Bloguitdaging KINDERS

Julie 1, 2014 in Uncategorized

kindertjie

waterhoendertjie

Hierdie tante waterhoender het enige stuk vlotsam wat sy in die hande ( of is dit nou in die bek?) kon kry, gebruik om ‘n nes te bou waarop sy haar kinnertjie grootmaak.  Onder haar was nog enetjie en Pa het so van tyd tot tyd daar aangekom met ietsie te ete in sy bek.

kyk hoe besorgd is haar kop na die kleinding gedraai

@tina10  wonder wie gaan nog hier ronddwaal!

 

sien hier is tog nog so bietjie lewe

Junie 26, 2014 in Uncategorized

Het nou net so effentjies gedwaal deur die verlate gange van litnetblog.   Frik reken ons moet weer lewe hier laat opvlam. net daarna lees ek hy gaan vir 3 weke vakansie hou en sal weer kom blog as hy terugkom.   🙁

Ek is in jare dalk nie  so jonk nie, egter nie so jare lange blogger soos tina en ‘n paar ander siele nie.  Dit is egter iets wat ek baie geniet het en tog mis.  Die gedagte van weeklikse tema het nogal goei vrugte afgewerp en as die administrators nie so lank geneem het om die kranklikheid van die litnetblog te herstel nie, sou dit seker nie die spookdorp geword het nie.

siende dat dit nou onaangenaam koud en nat is hier by ons, sit ek nie my voete by die deur uit nie.  ek sal julle dus vermaak met foto’s wat ek al so rukkie gelede geneem het.  hierdie outjie het so effe koers verloor en in die huis ingevlieg.  Hy was so moeggespook om weer uit te kom dat ek hom sommer met die hand gevang het en buite op die muurtjie kon neersit.  daar het hy hele rukkie vertoef en toe met ‘n woerts weggevlieg.jan frederikkie

weeklikse tema V voëls

Junie 8, 2014 in Uncategorized

@tina10

ek het nou op my ou blog ingegaan en gesien wat Danie vertel hy gemaak het.  Gaan dus kyk of dit vir my ook werk.

antjie die rooibruinhen

Antjie die rooibruin hen

Ja lyk vir my hier gaat ek weer!!

@daniec en @perdebytjie   ek het Danie se raad gevolg en sowaar ek het weer plek vir foto’s.  Net spyt ek het dit nie daardie tyd al gesien nie!   nou is litnetblog net ‘n ashoop

 

 

weeklikse tema: WATER

Februarie 24, 2014 in Uncategorized

Ek het dermiljuisende foto’s van water.  sal gaan loer en kyk waarmee kan ek julle verveel.  Hier is solank ‘n klein voorsmakie

Ehmmmmmmm………………… sowat 15 frustrerende minute later……

snip die error

DIT laai maar die foto’s? notndem   Nogal so ewe mooi in Afrikaans

 

 

 

 

 

 

 

Die weeklikse uitdaging : BEKERS

Februarie 20, 2014 in Uncategorized

Ek lei af ons almal het ‘n bonte versameling bekers in ons kaste.  Hulle is vir die huismense.  Sekeres is gunstelinge as dit by die koffiedrink kom.  Ek gebruik enige beker wat beskikbaar is.

bekers 01

so roesemoes van goed

Dan wil dit vir my voorkom of ons ook almal “bêre” bekers het wat vir ons gaste gereserveer is.  Van beide die bekers hier onder het ek 12 gehad waarvan daar nou net 5 van die blou/groenes en 7 van die rooi Delft*  oor is.  van albei kan ek nie meer kry nie en sal seker maar nuwes moet kry en hoerdie na gebruikskas oorskuif

bekers 02

bekers vir gaste

my weird gewoonte is dat ek selfs ook vrugtesap in ‘n beker verkies!

*Ek  het redelik lank terug eenmaal genoem dat ek van die pink Delftse porselein hou maar het ondertussen uitgevind dat dit eintlik veronderstel is om rooi te wees.  Ek het ook ondertussen uitgevind dat die fabriek nog net die bloues maak en dat daar, buiten die rooi,  ook groen en swart kleurstof op ‘n stadium gebruik was.

O ja, ek onthou nou!  Het hom so rukkie terug hier gewys maar ek het Doring se oupa se bekertjie van 1928 wat seker die ereplek van bekers in hierdie huis verdien. HY word nie gebuik nie.

kaggelkakkie 03

Murano glasbekertjie vanaf 1928

 

en dit @tina10 is my bekerstorie.  😀

 

 

Litnet marakkas!

Februarie 12, 2014 in Uncategorized

Lyk my daar is nog so hier en daar van julle wat gelukkig genoeg is om op die blog te kan inkom en sien wat ander mense geblog het!

Ek het   Godiva se raad en die alternatiewe links wat sy gegee het gevolg.   Enigste ene wat dalk kan werk is die van Vuurklip, maar dan moet ek elke leser wat ek wil sien se link persoonlik oplaai.  Nuwe bloggers of iemand waaraan ek nie gedink het nie, se blog sal  nie by my uitkom nie.

Hierdie is dan my voorlopige swanesang totdat die ratte  van die blog weer geolie is  (indien dit ooit gaan gebeur)

 

swaan 1

PS:   net vir interessantheid, ek aanvaar iemand het al vir Admin ‘n boodskap deurgestuur!

 

weeklikse uitdaging: Woorde

Februarie 3, 2014 in Uncategorized

 

….and once sent out, a word takes wing beyond recall

from the Epistles of Horace

Horace 65-8 BC

dis nou die logika van ‘n moeilike Ma

Januarie 30, 2014 in Uncategorized

hierdie stukkie in my e-pos mandjie gevind.   Moet my nie vra hoekom dit ‘n Joodse ma is nie, ek weet ook nie

Daughter: “Hi Mom. Can I leave the kids with you tonight?”
Jewish Mother: “You’re going out?”
Daughter: “Yes.”
Jewish Mother: “With whom?”
Daughter: “With a friend.”
Jewish Mother: “I don’t know why you left your husband. He is such a good man.”
Daughter: “I didn’t leave him. He left me! ”
Jewish Mother: “You let him leave you, and now you go out with anybodies and nobodies.”
Daughter: “I do not go out with anybody. Can I bring over the kids? ”
Jewish Mother: “I never left you to go out with anybody except your father.”
Daughter: “There are lots of things that you did, and I don’t.”
Jewish Mother: “What are you hinting at? ”
Daughter: “Nothing, I just want to know if I can bring the kids over tonight.”
Jewish Mother: “You’re going to stay the night with him? What will your
husband say if he finds out?”
Daughter: “My EX husband. I don’t think he would be bothered.
From the day he left me, he probably never slept alone!”
Jewish Mother: “So you’re going to sleep over at this loser’s place?”
Daughter: “He’s not a loser.”
Jewish Mother: “A man who goes out with a divorced woman with children is a loser and a parasite.”
Daughter: “I don’t want to argue. Should I bring over the kids or not? ”
Jewish Mother: “Poor children with such a mother.”
Daughter: “Such a what?”
Jewish Mother: “With no stability. No wonder your husband left you.”
Daughter: “ENOUGH!!! ”
Jewish Mother “Don’t scream at me. You probably scream at this loser too! ”
Daughter: “Now you’re worried about the loser? ”
Jewish Mother: “Ah, so you see he’s a loser. I spotted him immediately.”
Daughter: “Goodbye, mother.”
Jewish Mother: “Wait! Don’t hang up! When are you bringing them over?
Daughter: “I’m not bringing them over! I’m not going out!”
Jewish Mother: “If you never go out, how do you expect to meet anyone?”

vanoggend in die nuus gelees

Januarie 29, 2014 in Uncategorized

so vinnige ogie oor die nuus laat gaan.

Daar het al heelwat dinge gebeur waarvoor daar na jare nog nooit ‘n antwoord gevind is nie.  Ek dink vinnig aan die klompie meisies wat jare gelede so verdwyn het  wat heelwaarskynlik almal deur Gert Van Rooyen se toedoen was

Meer onlangs het die verhaal van Maddie  McCann die wêreld geruk. nou sien ek vanoggend se koerant reken daar kan binnekort arrestasies te wagte wees.  Dan wonder ek so by myself, wat hulle gaan vind – ‘n jong dogtertjie of haar oorskot?

Maddie McCann