7e LAAN
Junie 25, 2010 in Sonder kategorie
Ek het niks teen sepies nie, solank ek nie daarna hoef te kyk nie.
Ons het vriende wat langer tye kom kuier en 6.30 gaan hulle en kyk hulle sepie in onse tievie kamer. Ek gaan my gang.
Maar vanoggend ………..
Kry foto’s op e-pos vanaf ‘n familielid met die volgende opskrif
Paula se baba.
Ek ken nie ‘n Paula maar maak tog oop want het gedink dis dalk aangetroude familie waarvan ek vergeet het.
NEE. dis toe die persoon wat karakter van Paula in die sepie speel.
En daar strip ek.
jr_hewing het gesê op Junie 25, 2010
hahahahaha
rosiemetdorings het gesê op Junie 25, 2010
Nou net geniet.
ek gee nie om vir sepies maar mense wat maak asof die karakter werklik bestaan!!!
die ou wat Altus se rol speel is skoonsus se familie en sy kyk ook nie
rosiemetdorings het gesê op Junie 25, 2010
hoop jy lag met my en nie vir my nie :))
pasella het gesê op Junie 25, 2010
Ek het al gewonder of daai sg sepiesterre nie later begin skisofrenies raak nie.
rosiemetdorings het gesê op Junie 25, 2010
presies hoe ek ôk voel!!!!1
rosiemetdorings het gesê op Junie 25, 2010
Veral in die Amerikaanse goed wat al vir jare der jare aankom. Hulle sterf soortvan in die tuig.
rosiemetdorings het gesê op Junie 25, 2010
7 uur sit ons Tv aan vir nuus -en dis 7e laan! Riaan het eers 4 min na 7 begin nuus lees.
Annerhelfte se opmerking: Hy’s so bly hulle het almal werk gekry, maar die vet weet, dit irriteer hom.
rosiemetdorings het gesê op Junie 25, 2010
wens partymaal ek kan ook so opgewonde raak oor die spul se wedervarings
amtaylor het gesê op Junie 25, 2010
Sepies het ook hulle doel. Dit laat mens ontspan na ‘n harde dag op kantoor as jy nie ‘n drinker is nie, want dit verdoof ook jou breinselle.
Trakie het gesê op Junie 26, 2010
Daai einste foto’s het DRIE keer in my inbox beland.
rosiemetdorings het gesê op Junie 26, 2010
Ek is niks gepla daarmee nie, mense verlewendig die karakters, en dit is vir my abnormaal
rosiemetdorings het gesê op Junie 26, 2010
my 😉 vir jou
dink dit het later weet ingekom
rosiemetdorings het gesê op Junie 26, 2010
Sepies kan die dag se opgeboude spanning verbreek, maar moenie maak asof matrone jou eie bloed antie is nie. [sien ek ken van die karakters ;0]
rosiemetdorings het gesê op Junie 27, 2010
Ja weet jy, so ver ek weet is daar ook al saamblyers. Wag nou net dat hulle ‘n homoseksuele couple ook in die storie kry. (Dalk is daar al – ek weet nie).
Soos jy sê as dit in 7elaan gebeur dan is dit OK
aardsmoeder het gesê op Junie 28, 2010
kan jy glo?
rosiemetdorings het gesê op Junie 28, 2010
So is is daar maar iets van alles onder die son.
Bly om jou te kon ontmoet met Anton se storie
bernster het gesê op Julie 2, 2010
Ek het net die ander dag uitgevaar teenoor 7de Laan. Die morele standaard wat daar vir die ‘volk’ voorgehou word, stink!
http://letterdash.com/salesman/my-take-op-7de-laan
bernster het gesê op Julie 2, 2010
Ek dink Kabelo is die ideale kandidaat:
Hy het nooit ‘n girlfriend nie; hy smile altyd; is duidelik gereeld in die gym en is die bestuurder van ‘n koffiewinkel…
rosiemetdorings het gesê op Julie 2, 2010
😉 Het gou jou pos gaan lees.
Ek ken nie die karakters so goed nie, kan dus nie saampraat nie. Die hele trant van die storie is vir my belaglik.