Wagkamer lektuur

Junie 29, 2010 in Sonder kategorie

Gaan na ‘n plek toe waar ek weet ek sal moet wag vir my beurt, al het ek ‘n afspraak vir ‘n uur vroeër, is ek altyd gewapen met my eie leesstof.

Die afgelope twee weke moes ek weer die eenarm bandiet rondkarwy en dan noodgedwonge saam gaan sit en wag. Wat my opgeval het is dat daar baie beter tydskrifte in die wagkamers is as vroeër jare.  Getaway, Country Life, Nat Geographic, ens.

So wag ons gisteraand weer geduldig sy beurt af.  in hierdie spreekkamer lê toe Stywe Lyne – Annerhelfte se kos.

Hoekom hy dit gelees het weet ek nie mooi nie, maar wys toe vir my.

Hulle het so Hoekie vir Eensames blad waar die mense hulle eise en voorwaardes vir ‘n metgesel neerpen.

Die een ou soek ‘n gesellin maar sy moenie so groot wees dat sy dalk die bootjie sal laat sink nie!

Hoop dis ‘n sin vir humor en nie ‘n chauvinis  wat daar praat nie

24 antwoorde op Wagkamer lektuur

  1. louisna het gesê op Junie 29, 2010

    By my tandarts is daar net ou goed. Toe ek die ontvangsdame tartend aanspreek oor die “1980” Huisgenoot toe wip sy haar.

  2. HAHA ek sou sê hy is ‘n Realis….

  3. kerneelsie het gesê op Junie 29, 2010

    Hehehe
    Ek het soveel jare laas ‘n Stywe Lyne gekoop, ek het nie eens geweet daar is ‘n hoekie vir eensames nie.

  4. n familie lid van my het eendag bietjie moeg geword daarvoor dat sy altyd moet wag al het sy n afspraak. haar redenasie is sy vat net 15 min. soms minder. en sekere plekke weet dit, en boek dus 2 mense vir die half uur. tog wag almal altyd. so toe haar tyd kom en sy na 5 min klaar is en die Dr verwag dat sy gaan loop…toe gryp sy n pak kaarte uit haar handsak en plak haarself mooitjies terug op die stoel en se “my half uur is my half uur, jou rekening se so. jy laat my mos altyd wag. Jyt een van twee keuses, of jy sit en kyk vir my terwyl jy die half uur om wag of jy speel saam”

  5. VozSola het gesê op Junie 29, 2010

    shame!
    Nie almal het groot bootjies nie…

  6. Ha,ha sjyme!

  7. pasella het gesê op Junie 29, 2010

    Hy is dalk self ‘n dikketjiie, en twee dikketjies in een bootjie sal nie werk nie!

  8. dis hulle buitensporige fooie wat hulle help om sulke grand boeke te koop.

  9. 🙂 🙂 🙂 😉 all smiles

  10. Dit kan jy sowaar sê.

  11. Moet wees as hy daar soek vir geselskap

  12. Stywe Lyne en Fly Fishing is van dioe gereelde tydskrifte in ons huis

  13. Bekselse slim plan.

  14. Ek wens hom een moerske vis toe – een so groot dat dit sy boot laat sink

  15. Ek het nie so daaraan gedink nie….:)

  16. Hy verdien om alleen vis te vang

  17. Genugtig! Is nogal amusant. Ek weet die dokters (en seker wie wil) kan deesdae inteken op ‘back copies’ van tydskrifte. So verhoed hulle dat hulle met 1980 se Rooi Rose in die spreekkamer sit.

  18. Ja, tien teen een is jy reg. Die hipokriet!

  19. Ek ook maar. Jy laat my nou net nog meer gril

  20. Interessant om te weet van die back copies. Tydskrifte is deesdae so duur en die artikels raak nie ou nuus nie.

  21. Ek is seker as jy gaan google sal jy die mense kry by wie jy kan koop. Of as jy by ‘n dokter gaan vra by wie hulle koop sal hulle kan help.

  22. En ‘n snotneus kind kou kwylend aan ‘n boek en ma sê niks…

  23. Ek is ook geneig om met jou saam te stem. die bliksem

  24. louisna het gesê op Junie 30, 2010

    Einste

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.