Wagkamer lektuur
Junie 29, 2010 in Sonder kategorie
Gaan na ‘n plek toe waar ek weet ek sal moet wag vir my beurt, al het ek ‘n afspraak vir ‘n uur vroeër, is ek altyd gewapen met my eie leesstof.
Die afgelope twee weke moes ek weer die eenarm bandiet rondkarwy en dan noodgedwonge saam gaan sit en wag. Wat my opgeval het is dat daar baie beter tydskrifte in die wagkamers is as vroeër jare. Getaway, Country Life, Nat Geographic, ens.
So wag ons gisteraand weer geduldig sy beurt af. in hierdie spreekkamer lê toe Stywe Lyne – Annerhelfte se kos.
Hoekom hy dit gelees het weet ek nie mooi nie, maar wys toe vir my.
Hulle het so Hoekie vir Eensames blad waar die mense hulle eise en voorwaardes vir ‘n metgesel neerpen.
Die een ou soek ‘n gesellin maar sy moenie so groot wees dat sy dalk die bootjie sal laat sink nie!
Hoop dis ‘n sin vir humor en nie ‘n chauvinis wat daar praat nie
Onlangse kommentare