‘n plan teen misdaad

Junie 16, 2010 in Sonder kategorie

Annerhelfte moes laasnag in die Medi-kliniek oornag na ‘n klein operasie wat hy moes ondergaan.  Hy vat toe sy selfoon saam en die toelatingsbeampte verduidelik dat dit absoluut op eie risiko is.  Nee, sê hy die saak is reg.  Hy verstaan.

Ek vertel hom so oppad saal toe dat ons vriendin se selfoon die nag onder haar kopkussing uitgesteel is terwyl sy in die hospitaal was.

Vanoggend toe ek hom gaan haal merk ek dadelik die selffoon op die kassie en vra toe waar  hy dit gebêre het vir die nag.

Hy antwoord toe dat hy so gereken het:  Indien iemand sy foon wil steel wil hy darem ook iets uit die deal hê.  Hy’t hom toe maar so tussen sy bene ingesit!!!

10 antwoorde op ‘n plan teen misdaad

  1. pasella het gesê op Junie 16, 2010

    Sien jy nou, ons moet net kreatief wees in ons stryd sal misdaad!

  2. TS het gesê op Junie 16, 2010

    hehehehe en waar kry jy so slim man?

  3. Hahahahaha! Jy maak my dag!

  4. soms ook Wise Guy

  5. Hier ontbreek kreatiwiteit selde.

  6. Dis hy, ja.

  7. Goeie vraag. ek dink dis hoe hy my gevang het, hy was te slim vir my.

  8. Ek wou my vreklag toe hy dit vir my vertel

  9. 😉 Dit het gewerk

  10. Trakie het gesê op Junie 21, 2010

    Hehe, slim!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.