Speel verder met ‘n kwatryn

Junie 21, 2010 in Sonder kategorie

Ghaap het laasweek so lekker koeplet-rymery begin.

Hier kom ‘n nou ‘n variasie op die tema.

‘n Bekende bestaande gedig se 1e twee reëls word geneem, waarna daarnog 2 bygevoeg word om ‘n  kwatryn  met ‘n kinkel te vorm.

Viooltjies in die voorhuis                                          Oktobermaand

Viooltjies blou en rooi!                                              C Louis Leipoldt

Hooikoors nog altyd my kruis

Dus word hulle liewer uitgegooi!

Tinktinkie, wees nie bang nie!                                 By ‘n nessie

Ek wil jou nie kom vang nie!                                    C P Hoogenhout

Ek kwyl en my snorre tril

Maar Ounooi loer oor haar bril.

Ou Amsterdam is tog so mooi                                Amsterdam

Met al sy liggies uitgetooi.                                       A D Keet

Maar dis rooies wat blink en wink

En maak dat manne nie reguit dink.

Amandelboom, O Lentebruid                                  Amandelboom

Hoe spierwit bars die blomme uit.                          C M v d Heever

Amanda eers my bruid, toe my vrou.

Bars ook uit haar nate nou.

Wat is die slaap ‘n wondersoete ding.                   Slaap

Sag op haar bloue oë daal die vaak.                     D F Malherbe

Baba slaap, ma se liefsteling.

Weë die een wat haar weer wakker maak.

Windjie, jy kom oor die groot blou see –              Ouboeta

Bring jy groete van Ouboeta mee?                       H A Fagen

Ouboeta SMS: Londen kan nie beter wees;

Sy Tommie-vriend kan al Huisgenoot lees.

gooi nog by

6 antwoorde op Speel verder met ‘n kwatryn

  1. Baie oulik!

  2. Nog snaakser as ‘n klompie saamkom en dieselfde 2 strofes vat en dan vergelyk wat uitkom

  3. Stem saam met therina

  4. Gooi ook een by. woorde is mos jou forte

  5. Thx vir die inloer.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.