Viva vir ‘n Roof-kopie

Junie 26, 2010 in Sonder kategorie

Maankind plaas die allermooiste Ierse song en ek onthou dat ek BAIE lanklaas daarna geluister het.  Gaan soek my CD. En so wragtag.  Hy is beskadig.

Nou kan daar nie gewag word nie en ry dadelik Musica toe.

Die CD se naam is ‘Life in Belfast’ gesing deur ‘n groep genaamd Irish Tenors.

Nee, die CD is nie in Suid-Afrika beskibaar nie maar hulle kan hom vir my bestel en dit sal dan R340.00  kos!!! Baie diplomaties verneem die meisietjie wat ons help waar ek daarvan gehoor het.

Nou kan ek mos nie sê dat ek die CD by onse biblioteek uitgeneem het en vir myself ‘n kopie gemaak het nie.  My antwoord is dus maar vaag.

Terug by die huis.  Wat nou? Ons het al weggetrek van die plek waar ek dit uitgeneem het, en daar hou die goed nog minder vir ewig. 

Klim op die rekenaar.  Annerhelfte is toe ook ‘n doring.  Hy het dit op ‘n stadium op rekenaar geplaas en ek kon dadelik weer vir my ‘n CD “Nero-burn”

Daarom sê ek  “Viva vir ‘n roofkopie”  

(O hel, hoop nie ‘n b(l)ogger werk vir daai ouens wat mense wat soos ek maak,vang nie)

11 antwoorde op Viva vir ‘n Roof-kopie

  1. Gaan kyk wat ek vir jou sê by jou pos met jou troufoto’s. (nou eers gesien)

  2. Ek gaan nou eers kyk of ek n bietjie daarna kan luister online,klink baie nice!

  3. Ierse musiek hou vir my ‘n vreeslike bekoring in. hoop jy geniet dit

  4. Trakie het gesê op Junie 26, 2010

    *bloos*

    (Gaan nie sê waaroor nie)

  5. Dis mos nou unfair. Maak my nuuskierig en los dit dan net so. (Ek het op skool ‘n onderskeiding gekry vir nuuskierigheid)

  6. Trakie het gesê op Junie 26, 2010

    Iets te doen met roofkopieë. Meer gaan ek nie sê nie ….

  7. Hi Elsie. thx!! Wens net ek weet hoe jy die gesiggie opkry

  8. I love the little face but do not know how you manage to put it in the commentary box

  9. 🙂 Maar jy moet weet ek slaap nie goed noudat ek weet daar’s iets wat jou laat bloos nie.

  10. Sallie klikkie, ek belooooowe.

  11. thx. hulle gaan ook maar lekka sukkel om my op te spoor.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.