nog ‘n Hospitaal storie

Junie 17, 2010 in Sonder kategorie

Annerhelfte lê toe nou daar in die hospitaal.  Die een arm in ‘n verband en  in die ander hand die binneaarse lyn – die drip.  Die drip hang direk van die dak af en nie van ‘n beweegbare paal, wat beweeglikheid erg bemoeilik. Want onthou regterhand is toegebind.

Nou roep die ou vir hulp om by die draailoopplek te kan uitkom.

Nee, se die verpleegstertjie, sy bring sommer ‘n bottel, dis baie maklikker. Dit word sumier van die hand gewys.

Hy vertel dit toe agterna vir my en sluit af:

” Ek wonder vir wat wil hulle altyd so graag daar wil rondvroetel”

Ja, ja  ek weet.  Maar dis nou myne man daai.

13 antwoorde op nog ‘n Hospitaal storie

  1. kerneelsie het gesê op Junie 17, 2010

    Bottelpiepie werk nie vir my nie. Het eenkeer so ervaring gehad en nog nooit weer nie.

  2. loudavisi het gesê op Junie 17, 2010

    Myne sal knyp tot sy blaas bars, maar bottelpiepie sal hy ook nooit nie!

  3. Ja, die opening bo kan dalk net te klein wees.

  4. Hierdiekantse ou was laas jaar in ‘n ongeluk, toe moes dit maar. Hierdie was net ‘n opvolg prosedure en hy was nie weer so gehawend nie.

  5. Ek sal nou nooit weet nie 😉

  6. Ek dink veral vir jou ja. ;))

  7. shlwanjan het gesê op Junie 17, 2010

    {-;

  8. vol draadwerk – die mansgeslag

  9. Trakie het gesê op Junie 21, 2010

    :-))

  10. Wie doen?

  11. Thx vir jou inloer

  12. hy’s nogal nie op sy bek geval nie

  13. Weet dit klink na ‘n kontradiksie maar hy’s baie bek en niks binnegoed op daardie terrein

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.