DIE HULPVAARDIGE JONGELING ‘n vorige kommentaar het my hierdie een weer laat onthou

Junie 23, 2010 in Sonder kategorie

My ouma was  lief vir storietjies vertel .  Die volgende was een van haar gunstelinge.

Die jongman het saam met al die ander geduldige passasiers op die stasie gewag vir die trein wat, soos gewoonlik, weer laat was.  Dit was nou ook nog in die goeie ou dae wat jy so ewe goedertrou jou kind in ‘n wildvreemde se sorg sou laat en weet dat hy steeds veilig sal wees.

Daar op die perron was toe ook ‘n ma met ‘n baba in die arms en twee lastige kinders wat aan haar rokspante hang. (daardie dae het vrouens rok gedra en klaar.)  Die jonge heer kry die moedertjie jammer en bied sy hulp aan. Sy, maar te dankbaar,  plaas  die baie knus toegewikkelde baba in sy arms.

Die baba is stil en rustig, maar demmit, nogal aan die swaar kant. Jongman staan maar en staan maar. Hy besef toe dat die ma hom nie sommer so weer van die vraggie gaan verlig  nie en weet hy sal ‘n plan moet bedink as hy van die al swaarderwordende baba wil ontslae raak.  ‘n Ma sal darem hopelik haar aandag weer aan haar baba skenk as die kleinding begin huil.

Die plan wat hy toe bedink om  Baba aan die huil te kry is ‘n ongemerkte knypie.

 Wat gebeur?  Kliphard kom stemmetjie uit die vele lae in sy arms: “ Moet my nie kneep nie”

11 antwoorde op DIE HULPVAARDIGE JONGELING ‘n vorige kommentaar het my hierdie een weer laat onthou

  1. louisna het gesê op Junie 23, 2010

    Slim kind.

  2. Groot kind

  3. Hi daar. 😉

  4. Goeie storie!

  5. Hiert jy!

    Sjoe,laat my wonder of daar ooit regtig sulke innocent tye was…

  6. Sy’t altyd daai laaste woorde so afgemete uitgespreek

  7. seker nog van Nederlandse afkoms.
    My ouma het my baie Hollandse gediggies geleer, maar het al vervaag so met die jare.

  8. Helaas ja, daar was.

  9. Hi Rea, As kind kon ek nie genoeg kry van die ou storietjie nie

  10. Daai ou sou nie sommer weer knypies uitdeel nie

  11. louisna het gesê op Junie 24, 2010

    Volwasse denke

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.