snuffel, soek en ontdekkings

Junie 28, 2010 in Sonder kategorie

So snuffel ek nou die aand deur al die ou bokse en bokse en albums vol foto’s en ontdek hierdie een. 

Ek het eenkeer vertel van die pragtige kas wat ek geërf het en iemand wou dit graag sien.  Dit was nog in die dae voor digitale kameras.  Die eindresultaat was dus eers beskikbaar na ontwikkeling – maar so let ek niks snaaks op nie.  Neem die foto saam kantoor toe en………………

Whaaaaa lag hule vir die afkop vrou in die spieël.

25 antwoorde op snuffel, soek en ontdekkings

  1. Ja, ja – oppas vir fotos en spieëls dit kan embarraserend soms wees!

  2. Hahhha. Mooiste kassie!

  3. Stunning hout werk…ja nee sjyme kyk net daai koplose vrou!

  4. Wat ‘n pragtige kas met ‘n spook binne-in 😉

  5. HeavyHenry het gesê op Junie 28, 2010

    Jis ek het lank laas so ‘n wastafel gesien. Die goed is heeltemal uit die mode uit – en dis jammer.

  6. Het eers swart marmer blad gehad – het gekraak. die ligte een is vir my mooier

  7. Die kas kom nog uit jou valley. 🙂

  8. Janklaas het gesê op Junie 28, 2010

    Sjoe, dis ‘n lang vrou wat so kan afkyk op die kas!

  9. Toemaar, as kind het ek ‘n slag my vinger voor die lens gehad en dit nie besef nie

  10. Hy is pragtig, maar ongelukkig lomp. weet nie wat eendag gaan word van hom as ons moet afskaal.

  11. Was seker maar iets soos ‘n Bad Hair Day wat die kop moes wegkruip

  12. As kind het ek my verbeel daar is ‘n alternatiewe lewe in ‘n spieël – het probeer inkyk

  13. My ma het vertel dat hulle die spieël gebruik het om hulleself mooi te maak.
    Daar is plek vir 2 kerse so weerskante

  14. JY ken die kas nè

  15. Ja, ek was baie bly toe ek hom kon kry. my tannie het hom eers geërf maar haar kinders het nie belanggestel in hom nie.

  16. Janklaas het gesê op Junie 28, 2010

    Ja, ek spot sommer. Kan sien jy staan op ‘n stoel!

  17. Jinne dis ‘n pragtige kas!!

  18. HeavyHenry het gesê op Junie 28, 2010

    Ja so ‘n kombinasie opwas en dresser ding – het hy nie sulke “wing mirrors” langs die kant gehad op sy tyd nie?

  19. Berwick het gesê op Junie 28, 2010

    🙂

  20. 😉 har har

  21. Nee, daar was nie sy spieëls. Op blad teen agterkant was twee klein kassies met deksels, maar ek het die kas daarsonder gekry.

  22. Die ergste is dat ek dit nie eers self gesien het voordat iemand my aandag daarop gevestig het nie.

  23. thx vir inloer

  24. Ja ek is baie erg oor hom. Hy kom van my familie en dan het ons ou klavier van my man se familie. niks ander oudhede

  25. HeavyHenry het gesê op Junie 29, 2010

    Interessante stuk!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.