dat as ek nou eenmaal gelees het dat die skrywer weet hoe om te vry, ek dit nou nie in elkeen van sy boeke so n+1 aantal keer wil lees nie.

En dis net mooi hier waar ek die verkeerde koers kies.  Gaan aan deur te sê as ek nou ‘n grootwildjagter se boeke lees, wil ek nie hondermaal in elkeen van sy jagstories lees hoe hy te werk gaan om ‘n bok te skiet nie.  As hy nou eenmaal vertel hoe hy sy ammunisie hanteer, die prosedure wat hy volg om sy geweer uit te haal,  hoe sy hand om die kolf gaan, te laai……

Hier word ek toe liederlik in die rede geval met die volgende:

“praat jy nou van jag of jags?”

My murasie

Julie 28, 2010 in Sonder kategorie

Kyk hier

Magdaleen is skoon angstig van opgewondenheid.  Hulle was almal so lank laas in daardie geweste. Gister is Ousus  Petra en haar hele gesin weg met vakansie en die plek wat hulle sommer heel eerste gaan besoek is Ouma Petronel se dorpshuis.

As kinders was dit groot opgewondenheid om by Ouma te gaan kuier.  Na haar dood was hulle net daar vir die begrafnis en niemand in die gesin nog ooit weer nie.

Magdaleen onthou die louwarm dae wat hulle onder die ou boom langs die huis gespeel het. Dan het Ouma vir hulle tuisgekookte suurlemoenstroop en selfgebakte gemmerkoekies gebring…….

Sy hoor ‘n boodskap op haar selfoon deurkom en spring vinnig op.  Dis ongeveer die tyd wat sy te wagte was dat Petra-hulle daar voor Ouma se huis sal wees.

Opgewonde  haal sy haar selfoon uit haar handsak en sien dat Petra vir haar ‘n MMS gestuur het.

Magdaleen maak die MMS op en herken die boom langs die murasie.

Nou hou ek asem op om te sien of my link werk

Nog ‘n lame knip en plak

Julie 28, 2010 in Sonder kategorie

‘n Man wat voel hy het sy plek as die hoof van sy huis verloor het,
gaan koop vir hom een van daardie selfhelpboeke met die titel “Die Hoof van
jou huis”.

Na hy die boek gelees het, stap hy vol vertroue by die sitkamer in.

“Vrou, van nou af is ek die hoof van hierdie huis”, vertel hy haar
terwyl sy sit en Egoli kyk.. “Jy gaan nou opstaan en vir ons ‘n lekker
maaltyd voorberei, na ete gaan jy die skottelgoed was en vir my ‘n
lekker warm bad intap. As ek uit die bad uitklim verwag ek my nagklere
klaar uitgesit op die bed en die bed mooi netjies skoon oorgetrek.

Môre-oggend as ek opstaan, soek ek my ontbyt en as ek klaar geëet
het, raai wie gaan my help om klere aan te trek en my hare vir my kam?”

Sy kyk ongeërg op en sê: “O, seker die mense van AVBOB?”

Lag ‘n slag

Julie 27, 2010 in Sonder kategorie

Twee broers het ‘n sak vol lemoene gesteel en het besluit om na die naaste kerkhof te hardloop waar hulle dit in vrede sonder om opgemerk te word, eweredig onder mekaar sou verdeel. Toe hulle by die groot staalhekke kom waar hulle moes ingaan, val twee lemoene uit die sak en word vir eers sommer net daar gelos.

‘n Papdronk man oppad terug van die kroeg loop naas die kerkhof verby en hoor toe die volgende: Een vir my en een vir jou, een vir my en een vir jou.

Hy skrik homself sommer dadelik nugter en hardloop so vinnig soos wat sy voete hom kan dra na die priester in die kerk.

“Priester, kom saam met my om te getuig hoe satan en die Almagtige lyke onder mekaar uitdeel in die kerkhof.”. Hulle hardloop tot by die hek en hoor die stem gaan steeds voort. Een vir my en een vir jou, een vir my en een vir jou!

Skielik se die ander stem.: “Nou wat van die twee by die hek?”.

Die priester was die een wat die vinnigste kon padgee…!!!!

‘Skuus dat ek dieselfde model gebruik

Julie 26, 2010 in Sonder kategorie

Het al die naweek vertel van bloedjie se verjaarsdag en die koek wat toe gebak is.

Op die ou einde is dit ‘n baie ryk resep wat ‘n mens nie sommer dikwels sal bak nie.

Dit is verder ook een van daardie rare gebak wat na ‘n dag se staan, eers werklik tog sy reg kom. Dis nog steeds ryk 

maar dis asof die bitter van die kakao na ‘n dag deurbreek en die algehele smaak is net soveel beter.

Dan die heel groot bonus:  die kinders het ook aanvanklik gesê dis te soet, sê ook dis nou baie lekker.  Maar self hulle kan net ‘n klein blokkie op ‘n slag hanteer EN dit maak dat die koek nou soveel langer hou. Wat uiters raar is in hierdie huis.

En weereens die resultaat……………

Sjokolade pankoek

Beslag:

400g   witsuiker

275g   bruismeel

2ml      sout

250g   botter/margarien

250ml  water

30g     kakao gesif

2 eiers effe geklits

125ml  karringmelk

5 ml     vanilla

2 ml     kaneel

5ml     koeksoda

Voorverhit oond tot 180º

Smeer oondvaste bak van ongeveer  33  X  23 X 5 cm

Sif suiker, meel en sout saam

Verhit die botter/margarien, water en kakao saam tot kookpunt. 

Giet die warm mengsel oor gesifte droëbestanddele en meng

Meng eiers, karringmelk,geursel en kaneel en voeg by.

voeg koeksoda by en meng goed tot glad

Giet in bak en bak vir 40-50 min tot gaar

Bolaag:

250g versiersuiker gesif

50 g kakao gesif

75g botter/ margarien gesmelt

75ml karringmelk

Meng saam en skep liggies oor koek sodra dit uit die oond kom.

Sibling rivalry…….

Julie 26, 2010 in Sonder kategorie

…..is daar goeie Afrikaans hiervoor!

Kleinhond is soos ‘n kind.  Daar is ook nie meer ander honde wat wedywer vir aandag nie….sy kry als.

Daardie voorreg is haar egter so paar weke gelede wreed ontneem toe een van die mensekinders in die huis besluit dat hy sy eie woefkadoef wil hê.  Ek kla, want weet hoeveel chaos so kleine  brak in ‘n huishouding veroorsaak.  Ek word  uitgestem, en hierdie lang gedermtetjie vind sy weg tot in ons huis ….en harte.

Bitsie is egter gladnie happy oor hierdie toedrag van sake nie.

Die foto vertel presies hoe min is sy lus vir hierdie verspot lastige dingetjie. 

Ondertussen het worsie GEGROEI , maar nie in hoogte nie.

En hy vertoorn haar omtrent.

Maar dis nou al ‘n maand later en hulle begin al so van tyd tot tyd saamspeel – totdat sy agterkom ons sien dit.  Dan draai sy om en stap weg asof sy steeds niks van hierdie lastige langlyfdiertjie af wil weet nie.

Nou kom ek by iets wat my geweldig pla

Noudie aander dag vertel iemand vir my dat haar een kind nou in Londen is en dat dit vir haar baie swaar is.  Hiermee kan ek assosieer!!!

Ja, beaam sy, hierdie is ook haar spesiale kind vir wie sy daai ekstra gevoelentheidjie het!

Hoe sê?  Ekskuus? Ek help haar dadelik reg dat ek nie so iets het nie. Dis net dat hierdie een my enigste verweg kind is.

Dat ‘n ouer sonder om te skroom so ‘n stelling kan maak! Dan verstaan ek as kinders kompeterend raak.  Of aanvaar die ander kinders dit maar as ‘n gegewe?

Tussen my en Ouboet was daar 5 jaar verskil,  en hy het uit die aard van die saak ‘n voorsprong op alle terreine gehad. Wat my soms mateloos frustreer het.  Dit het meerendeels gegaan oor vaardigheid en voorregte waarvoor hy gekwalifiseer het.

So het hy per geleentheid vir my baie duidelik laat verstaan dat sy grootste sywurm tog groter is as myne, wat net so kortkoppie (-segmentjie) agter was.  Weereens was ek in die tweede posisie.

Die probleempie het ek toe maklik opgelos deur syne *willempie* dood te byt!

Ja, ek het.

* Ontleen van Modderkoekie (waar is sy tog!!) 

BATMAN

Julie 25, 2010 in Sonder kategorie

Stil middag en  ek het nou tyd om ou posse te lees.  So lees ek  AS Kamer http://blogs.litnet.co.za/maninblack/mans  Waar die sexy getroude vrou se man haar aansien as Zorro.

Ek het al voorheen gemeld dat ek maar effe suinig is.  As ek terugdink, is dit ‘n ding wat al lank met my saamkom. So was ek  geweldig gekant teen ‘n duur troue (my eie) en het gevoel baie geld vir kort rukkie is onnodig.

Materiaal gekoop en Ma se vriendin wat nog altyd gesê het sy gaan my trourok maak, op haar woord geneem.

Baie basies en plein – ook nie eers wit nie, want dit was nog nooit my geliefkoosde kleur nie.  Pink Ja!!  Waarby ek net hoed gedra het.

Dit was ‘n laterige troue en daar is besluit dat ons voor seremonie ook ‘n paar  foto’s gaan neem.

My toe nog toekomstige man, want dit was nog 2 uur VOOR die seremonie, het my een kyk gegee en gesê:

“Any friend of Batman is a friend of mine.”

En ons is toe tog getroud!!!!

Jammer fotokwaliteit so swak omdat hy uit album gescan is wat ‘n selofaanlagie het